Saturday, July 28

William lewer verslag

Ek moet eers 'n bietjie wegbreek van my lang "toer" deur Abu Dhabi. Saterdag terwyl ek die dorp "getoer" het, het William gewapen met sy foon bietjie boetie-ratzi gespeel op 'n inkopie sessie. Ek weet nie hoe gelukkig almal met hom was nie, maar hier is sy storie ....en James ek het 'n vermoede dis spesiaal vir jou.
Nelmari en Pappa sit voor oppad mall toe. Ek moes agter sit, Nelmari gee mens nie 'n keuse nie.

Pa moet seker maak hy het genoeg sodat ons Studio R se sale kan gaan bekyk

Nelmari kyk en kyk en kyk vir 'n skoen in haar nommer

James dis jou swakpunt ons weet - verlang jy na Studio R? Hulle maak nou toe. Kyk skoene!!!

Vergeet van Elvis se blue suede shoes check myne!!


Ek het seker nog nie iemand anders teegekom wat sulke "weird" skoen smaak soos William het nie. Ook nooit gedink ek sal vir een van my seuns, geel en swart check skoene hoef te koop nie.... William is egter gemaklik daarmee en hou daarvan om 'n "statement" te maak met wat hy dra en gelukkig is dit net skoene...

2 comments:

Anonymous said...

HOEKOM MAAK HUL TOE!?!?!?! Ag nee... waar gaan ek nou al my goed koop as ek kom kuier?
:'( Dit ruin sommer my hele dag! Danki!

Anonymous said...

Hulle jok vir jou oudste. Die winkel word net kleiner gemaak sodat hulle nog 'n plek langsaan kan inpas.