Monday, July 2

"Girly" dag

Allerhande dinge word uitgedink om onsself mee besig te hou gedurende die vakansie wat nog twee maande oor het .... ja nog 62 dae!!!! Die meisies het 'n bietjie gaan pedi- en manikuur om uit die hitte te bly.Nelmari en Elriza se voete word "gedoen"
Lekker sit hulle!!
Ons drink 'n bietjie koeldrank by "The One" - die beste winkel in Abu Dhabi
By Marina Mall en ons is weer dors. Ons wag vir ons sap. William

is ook daar vir die winkels. Kyk hoe klein is die oudste onder die drie!

Julle gedink meisies kan shop? Nelmari en Elriza wag vir William ... ja James hy is by Studio R. Die winkel op die agtergrond is ons Woolworths.


Einde van die shopping en tussen Elriza en die pakkies is daar bykans nie plek vir my om te sit nie. Nie een van die pakkies is myne nie!

2 comments:

Desire Fourie said...

Ja nee, dit lyk asof daar ernstige retail therapy plaasgevind het - 'n goeie kuur vir baie kwale. Dis nou interessant dat daar ook 'n Woollies in Abu Dhabi is.

Sandra said...

Ja ons het 'n Woollies in Dubai ook. Al probleem - die klere het die pryskaartjie met vlaggie op in Rand en hulle maak dit hier net dirham. Maw wat julle R50 voor betaal, betaal ons Dh50 en dus kos dit R80-R100. Sekere produkte betaal ons maar vir die kwaliteit.