Friday, July 13

Nuus oor Reunie











Die insameling van inligting met die beplanning van die Reunie het met 'n spoed weggespring en op die oomblik gaan dit stadig om die laaste bietjie in te win. Hier is 'n volledige "update" tot dusver ....


Eerstens het die volledige inligting van al die kinders, kleinkinders en agterkleinkinders gesoek sodat ons ALMAL kan kontak en probeer om ALMAL daar te hê. Dit was sover wonderlik om van niggies en nefies te hoor wat ek jare laas mee kontak gehad het. Daar was nie regtig direkte kontak met die Viljoen broers/susters nie, maar ek aanvaar ook dat dinge soos rekenaars ens. nou nie so hoog op hulle prioriteitelys is nie. Die uitsondering was tannie Omie wat gereeld vir my sms (en nog steeds het ek nie al haar inligting nie). Op hierdie stadium het ek ten minste EEN van elke gesin wat ek inligting van kan kry en dis wonderlik! "Head count'' van mense wie se inligting ek sover het is: 14 van die kinders en hul gades, 50 kleinkinders en gades (hier is nog 'n paar uitstaande), 42 agter-kleinkinders en gades (heelwat uitstaande) en 10 agter-agter-kleinkinders. Die idee is om op die reunie 'n boekie of iets beskikbaar te hê vir elke gesin waar almal se name, kontakbesonderhede en verjaarsdae in is.


Tweedens 'n datum vir die reunie .... Volgens die peiling wat ek op die blog het, is die naweek van 19/20 Januarie die keuse. So mense boek solank daardie datum!!!


Derdens 'n terrein. Daar sal binne die volgende tien dae hieraan aandag gegee word en ek laat weet julle sodra ons meer inligting het. Ek kan net noem dat die eerste keuse in die Kaap is met Abu Dhabi die tweede keuse :-). As julle van 'n lekker terrein weet, laat my weet.


Die program? Daar is nog nie veel aandag aan gegee nie behalwe die rondgooi van gedagtes en terugvoering van julle sal waardeer word. Ek weet dat ons gaan KUIER en OPVANG met al die nuus en daar SAL geEET word! Enige idees is BAIE WELKOM en NODIG!!

Dus ouens ek het julle hulp, inligting en raad nodig .... laat van julle hoor!


Kyk bietjie na die slide-show van die broers/susters/kleinkinders op vorige reunies!! Dankie Ronelle vir die foto's. Wie herken vir wie?



EK BENODIG NOG KLOMPE OU FOTO'S VAN ALMAL EN STAALTJIES EN STORIES!!










No comments: