Thursday, April 30

Warm klippe in Al Ain

Vandat sy klein was, was uiteet by die Spur vir Nelmari 'n groot treat en het sy altyd gekerm sy wil een van die klippe (hot rocks) he. Sy moes wag totdat sy heelwat groter is en toe ... wat gebeur .... spur haal dit van die spyskaart af! So die vreugde was groot oor Vicky wat vir ons plek by 'n nuwe restaurant in Al Ain bespreek het na die dieretuin. Voor die restaurant was daar die interessantste uitstalling met "plaaslike" kuns en juwele.Die meisies kon die versoeking nie weerstaan om van die ringe en armbande aan te pas nie. Crispin was egter meer deur die snaakse pantoffels gefasineer. Van die kunswerke wat te koop was. Nelmari het ook iets gesien waarin sy belangstel. En dan is dit tyd vir ons warm klippe met ons vleis, stysel en groente. Vicky is nie heeltemal seker hoe om die stuk vleis aan te durf nie en moes na die tyd toegee dat dit die beste was wat 'n steak nog vir haar gaargemaak is (sjef Vicky). Nelmari weet natuurlik presies hoe sy haar vleis wil gaarmaak. Al wat sy nog nodig het om haar te verbeel sy is in spur is cream soda koeldrank. Crispin het omtrent vir die kamera "gepose" en my die geleentheid gegee om hom af te neem. Celine hou haar hasies vas en rus bietjie in die koelte. Sy was al een wat nie kon klip nie (Crispin natuurlik ook nie) en dit het my so aan Nelmari gedink, ai om te wag tot mens grootgenoeg is om nie te brand nie .... Celandre het haar eerste "eie" ete gemaak deur hoender op die klip gaar te maak en sy was omtrent trots daarop en alles opgeeet. Nelmari het haar gate uitgeniet met al die hasies en honde by die Sloans se huis en daai foto regs wys hoe lyk iemand na 'n klip-steak en appeltert... tevrede. Dankie Vicky en kinders dit was 'n heerlike dag saam met julle. Onthou Abu Dhabi se Brasiliaanse restaurant saam met ons as julle weer kom!!

Wednesday, April 29

Groot nuus van Bloem

Vir 'n hele paar dae loop die man met die ring in sy sak en wag vir die geleentheid om die groot vraag te vra. Dalkies was hy bang .... Intussen stuur hy darem foto'tjies vir my om reg te he vir wanneer hy eintlik die moed bymekaar skraap.

En eindelik verlede Sondagaand vra James die groot vraag en Leane se Ja.

Baie geluk met die groot stap en julle verlowing James en Leane! Dis verseker 'n baie opwindende tydperk wat nou voorle en ons wil alles weet :-).

Monday, April 27

Ons is weer kinders

Ons soek 'n kampterrein vir 'n jeugkamp en Al Ain is 'n opsie. Dit beteken ons moet uitry en gaan kyk en dan kry ons ook sommer kans om met die Sandmense daar te kuier. Vicky is egter baie gaaf en gaan doen al die inwin van inligting vir ons, wat beteken ons kan bietjie by Al Ain se dieretuin gaan inloer. Miskien as ons geweet het dit gaan 'n volbloed somerdag in die woestyn was, sou ons dit nie gedoen het nie, nietemin, dit was bloedig maar lekkerrr! Met die aankoms lyk dit maar woestynerig, met beelde van diere as 'n aanduiding daar is 'n dieretuin en op die kaart lyk dit nogal groot maar kyk na die foto waar Nelmari saam met die flaminke is, is dit 'n woestyn?! Hierdie dieretuin is in 1969 amptelik geopen en huisves veral boksoorte en diere van die steek. Ons het lank gestaan en kyk na 'n baba bokkie wat nie geweet het waar sy/haar mamma is nie. Die oryx het besluit om dit sommer te neem en wou haar glad nie afstaan toe die mamma terugkom nie. Dis seker ook een van die min dieretuine waar jy 'n moskee op die agtergrond sal kry. Nelmari lyk baie in haar skik met die uitstappie, kyk net daai gesig. Ek het noual genoem dat dit vreeslik warm was en die diere was maar lui en het op allerhande maniere probeer koel bly. Die meerkatte was egter die mees aktiewe dier in die dieretuin en het vir baie vermaak gesorg. Die een wat ons simpatie gekry het was die gorilla. Nadat sy maatjie onlangs oorlede is, het hy net gesit en wou glad nie eers vir ons deur die venster loer nie. Nelmari en Charmaine het die ou altwee probeer beraad, maar hy wou niks hoor nie. Tussen die hokke is daar darem sulke skadu tente wat lekker is, met sproeiers wat elke nou en dan aangaan en die mense spuit soos hulle verbykom (dis nou soos daai spoeiers wat hulle tydens die maratons ook gebruik). Die voels bo die hok laat my dink aan mense, wat altyd wil wees waar ons dink die gras is groener. Hulle is vry maar drom saam om binne die hok by die ander te wees wat heelwaarskynlik liewers buite wil wees. Lekker London dairy roomys terwyl ons wag in die skadu vir die treintjie. 'n Boom hier gee nie koelte nie, maar wel 'n bietjie minder son op mens se kop. 'n Plek waarnatoe ek nie wou gaan nie was die slanghokke, maar daar is A/C in, so vinnig afkoel voordat ons klaar maak. Aanwysings oor wat ons mag saamneem binnetoe ... kan julle lees wat daar staan? Warm maar lekker gekuier saam met die diere. Nou vir 'n teetjie saam met die Sloans en daarvan vertel ek later.

Friday, April 24

Wat het ons stemdag gedoen?

Nou nie vakansiedag gehad soos almal by die huis nie en ook nie in toue hoef te gestaan het vir stem nie, maar ons het aan ons mense en ons land gedink. Ons het darem iets bietjie Suid-Afrikaans gedoen en gaan braai in die paleisparkie. Die sandvlooie Siegfried en Mariette het kom saam kuier dat die klein sandvlooietjie bietjie met Charmaine se brakkies kon speel en ek met die kamera. Nou braai hier ouens (dis nou in 'n parkie en nie by mens se huis nie) is anders - dis in weggooi braaie en mens maak dit brand en dan braai mens die vleis :-). Siegfried het weer 'n klein gasbraaier vir hulle goed gehad en alhoewel dit anders is, dis nou 'n BBQ, ruik die braaivleis net soos huis s'n. Die honde het gedink hulle is op 'n kamp en orals rondgehardloop. Elke hond, wat baie groter as hulle is is aangeval en dit was omtrent snaaks. Ek dink die honde wou net vir ons besig hou want kyk net op die foto's hoe skarrel almal rond om die groot hond van die kleintjies te beskerm en daai twee hardloop rond asof hulle glimlaggies op daai bekke het. Maar die dag het eintlik begin met kleinvlooi Christiaan wat met die honde wou speel. Kyk net hoe mooi stap hy met hulle aan die leiriem. Taffee ewe geduldig saam. Ons het die kleinman se segoed en dingetjies vreeslik geniet en dit was heeltemal anders as die oefen-oumas se dogtertjies waarmee hulle gewoonlik speel. Die hondjie regs is omtrent 8 arabier kindertjies se hond en hulle het glad nie geweet hoe om met die hond te werk nie. Gou-gou het ek hulle 'n les gegee hoe om die hondjie vas te hou, te druk en soentjies te gee en Christiaan wys hoe. Ons was baie jammer vir daai klein hondjie en ek hoop dat hy die week sal oorleef.Nelmari wat net so erg oor die twee brakke is het net so lekker met hulle gespeel en toegelaat dat Christiaan haar rondjaag. Teen die einde van die aand was groothond Taffee en kleinvlooi Christiaan lekker vriende. Die ander brakkie Didi het op sy ma se skoot weggekruip. Dankie julle vir die lekker saamkuier en braai ons moet weer so maak.

Thursday, April 23

Geluk julle

'n Gradeplegtigheid was nog altyd vir my so half mostert na die maal. Mens skryf mos jou eksamen in November en kry jou uitslae in Desember en hoekom moet jy wag tot April voordat jy jou graad kry? Dan het baie studente al begin werk en moet hulle "verlof" neem om graad te kry. Dis dan ook hoe James die universiteit laat weet het hy sal dit nie kan bywoon nie, hulle moet maar die graad pos - hoe onpersoonlik is dit? Maar soos dit moes gebeur is hy tans in SA vir 'n visa-run en kon hy sy plegtigheid bywoon - as 'n toeskouer natuurlik. Baie geluk met jou honeurs seun. (Amptelik B.A. Hons Sport Wetenskap). Dan is daar natuurlik Leane wat heeltemal kan wegraak in daardie swart rok wat sy moes dra wat haar B.Sc Geology graad ontvang het. Baie geluk Leane en sterkte met die honeurs. Sue jy wat ook hier ver in die UAE sit, hierdie foto is spesiaal vir jou. Bly jy kon daar wees met Leane se funksie seun. Julle vier moet maar gaan eet waar ons verlede jaar was en Leane op uitgemis het en die rekening stuur. Ons is trots op julle!

Monday, April 20

Kamele in die dorp

Ek het al vertel van Nelmari se liefde vir kamele en hoe sy kleintyd nog altyd haar eie kammie wou he. 100_0765Met ‘n onlangse woestynuitstappie het sy vir my meeste van die foto’s geneem, baie opgewonde oor die kamele.
100_0749

n Klomp kamele in hulle kamp in die woestyn.
100_0759

Kyk net hoe vorm die wind die woestynsand.
100_0753

Die son besig om te sak oor die woestyn en sy neem vir Eddie af wat ‘n entjie gaan stap het.

