Monday, July 16

Hoe veilig is dit in die woestyn?

Woestynuitstappies .....iets waaroor baie mense, my uitgesluit mal is. William het foto's met sy foon geneem op die duinery.

Die rede hoekom ek nie so mal oor die aktiwiteit is nie, is omdat groot mans met hulle 4 x 4's in die sand rondjaag spesiaal om vas te sit want dan kan hulle al hulle woestyn speelgoed gebruik.

En daar is baie speelgoed. Dis opblaas "jacks" om die kar uit die sand te lig, toue om mekaar uit te sleep, liggies om beter onder die kar te kan insien, en elkeen se eie spittertjie soos Liewe Heksie gesê het (grafies) en moet asb nie die handskoene vergeet nie.

So die opgewondenheid as iemand vassit .... is groot want dan kan al die speelgoed uitgehaal word en gebruik word.

Lyk na kajuitraad oor watter duin gaan die beste werk vir die meeste pret.

Dis 'n mak duintjie hierdie.

Al vier wiele vas. Arina lyk nie bekommerd nie. As passasier is dit nie altyd pret om in die hitte te sit en wag vir die manne om in die groot sandbak rond te krap met hulle grafies nie
Hierdie ou sit behoorlik vas .... hulp is oppad!!

Spittertjies uit en grawe ... grawe ... grawe


Die rondspelery is self nie so gevaarlik nie, maar as mens sien waaroor jy kan ry dan weet ek nie is die woestyn so veilig nie.


























No comments: