Wednesday, July 18

Nog 'n eerste vir die UAE

James is altyd die een om te vertel wat verander het in die dorp as hy kom kuier. Moes gedurig hoor as ons foto's geneem het van dit kon ons daai verskil gesien het ens. ens. So seun hier is die heel nuutste uit die UAE vir jou....Dubai se eie "dryf-brug" om te help om die verkeer minder te maak op ander brue tydens spits tye.

Net voor die amptelike opening eergisteraand ... lyk na 'n normale brug ne?
Dan is dit natuurlik die UAE waar alles beter moet wees. Hulle het selfs 'n "fake" ysberg op die creek gehad met die opening
'n Spoggerige watervertoning en
Vuurwerke .... daar kan julle nou die ysberg weer sien.
Die verkeer is nou veronderstel om beter te wees ... dit moet ons maar sien.





No comments: