Sunday, July 29

Toer deur Abu Dhabi - 6

Hier's ek terug met my toer waarmee ons amper klaar is. Laas toe ek vertel het, was ons by die Cultural Foundation.

Die produkte wat hier verkoop word is alles tradisioneel en deur die vrouens by die Womans Craft Market gemaak. Amelia eye een van die strooi houers met die dekseltjies vir 'n tradisionele hoekie by haar huis hier.



Van die rokke wat hier gemaak word. Ek's nie seker of die kussings en bedoortreksel ook hier handgemaak is nie.


Die Cultural Foundation het die oulikste "bont" restaurant met 'n baie billike spyskaart. Al trick is vir die item om wel beskikbaar te wees die dag. Mens kan nogal baie pret hê om te bestel. Hoenderbroodjie - "sorry not available today", Kaasbroodjie - " sorry not available today" en so gaan jy aan totdat jy verplig is om die tuna broodjie te bestel want dis al wat oor is. Hier is 'n hoekie in die restaurant.

Ok hierdie foto is in die badkamer geneem, Amelia het beide haar hande nodig gehad. Dis baie Afrika is dit nie, om goed op ons kop rond te dra.
Nog ''n plek waar mens koffie kan drink in die sentrum, dit was net toe met ons besoek. Daar is gewoonlik 'n pianis wat die mooiste musiek speel terwyl mens koffie drink.
Onder is 'n groot uitstalllings area waar allerei kunswerke uitgestal word. Ek het op 'n stadium van die SA uitstalling vertel wat hier gehou is. Vandag is daar 'n fotografie uitstalling. Twee kenners besig om te kyk.
Na die Cultural Foundation ry ons Iranian Market toe by die hawe. Dis nou dodelik warm en ons gaan dit glad nie buite die motor waag nie en sommer foto's deur die venster neem. Hier is van die stalletjies waar mens behoorlik enigiets kan koop.

Weet nie vir wie mens kos maak in sulke klein potte nie, maar ek dink dit sou handig op 'n Voortrekkerkamp gebruik kon word.



Dis ook die een plek in die dorp wat mens plante kan koop. Ons sal seker weer moet kom want weens die hitte was al wat Amelia gesê het: "Ja ek kan plante hier kom koop, maar in die winter ok"Anderkant van die Iranian Mark kry mens die Al Dhafra restaurant wat uitkyk oor 'n hawe. Hier eet mens tradisionele kos en dis 'n baie oulike en gewilde plek om kuiermense heen te bring.
Van die vissersbote wat hier vasgemeer is. Dis 'n regte vissershawe en dit ruikkkkk!!!
Die mense leef op die bote en lyk asof Saterdag dalkies wasdag in Al Dhafra bootgebied is.

Ons is nou amper aan die einde van die toer, nog net die middagete ...















No comments: