Showing posts with label Heritage Village. Show all posts
Showing posts with label Heritage Village. Show all posts

Wednesday, July 25

Toer deur Abu Dhabi - 3

Ons is nog steeds by die Heritage Village maar oppad uit ....





'n Familie vra ons om vir 'n foto saam met hulle te staan. Dit gebeur nogal nie baie nie. Hier is ons drie saam met die ander drie. Seker julle kan uitwerk wie is wie. (Vir die wat so kla, sien ek's ook op die foto)





Buite die Village nou. Ons vat 'n breuk in die koelte van die bome voor ons motor toe gaan.





Verder af langs die Breakwater. Hierdie is 'n nuwe kultuursentrum vir vertonings. Dis reg langs die groot vlag gebou. Hierdie vlag het my omtrent besig gehou. Ek het klompe foto's van alle rigtings geneem om hom oop te probeer afneem. Uiteidelik!!!



Kyk die mooi teelwerk. In die land is hulle nogal gesteld op baie fyn detail, op alles van duikwee tot brue.
Net om te bevestig dat dit steeds verskriklik warm is. Amelia het een of ander lap om die oor gedraai om haar af te koel ... ek het vergeet om te vra of dit gewerk het.
Oppad terug ry ons langs die boot vasmeer plek met Marina Mall op die agtergrond. Julle kan in die lug sien die humiditeit is hoog.



Van die bote wat vasgemeer lê. Die grote se naam is Suhi en dis die Meridien Hotel se eetboot. James en Elriza se 21ste verjaarsdag verlede jaar, het ons op die boot gevier.




Kyk hierdie klein "skippie" se patio waar mens lekker in die son kan lê by die water of is dit sy "garage" want ek sien 'n klein bootjie binne?
Die oue saam met die nuwes. Twee dhows lê tussen die moderne bote.


Ons is nou oppad Emirates palace toe. Sien die klein hotel in die verte ...


Daai indrukwekkende hek van die anderkant gesien. Kyk dis amper net so groot soos een van die hotel vleuels.




Kom ons wil ry en gaan teedrink .... dis warm!!!!


More uiteindelik die Emirates Palace Hotel wat ek soveel keer al belowe het.













Tuesday, July 24

Toer deur Abu Dhabi - 2

Nog steeds by die Heritage Village ....



'n Tradisionele tent wat hulle in die woestyn gebruik het, alhoewel ek redelik seker is daai lugverkoeler was nie deel van dit nie.
Ek het julle gister vertel dis warm - hier waai 'n waaier die kameel se boude koel. Kan julle glo self die kamele wat woestyndiere is kan nie meer die hitte hanteer nie?

Die Heritage Village se laan met op die agtergrond die grootste vlag ter wêreld wat waai en wys daar is 'n effense windjie.

Amelia toets een van die ou tradisionele windtorings - die air con se voorganger - en dit werk!
'n Tradisionele binnekant van hulle huise na die tent. Let op hoe daardie Aircon links gekamofleer is.
Buitekant weg van die huis die kombuis. 'n Mooi sandtuin ... Begeera sal nie weet wat om met al daai sand te maak nie.
Net 'n klein koelte kolletjie en poeletjie om in te swem. Dis so 'n mooi prentjie en skep die indruk van heerlik koel in die buitelig ... maar mense dis net 'n illusie .... dis vrek warm
Hulle het ook 'n klein opgrawings site by die Heritage Village. Wie sou daar gebly het?
Weet nie lag Amelia of staan sy net soos die voeltjies in die dorp wat warm kry nie.


Charmaine bekyk die "kasteel" wat gebou is. Dit is 'n museum wat die ontwikkeling van die dorp uitbeeld.
Hier is hulle craft-sentrum waar mens kan kyk hoe hulle verskillende tradisionele vaardighede soos weef, koperwerk, glasblaas, leerwerk, ens. demonstreer.

Dis 'n redelike groot plek met baie craft-winkeltjies. Baie lekker om by elkeen in te loer in die hitte want daar is aircon. Ongelukkig vir ons, was ons te vroeg om die mense binne te vang...so suffer in die hitte sal ons suffer.


More iets baie skaars .....














Monday, July 23

Toer deur Abu Dhabi - 1

Nuwe kuiermense in Abu Dhabi is maar skaars soos vark in hierdie dorp. Wanneer die geleentheid hom dus voordoen is dit lekker om weer deur die dorp se strate te ry en ander 'n bietjie die plek te wys. Amelia wat in Dubai en nou 'n entjie uit die dorp bly, het Abu Dhabi glad nog nie getoer nie, dus het ek en Charmaine haar Saterdag 'n bietjie gaan rondwys. Amelia is by ons Vrouegroep en ry elke Sondag klompe kilometers om dit by te woon. Ons kon nie alles wys nie, maar die ses uur wat ons wel op die pad was, het ons klompe dinge gesien en baie foto's geneem. Ek deel dit graag met julle oor die volgende paar dae, dat die wat nog nie ons mooi dorp gesien het nie, dit kan sien.

Die eerste stop is oppad na die skeepswerf toe. Ons stop en neem foto's van die aanbouings by die Diwan se paleis. Die eerste opmerkings van "hoe warm dit is" en "miskien moet ons nie uit die motor klim nie" word gemaak en ons het nog nie eers begin nie.
Nog nie seker wat daar gebou word nie, maar die dorp ontwikkel heeltemal onder ons uit self die see word toegebou.
Die skeepswerf waar hulle die Dhows bou. Ek het reeds van die werf vertel en as julle nog nie gelees het nie, klik op die label "skeepswerf".


Dis egter die eerste keer dat ek die hotelteken opmerk. Vir julle wat Abu Dhabi ken met sy "grand" hotelle, miskien is dit 'n budget-hotel.

Oppad vanaf die skeepswerf ry ons af in 32ste Straat wat reg doodloop in die Palace Hotel se ingang. Ons sal netnou daar 'n draai gaan maak ....
Dis 'n indrukwekkende ingang ne? Die dag as ons daar inry het ons "arrive in Abu Dhabi" want dis slegs 'n ingang vir die Royals en BBG (Baie Belangrike Gaste) en dit word slegs oopgemaak as hulle kom. Ook die pad. Sien die geel heining in die straat, dis word slegs vir BBG's oopgemaak. Ons sal netnou by die "agter-hek" ingaan.


Ons ry by die breakwater af. Hier is een van die tradisionele restaurante langs daai straat. Daai krabbelpatrone op die toring sê : Breakwater Local Caffe


Geen verskoning van hitte word aanvaar nie. Almal moet uit dat ons die Heritage Village te voet kan besoek. Lyk amper of Charmaine eers staan en die temperatuur meet. Ek kan vir haar sê dis slegs 'n koel 43 vandag.

Amelia wys die oulike fontein uit, terwyl Charmaine opgewonde raak oor die nuwe stalletjies. Sy was duidelik lank laas met kuiermense daar.
Ons moet hoede vir die son kry besluit sy. Teen Dhs10 stuk is dit 'n bargain ongelukkig moet ons die kleur van die linte vat soos dit kom. So geen kommentaar daaroor nie ok.

Amelia tel ook 'n Dhs5 winskopie op. 'n Tradisionele kierie wat sy al lankal wou gekoop het. Snaaks hoe mens elke impulsiewe aankope kan regverdig.


Duidelik het Amelia besluit wie in die groep die "tug" nodig het en wie kan haar nie gedra nie. En kyk mooi .... dis nie ek nie.

Hierdie storie vervolg more ... kom loer of ek hierdie twee onbeheerbare dames op die toer kan beheer