Showing posts with label toer1. Show all posts
Showing posts with label toer1. Show all posts

Sunday, July 29

Toer deur Abu Dhabi - 6

Hier's ek terug met my toer waarmee ons amper klaar is. Laas toe ek vertel het, was ons by die Cultural Foundation.

Die produkte wat hier verkoop word is alles tradisioneel en deur die vrouens by die Womans Craft Market gemaak. Amelia eye een van die strooi houers met die dekseltjies vir 'n tradisionele hoekie by haar huis hier.



Van die rokke wat hier gemaak word. Ek's nie seker of die kussings en bedoortreksel ook hier handgemaak is nie.


Die Cultural Foundation het die oulikste "bont" restaurant met 'n baie billike spyskaart. Al trick is vir die item om wel beskikbaar te wees die dag. Mens kan nogal baie pret hê om te bestel. Hoenderbroodjie - "sorry not available today", Kaasbroodjie - " sorry not available today" en so gaan jy aan totdat jy verplig is om die tuna broodjie te bestel want dis al wat oor is. Hier is 'n hoekie in die restaurant.

Ok hierdie foto is in die badkamer geneem, Amelia het beide haar hande nodig gehad. Dis baie Afrika is dit nie, om goed op ons kop rond te dra.
Nog ''n plek waar mens koffie kan drink in die sentrum, dit was net toe met ons besoek. Daar is gewoonlik 'n pianis wat die mooiste musiek speel terwyl mens koffie drink.
Onder is 'n groot uitstalllings area waar allerei kunswerke uitgestal word. Ek het op 'n stadium van die SA uitstalling vertel wat hier gehou is. Vandag is daar 'n fotografie uitstalling. Twee kenners besig om te kyk.
Na die Cultural Foundation ry ons Iranian Market toe by die hawe. Dis nou dodelik warm en ons gaan dit glad nie buite die motor waag nie en sommer foto's deur die venster neem. Hier is van die stalletjies waar mens behoorlik enigiets kan koop.

Weet nie vir wie mens kos maak in sulke klein potte nie, maar ek dink dit sou handig op 'n Voortrekkerkamp gebruik kon word.



Dis ook die een plek in die dorp wat mens plante kan koop. Ons sal seker weer moet kom want weens die hitte was al wat Amelia gesê het: "Ja ek kan plante hier kom koop, maar in die winter ok"Anderkant van die Iranian Mark kry mens die Al Dhafra restaurant wat uitkyk oor 'n hawe. Hier eet mens tradisionele kos en dis 'n baie oulike en gewilde plek om kuiermense heen te bring.
Van die vissersbote wat hier vasgemeer is. Dis 'n regte vissershawe en dit ruikkkkk!!!
Die mense leef op die bote en lyk asof Saterdag dalkies wasdag in Al Dhafra bootgebied is.

Ons is nou amper aan die einde van die toer, nog net die middagete ...















Thursday, July 26

Toer deur Abu Dhabi - 5

Ons kan nie by die Emirates Paleis hotel kuier sonder om tee en koek te geniet nie. Die koek kos Dhs30 (R50) vir 'n stukkie en die tee is ook Dhs30. Amelia bied aan om die rekening te betaal en stik amper in haar tee toe die rekening Dhs440 (R700) vir 3 tee's en 3 stukkies koek is. Gelukkig kon ons die fout opspoor. Hulle het ipv 'n snytjie sjokolade koek ons vir 'n hele koek van Dhs210 laat betaal. Wie van julle sal R300 vir 'n sjokolade koek betaal? Ek het geen idee wat een deesdae by die tuisnywerheid kos nie, maar jinne ons mis 'n tuisnywerheid hier in Abu Dhabi.

Ek moet darem noem dat die koek met gerolde goud versier is. Waaroor sal Amelia so lag wonder ek? Waar is daai kierie ... tug is nodig!!!


Ons is oppad en hier is die fontein van die ander kant.
Die paleis met sy mooi grasperke.
Ons besoek nou die Ou Wit Kasteel. Hierdie is die moskee voor kasteel.
Die ou Wit Kasteel was vroeer jare teen die see. Hulle het nie die kasteel nou agtertoe geskuif nie, die see is net so drooggelê. Hierdie kasteel het 'n ou toring waar destyds die heersende familie se vlag gewaai het. As jy die "land" wou heers, moes jy die kasteel beman.... Dit was bietjie warm om weer binne te gaan kyk maar dis pragtig. Jammer dat hulle nie regtig die plek restoreer nie. Met 'n land wat nog jonk is, dink mens mos nog nie daaraan voordat dit amper te laat is nie.
Amelia loer "oor die onderdeur" van die kasteel se hek. Kyk daai mooi teels aan die bokant.
Daar op die linkerkant steek 'n deel van die ou oorspronklike toring uit. Daar was altyd 'n klomp bome rondom die kasteel en hoekom hulle dit nou moes uithaal sal net die Arabiere weet.

In dieselfde blok is die Cultural Foundation. Hier het ek vir julle die kamele op 'n keer gewys. Meeste van hulle is nou weg, net 'n verdwaalde een hier en daar. Die gebou wat agter uitsteek met die bal op, is die kantore waar Eddie werk .... Etisalat (Eddie-se-lat).

So bly daar is darem een kameel oor dat hulle hom sommer 'n klapsoen gee.
Daar werk ek wys Charmaine .... dis die ander gebou met die bal op, Etisalat se streekkantoor.
'n Replika van die ou dhows by die Cultural Foundation.
'n Arabiese sitkamer en daar word so bietjie gerus in die koelte. Die "grashoed" voor, is die deksel wat hulle op hulle grasborde sit.

Daar is "local" produkte om te koop, so volgende keer gaan ons soontoe.













Wednesday, July 25

Toer deur Abu Dhabi - 4

Uiteindelik is ons by die Palace Hotel se agterhek. Mens kan ten minste die groot hek van daar af sien. Die grasperke is lieflik en met die water wat so spuit is dit moeilik om jouself in te dink ons is eintlik in 'n woestyn.Die hotel vanaf die ander oprit. Alhoewel ek al 'n paar keer daar was met verskillende besoekers, bly dit 'n indrukwekkende gesig.
Van die fonteine aan die onderkant van die hotel. Die water lyk baie aanloklik in die hitte
Amelia trotseer die hitte en gaan loop tussen die fonteine rond. Ek en Charmaine verkies om in die lugverkoelde motor te sit en foto's neem.
In die parkeergarage is WIT Rolls Royces, BMW's, en ander deftige motors volop. Dis die voertuie waarmee die hotel se gaste rondgery word. Ek neem aan 'n gewone kamer se mense ry in die BMW terwyl die suite s'n in die Rolls ry.
Die ingangportaal en Amelia en Charmaine wag vir 'n afspraak met die sheikh .....
Twee van die baie sithoekies in die hotel as jy sal wil kuier.
Die hotelvloere van onder af en die hoof koepel. Waar ons staan en foto's neem is 'n groot oop ruimte met marmervloere. 'n Paar huise kan daar inpas dis ongelooflik ruim.
Is dit 'n foto of skildery wonder hulle? Kyk hoe klein lyk alles teen die GROOT van die hotel.
Aan die eenkant van die trap hang die tapyt van die Emirates Palace Hotel in die dag ....
En aan die anderkant die Hotel in die nag. Dis reuse matte en lyk selfs soos 'n foto. Ek weet nie hoe lank het hulle daaraan gewerk nie.
Vanaf die trap 'n foto by die versierde venster uit. Kan julle die see sien? Gister se foto's was van daardie kant af geneem.


Ons is nog nie klaar gekuier in die hotel nie, maar kom lees more weer verder



















Toer deur Abu Dhabi - 3

Ons is nog steeds by die Heritage Village maar oppad uit ....





