Ons vroue kleingroepie het hierdie week ons laaste amptelike lessie voor die Somervakansie gehad. Die nagmaal en voetewas aand was 'n gepaste afsluiting na die voltooiing van die studie.
Elriza het vir ons die nagmaal en sang gelei. Ons het begin met 'n uittreksel van die fliek "Passion of the Christ" en daarna oorgegaan na die nagmaal. Hier sing sy vir ons 'n liedjie "Lead me to the Cross" van die nuwe Hillsongs CD. 

Heleen was Vanessa se voete.

Gedurende die vakansie hou ons egter nie op nie, maar sal 'n studie vir die oorblywende lede en enigeen in die dorp wat belangstel hou. Die klomp wat hierdie week huis toe gaan vir 'n tydjie, veral Heleen en Vanessa, geniet die koue!!!
No comments:
Post a Comment