Ons het so bietjie by die Al Raha Hotel gaan afkoel. Dis so vyftien minute uit die dorp as ma haar aanwysings reg het, anders ry mens vier keer verby die hotel voordat jy 'n pad kry wat soontoe gaan. (Verskoning - hulle is darem besig met verbouings in die omgewing)






Al Raha is 'n baie lekker plek om te swem want die swembad en strand is doodstil en weg van die klomp mense wat die ander strande in die dorp volpak. Die swembad se water is net effens afgekoel en die 24 grade is 'n heel lekker "afkoel" en nie so warm soos die seewater nie.
2 comments:
Daai swembad is nog steeds warmer as wat Bloem nou is!!! Ons slaan ni eers 20 nie.
Ouboet, let asseblief daarop dat jou ou vader nooit op die fotos is nie.......hy is altyd besig om erens te woel en werk. Vandat die ou bootjie (Spuitpoep II) verkoop is kom ek glad nie meer naby die water nie, nie dat ek ooit baie daar gekom het met die boot nie!
Post a Comment