Showing posts with label skoene. Show all posts
Showing posts with label skoene. Show all posts

Thursday, August 16

Groot opgewondenheid ...

Groot opgewondenheid in die huis van die Holloway's, veral van een spesifieke Holloway ... William. Hy's vandag oppad Suid-Afrika toe en meer spesifiek hy gaan by ouboet James kuier vir 'n paar maande. In die tyd gaan hy sommer sy registrasie by die universiteit, sportklubs en ander plekke doen. Dis 'n groot trek, want dis koud in Bloemfontein en hier dra ons nou nie juis warm klere nie, dus moet ons aanpas om te kyk wat het op die laaste Kanada trip nog gepas en al die warm klere saamneem (gelukkig bly dit dan agter vir volgende jaar). Was dit nie Nelmari s'n nie vra die man?
en saam met al die skoene (elke sportsoort se skoene en natuurlik nog die weird skoene ook) is die 20kg van die lugredery laaaaaankal nie genoeg nie. Gelukkig vlieg Eddie ook saam vir twee weke, en kan pa se tas darem volgelaai word - lekker met die terugkom sal daai plek met "die lysie" gevul word. O ja en dan het James se ook 'n lysie gehad. Een met "wat ek nodig het" en 'n "maybe" lysie. Ons stuur alles saam seun!
Maar William se probleem is nie net klere, geskenke en spasie nie. Ma het 'n lysie gemaak van wat dadelik voor die sport en plesier afgehandel moet word. Stap vir stap. Dis afskrifte van alles wat mens dalk mag en nie mag nodig kry nie. Daardie deel is eintlik 'n storie op sy eie veral die "hulpvaardigheid" van ons ambassade hier. Alles en ek bedoel alles moet gestempel word deur 'n plaaslike owerheid voordat die ambassade daaraan vat. So word mens van bakboort na stuurboord gestuur om dokumente "geldig" te kry. Dis bestuurslisensies, rapporte, sertifikate, id's, paspoort, visa's, ens. ens. Ek's seker julle weet presies waarvan ek praat as ek sê die departmente by die huis praat nie met mekaar nie, en saamwerk bestaan glad nie - hoe moet mens dinge gedoen kry?


In elk geval hierdie storie raak nou lank en ek wou eintlik net vertel het van die twee boeties wat mekaar na 8 maande weer gaan sien en vol planne is vir hulle kuier.


Oor die kuier wil ek die volgende dmv ou foto's vir julle, veral jou James sê (verskoon die kwaliteit maar die scanner het 'n streep weg).

Moenie dat Will op die grond slaap nie, deel mooi die slaapplek!!
Sorg ook dat hy ietsie te eet kry en deel jou kos met hom.
Help hom waar nodig!!

Laat die regte ou die motor bestuur!!
Neem hom saam op uitstappies

Moenie alleen gevaarlike plekke besoek nie


Laat hom ook aan die sport deelneem



En laaste maar nie die minste nie, moenie dat Will op jou kop sit nie!!


Geniet julle kuiertjie seuns en stuur vir ons foto's en stories, dat ons kan sien wat julle doen. Lief vir julle!!

Saturday, July 28

William lewer verslag

Ek moet eers 'n bietjie wegbreek van my lang "toer" deur Abu Dhabi. Saterdag terwyl ek die dorp "getoer" het, het William gewapen met sy foon bietjie boetie-ratzi gespeel op 'n inkopie sessie. Ek weet nie hoe gelukkig almal met hom was nie, maar hier is sy storie ....en James ek het 'n vermoede dis spesiaal vir jou.
Nelmari en Pappa sit voor oppad mall toe. Ek moes agter sit, Nelmari gee mens nie 'n keuse nie.

Pa moet seker maak hy het genoeg sodat ons Studio R se sale kan gaan bekyk

Nelmari kyk en kyk en kyk vir 'n skoen in haar nommer

James dis jou swakpunt ons weet - verlang jy na Studio R? Hulle maak nou toe. Kyk skoene!!!

Vergeet van Elvis se blue suede shoes check myne!!


Ek het seker nog nie iemand anders teegekom wat sulke "weird" skoen smaak soos William het nie. Ook nooit gedink ek sal vir een van my seuns, geel en swart check skoene hoef te koop nie.... William is egter gemaklik daarmee en hou daarvan om 'n "statement" te maak met wat hy dra en gelukkig is dit net skoene...