Saturday, July 21

Moderne Bedouin storie

Jare terug toe die woestyn nog woestyn was en daar nie goeters soos Marina Malls, Cornish ens. in Abu Dhabi was nie, het meeste van die plaaslike families in die woestyn gebly.



Die woestynbewonders was bekend as "Bedouin" afkomstig van die Arabiese woord "badawi" wat "desert dweller" beteken. Hierdie mense het alleen of in groepe in primitiewe toestande in die woestyn gewoon. Die heersende "royals" van die land was ook deel van 'n bedouin-groep. Vandag met al die nuwe toringgeboue en ontwikkelings is daar nog steeds Bedouin in die UAE. Die foto is van een so 'n gesin wat huidiglik in Liwa bly.



Hier is 'n naby foto van hulle blyplek. Die gedagte van "woestyn-plakkers" kom by my op as die hulle omstandighede sien. Een so 'n gesin het besluit dat alhoewel hulle nog steeds so wil bly, wil hulle ook gebruik maak van nuwe tegnologie - sien agterkant links op foto.



Die hoof van die familie het solarpanele agter sy tent laat oprig wat sorg dat sy gesin elektrisiteit het en die kinders selfs moderne geriewe soos 'n rekenaar tot hulle beskikking het.
So gedurende die dag kan hy lekker met sy kamele in die groot sandbak speel en middae/saans terugkom na 'n lugversorgde tent en warm water. Hoe hou hulle daai witrokke so skoon?







No comments: