Showing posts with label Cultural Foundation. Show all posts
Showing posts with label Cultural Foundation. Show all posts

Wednesday, December 19

Strate en bietjie kultuur

Die vorige twee dae het ons die strate in en om Abu Dhabi ingevaar en bietjie aan die inkopielys en kultuur gewerk. Eerste op ons lys vir die dag was die lapwinkels. Nou in 'n vorige blog het ek vertel dat daar honderde lapwinkels is en dat materiaal hier nogal goedkoper as by die huis is. Vir iemand wat naaldwerk doen soos Annie is so 'n uitstappie 'n noodsaaklikheid.

Hier is sy en Corli oppad na van die materiaal winkels.
Die winkeltjies is almal redelik beknop en toegepak onder die materiaal aan die onderkant, dan moet jy nog trappies op tussen die rolle om te gaan kyk wat is bo.
Daarna besoek ons die wit paleis waar vroeer jare die heerser van die land ingebly het. Hulle is op die oomblik besig met restourasiewerk daar.

Aan die binnekant in een van die binnehowe van die paleis.
Die twee van hulle op die dak. Na die anderkant toe kyk mens mooi uit oor die dorp.
Corli loer uit deur die klein deurtjie. Waarvoor sou hulle dit gebruik het. Dis te klein vir 'n mens en hulle is nou nie juis troeteldiere nie :-). Miskien vir die baba kameel???
Net agter die wit paleis is die cultural foundation waar ons vinnig 'n koeldrank gaan drink het. Hier rus Annie en Corli by een van die tradisionele "sitkamers".
Waar die geverfde kamele vroeer gestaan het, is daar nou 'n klomp snaakse manne. Ons kan nie agter kom wat hulle verteenwoordig nie. Hou hulle hul maag en oor vas oor hulle lag of is dit oor- en maagpyn wat hulle het. Die twee vroue het by hulle aangeluit.
Die oggend/middag toer is afgesluit by die goud souk. Hier loer die twee in al die winkels. (moenie worry nie Gerhard, dit winkels was besig om toe te maak, so geen aankope is gemaak nie).

Maandagoggend was ons vroeg in die pad want hulle wou laat hande henna. Ongelukkig was die plek tjok en blok van swartrokke omdat almal tydens Eid (nog 'n vakansiedag van hulle) hulle hande gehenna wou hĂȘ. Ons is toe af Womans Foundation toe om daar te gaan kyk hoe die vroue tradisionele goed maak. Hier staan die twee by van die weefgoed.
In die museum en die twee staan by 'n tipiese Arabiese gesin
Annie beloer en beruik die speserye wat hulle gebruik.

Ons pas weer klere aan. Hier staan Corli met 'n tradisioinele uitrusting.
Annie pas die pienkrok aan
DIe drie van hulle opgetof. Terwyl Annie en Corli se rokke op die grond sleep, is Nelmari s'n te kort vir haar.

Gelukkig vir hulle is daar iemand wat henna op die womans foundation en nadat ons langer as 'n uur en half vir haar gewag het, word die twee se hande gehenna. Drie uur later en hier staan hulle met die "vuil" hande.
Nog is dit nie die einde nie. Annie loer in by 'n tradisionele materiaal winkel.
Die aand het ons 'n "sleep-over" by Charmaine waar ons flieks gekyk het en sommer net lekker gekuier het.

Thursday, July 26

Toer deur Abu Dhabi - 5

Ons kan nie by die Emirates Paleis hotel kuier sonder om tee en koek te geniet nie. Die koek kos Dhs30 (R50) vir 'n stukkie en die tee is ook Dhs30. Amelia bied aan om die rekening te betaal en stik amper in haar tee toe die rekening Dhs440 (R700) vir 3 tee's en 3 stukkies koek is. Gelukkig kon ons die fout opspoor. Hulle het ipv 'n snytjie sjokolade koek ons vir 'n hele koek van Dhs210 laat betaal. Wie van julle sal R300 vir 'n sjokolade koek betaal? Ek het geen idee wat een deesdae by die tuisnywerheid kos nie, maar jinne ons mis 'n tuisnywerheid hier in Abu Dhabi.

Ek moet darem noem dat die koek met gerolde goud versier is. Waaroor sal Amelia so lag wonder ek? Waar is daai kierie ... tug is nodig!!!


Ons is oppad en hier is die fontein van die ander kant.
Die paleis met sy mooi grasperke.
Ons besoek nou die Ou Wit Kasteel. Hierdie is die moskee voor kasteel.
Die ou Wit Kasteel was vroeer jare teen die see. Hulle het nie die kasteel nou agtertoe geskuif nie, die see is net so drooggelĂȘ. Hierdie kasteel het 'n ou toring waar destyds die heersende familie se vlag gewaai het. As jy die "land" wou heers, moes jy die kasteel beman.... Dit was bietjie warm om weer binne te gaan kyk maar dis pragtig. Jammer dat hulle nie regtig die plek restoreer nie. Met 'n land wat nog jonk is, dink mens mos nog nie daaraan voordat dit amper te laat is nie.
Amelia loer "oor die onderdeur" van die kasteel se hek. Kyk daai mooi teels aan die bokant.
Daar op die linkerkant steek 'n deel van die ou oorspronklike toring uit. Daar was altyd 'n klomp bome rondom die kasteel en hoekom hulle dit nou moes uithaal sal net die Arabiere weet.

In dieselfde blok is die Cultural Foundation. Hier het ek vir julle die kamele op 'n keer gewys. Meeste van hulle is nou weg, net 'n verdwaalde een hier en daar. Die gebou wat agter uitsteek met die bal op, is die kantore waar Eddie werk .... Etisalat (Eddie-se-lat).

So bly daar is darem een kameel oor dat hulle hom sommer 'n klapsoen gee.
Daar werk ek wys Charmaine .... dis die ander gebou met die bal op, Etisalat se streekkantoor.
'n Replika van die ou dhows by die Cultural Foundation.
'n Arabiese sitkamer en daar word so bietjie gerus in die koelte. Die "grashoed" voor, is die deksel wat hulle op hulle grasborde sit.

Daar is "local" produkte om te koop, so volgende keer gaan ons soontoe.