Wednesday, July 11

Die hande word gehenna

Die hande jeuk om geverf te word en met Corli se besoek begin van die jaar het ons hierdie oulike tradisionele salon ontdek wat hande met henna verf. Al probleem is dat ons nie regtig foto's kan neem met al die tannies in hulle swart gewaad rondom ons nie.

Die meisies voor die deur van die salon, kyk die plastiese blomme, ugg.


Die meisies sit soos "ladies" terwyl hulle hande geverf word. Henna is 'n blomdraende, struikagtige plant. Die woord Henna kom van die Arabiese woord "Hina". In die Bybelboek Hooglied, verwys hulle ook na hennablommetjies (1 Hooglied 14).


Nelmari se hande is klaar geverf en nou wag sy vir dit om droog te word. Tradisioneel is dit gebruik as "dye" vir hare, vel en vingers. Dit word ook gebruik as kleursel vir leer en medikasie. Interessant om te weet dat in Amerika word dit nie toegelaat vir gebruik op die vel nie (en ek leer dit eers nou NADAT Nelmari die henna laat doen het) vir velkuns.
Elriza wag vir haar hande om droog te word. Die henna moet 6 - 12 ure rus voordat dit die vel "vlek". Hoe langer die "pasta" op die hande bly hoe langer hou die "vlek" (kleursel).
Die dik bruin goed wat soos modder lyk val af as dit droog is en dan is die prentjie bietjie ligter. Die vrou verf sonder 'n prentjie en dis ongelooflike fyn werf.
Nelmari se hande is nou "klei-vry". Die volgende dag sal dit bietjie donker wees en na twee/drie weke is dit heeltemal weg. Op 'n stadium sal ek julle wys wat die "locals" als met hulle hande en voete aanvang as hulle dit verf.














No comments: