Friday, July 6

Ons leer van Compassion

Gereelde lesers van my joernaal sal weet dat die Kindergroepe my na aan die hart lê. Met ons aankoms in Abu Dhabi het ek die Voortrekker jeugbeweging baie gemis, nie net omdat dit ons so besig gehou het, en ons baie vriende daar gehad het nie, maar omdat dit oor Kinders gegaan het. Moet erken dat ek partykeer baie kriewelrig oor die beweging en leiers was, omdat dit oor so baie dinge gegaan het en die kinders somtyds in die proses vergeet is. MAAR my 27 jaar in die Voortrekkers het my baie geleer en met William en James wat deel was van die beweging kan ek duidelik sien waar en hoe Nelmari uitgemis het. Die voordele van wat ek en my kinders by die Voortrekkers geleer het, kan 'n paar dae se inskrywings vat. Toe ek dus in Abu Dhabi kom het ek gebrand om die beweging ook hier vir ons SA kinders aan te bied. Ongelukkig met die afstand was die ondersteuning van SA kant af nie so goed nie en natuurlik is ons skoolprogramme en vakansies heeltemal anders. Nou vertel ek 'n lang storie om by die eintlike kruks te kom. Die Kindergroep .....




Na my studies by die Bybelkollege was dit die ideale geleentheid om my liefde vir ons Hemelse Vader, my liefde vir kinders en liefde vir ons land te kombineer. Ons SA kindergroepe lag, speel, sing, leer van God en baklei in Afrikaans en dis sooooo lekker. Hier geniet van die jongmense die lofprysing!




Nelmari en Elriza besig om te sing en dans saam met ...... I'm following Jesus.


Anders as ons ander kindergroep waar ons opdeel in klein groepies volgens ouderdom, het ons nog een lessie by die nuwe een aangesien daar nog nie so baie kinders is nie. Hier is Charmaine besig met die week se lessie wat hierdie week uit Ef 4:32 gegaan het.



Ons leer hoe Jesus die mense behandel het en hoe hy "compassion" vir almal gehad en gewys het. Ons moet mense teken vir wie ons hierdie week "compassion" gaan wys. Aan die begin gaan dit stadig om mense vir wie ons kwaad is en wie ons somtyds terg by die skool te teken en te "commit" dat ons hierdie week "compassionate" teenoor hulle sal wees.
Teen die einde van die les en aktiwiteit is hierdie groepie se bord vol mense! Dink net wat 'n wonderlike week sal dit wees as ons doen wat ons vandag belowe het!

No comments: