Sunday, April 5

Ons sirkus en anner goeters

Ons hou mos nog steeds verjaarsdag en die versoek was om een van vertonings van die wereldberoemde Cirque du Soleil by te woon. So vroegoggend word die pad Dubai toe gevat. Die sirkus staan langs die Ibn Battuta mall en ons gaan drink eers koffie by Starbucks en wonder bo wonder loop ons sonder sakkies daar uit ... ok nie almal van ons nie, Charmaine het iets nodig gehad. En dan is ons oppad sirkus toe ... lekker dis iets waar ek jare gelede by was. Almal van ons is opgewonde en met drinkgoed en spookasem wag ons om die sirkus wat niks diere in het nie te sien. Ons mag ook nie foto's van die kunstenaars geneem het nie, so van die volgende paar foto's is van hulle eie.Hierdie sirkus het in 1982 begin deur 'n groep straatkunstenaars met 'n droom om rondom die wereld te toer en vertonings te lewer. Hierdie groot ou en ons deel van die skare om sy vinger gedraai. Nadat hulle begin het om in Kanada te toer, volg Amerika met net genoeg geld om die LA fees by te woon. Sou die sirkus misluk kon hulle nie terug huistoe nie. Die toer was 'n groot sukses. Die manne was absoluut ongelooflik op hierdie pale met die toertjies. Daarna durf hulle Europa aan met vertonings in Engeland en Frankryk. Ek kan nie regtig beskryf wat hierdie twee Chinese vroue alles met hulle lywe kan aanvang nie. