Gister het ek vertel van Die Al Dhafra restaurant .

Hulle het ook 'n boot (dhow) waarop mens kan eet terwyl hulle op die water vaar. Hier is die ingang na die boot.

Die Al Dhafra eetboot vir 'n tradisionele Arabiese ete terwyl jy ook na die dorp se liggies kyk terwyl die boot vir twee uur langs die Cornish vaar.



Ek en Charmaine is meer waaghalsig met ons drinkgoed, ons drink diet Coke. Wat hierdie restaurant so lekker maak is die uitsig oor die see maar teen hierdie tyd was die fotograaf te moeg om foto's te neem. Ons het lekker gelag toe die rekening kom - baie minder as die koek en koffie by die paleis hotel.
Dit was regtig 'n lekker trippie en ek hoop julle het geniet om dit saam met my te doen.
No comments:
Post a Comment