'n Familie vra ons om vir 'n foto saam met hulle te staan. Dit gebeur nogal nie baie nie. Hier is ons drie saam met die ander drie. Seker julle kan uitwerk wie is wie. (Vir die wat so kla, sien ek's ook op die foto)





Buite die Village nou. Ons vat 'n breuk in die koelte van die bome voor ons motor toe gaan.





Verder af langs die Breakwater. Hierdie is 'n nuwe kultuursentrum vir vertonings. Dis reg langs die groot vlag gebou. Hierdie vlag het my omtrent besig gehou. Ek het klompe foto's van alle rigtings geneem om hom oop te probeer afneem. Uiteidelik!!!



Kyk die mooi teelwerk. In die land is hulle nogal gesteld op baie fyn detail, op alles van duikwee tot brue.
Net om te bevestig dat dit steeds verskriklik warm is. Amelia het een of ander lap om die oor gedraai om haar af te koel ... ek het vergeet om te vra of dit gewerk het.
Oppad terug ry ons langs die boot vasmeer plek met Marina Mall op die agtergrond. Julle kan in die lug sien die humiditeit is hoog.



Van die bote wat vasgemeer lê. Die grote se naam is Suhi en dis die Meridien Hotel se eetboot. James en Elriza se 21ste verjaarsdag verlede jaar, het ons op die boot gevier.




Kyk hierdie klein "skippie" se patio waar mens lekker in die son kan lê by die water of is dit sy "garage" want ek sien 'n klein bootjie binne?
Die oue saam met die nuwes. Twee dhows lê tussen die moderne bote.


Ons is nou oppad Emirates palace toe. Sien die klein hotel in die verte ...


Daai indrukwekkende hek van die anderkant gesien. Kyk dis amper net so groot soos een van die hotel vleuels.




Kom ons wil ry en gaan teedrink .... dis warm!!!!


More uiteindelik die Emirates Palace Hotel wat ek soveel keer al belowe het.













Tuesday, July 24

Toer deur Abu Dhabi - 2

Nog steeds by die Heritage Village ....



'n Tradisionele tent wat hulle in die woestyn gebruik het, alhoewel ek redelik seker is daai lugverkoeler was nie deel van dit nie.
Ek het julle gister vertel dis warm - hier waai 'n waaier die kameel se boude koel. Kan julle glo self die kamele wat woestyndiere is kan nie meer die hitte hanteer nie?

Die Heritage Village se laan met op die agtergrond die grootste vlag ter wêreld wat waai en wys daar is 'n effense windjie.

Amelia toets een van die ou tradisionele windtorings - die air con se voorganger - en dit werk!
'n Tradisionele binnekant van hulle huise na die tent. Let op hoe daardie Aircon links gekamofleer is.
Buitekant weg van die huis die kombuis. 'n Mooi sandtuin ... Begeera sal nie weet wat om met al daai sand te maak nie.
Net 'n klein koelte kolletjie en poeletjie om in te swem. Dis so 'n mooi prentjie en skep die indruk van heerlik koel in die buitelig ... maar mense dis net 'n illusie .... dis vrek warm
Hulle het ook 'n klein opgrawings site by die Heritage Village. Wie sou daar gebly het?
Weet nie lag Amelia of staan sy net soos die voeltjies in die dorp wat warm kry nie.


Charmaine bekyk die "kasteel" wat gebou is. Dit is 'n museum wat die ontwikkeling van die dorp uitbeeld.
Hier is hulle craft-sentrum waar mens kan kyk hoe hulle verskillende tradisionele vaardighede soos weef, koperwerk, glasblaas, leerwerk, ens. demonstreer.

Dis 'n redelike groot plek met baie craft-winkeltjies. Baie lekker om by elkeen in te loer in die hitte want daar is aircon. Ongelukkig vir ons, was ons te vroeg om die mense binne te vang...so suffer in die hitte sal ons suffer.


More iets baie skaars .....