DSC_0024

En dan die kamele wat baie nuuskierig na die mense in die motor kom kyk het en ook mooi vir die kamera glimlag.
DSC_0033

Die woestyn-inn waar mens die lekkerste eetgoed kry.

DSC_0034

En ‘n klein kammie wat gelukkig nie saam huistoe gekom het nie. Ek gee nie om as sy so af en toe vir hom/haar in die woestyn gaan kuier nie.En terwyl ons nou op die kameelonderwerp is, klein Injay (beteken achievement) is begin van die maand na 378 dae van swangerskap gebore in Dubai as die eerste gekloonde kameel ter wereld. Die klein dingetjie het 30 kg by geboorte geweeg en is reeds met DNA toetse getoets om te bevestig dat sy presies dieselfde lyk as haar "ma".

Friday, April 17

"Ons" baba word 3

Klein Emily het hierdie week 'n hele drie jaartjies oud geword en natuurlik moes ons saam by die pretpark gaan kuier en speel het. Natuurlik was daar ook 'n groot barbie-partytjie, maar dit was by die skool waar die tannies dit nie kon bywoon nie.Nelmari en Charmaine wil 'n bietjie van die eetgoed probeer. Hoeveel mense het mens nodig om een kleintjie se neusie te vee? 'n Klomp se ek jou want Nelmari, mamma Marina en tannie Charmaine wil almal help. Haar maatjie Kayla het ook kom saamspeel en alhoewel klein Emily nie mal was oor al die verskillende ritte nie (en ek kan dit so goed verstaan), was sy baie braaf. Die rit saam met "Nella" in die stampmotortjies was baie lekker en sy geniet dit baie. Die groot gunsteling is die klim en klouter dink met al die gekleurde balle waarin mens sommer kan verdwyn. En hoe later hoe meer word die selfvertroue om op die goeters te ry! Ons hoop jou verjaarsdag was sommer baie spesiaal Emily. Ons is baie lief vir jou!

Wednesday, April 15

Ons Paasvieringe

Net so 'n bietjie meer as 'n jaar terug het ons die wonderlike voorreg gehad om die Esterkonferensie - Lig jou sluier in Dubai by te woon. Hier was die storie daaroor. 'n "Opvolg" Ken jou Naam was die afelope naweek gehou en weer het honderde Suid-Afrikaanse vrouens die geleentheid bygewoon. Hier uit Abu Dhabi het 'n klomp vrouens opgeruk Dubai toe en baie spesiaal was die feit dat ons hele vroue-omgeegroep dit sou bywoon. 'n Gelag en gekekkel al die pad van die huis tot die vulstasie vir koffie tot die konferensie! Daar was ons ook bevoorreg om vir Louis Britz en Wanda de Kock-Bam te he om die lofsang te lei. Wat 'n ongelooflike ervaring. Dis vir my moeilik om die konferensie in 'n blog saam te vat, en gelukkig het ek 'n maatjie wat dit gedoen het, so gaan lees bietjie hier . Vir my bydrae loer en luister na die foto's en video.






Sunday, April 12

Die Vrystaatse invloed

Ultra-stoppe in Kroonstad en Bloemfontein en die vrouemonument was my seuns se idee van die Vrystaat. Ek het boonop 'n Vrystaatse vriendin wat liries kan raak oor goed wat ek glad nie sien nie en ek het net geweet die seuns gaan meer van die Vrystaat leer tydens hulle studies. James is nou klaar geswot en ek weet nie of sy indrukke verander het nie, maar William het nou tydens die vakansie kans gekry om bietjie meer van die "platteland" gedeelte te ontdek. Met die vakansie het hy 'n paar dae saam met Tessa op die plaas gaan kuier. Hier is sy "storie" met bietjie kommentaar van my af. I went with Tessa to their farm for 10 days. We stayed at the school "koshuis" the first two days because her brothers and sister still had school. Standing in a foodline was something new too me. (darem onthou jy een afrikaanse woord seun en het jy vergeet van die voortrekkerkampe se kosrye). On our way to the farm, Nelie (Tessa's sister) got the present i bought her in Abu Dhabi in January and she was very happy about it. The next day we had to go watch Tessa's two younger brothers pariticpating at a athletics competition. Peet in the high jump and Johan in the 1500 m. Back at the farm it wasn't all fun and games. One of the bulls came back to the farm, in pieces and we had to make wors. First we had to cut the meat in smaller pieces. Peet is trying a new meat mask which will hit the stores soon. (Ek is seker jy het die besigheidsmoontlikhede gesien, maar jy weet mos mens speel nie met kos nie). After making the wors its time to test it. Tessa busy packing some of the wors. Of course there was some fun too. I got to be a cowboy (seun boere dra mos nie jeans en waar kry jy die hoedjie)and had to chase bulls around and count cows all from the back of a horse, now that was an experience. Just want to say thank you to Tessa's family for a great time!
Van ons kant af ook dankie dat hy daar kon kuier en vir al die bederf!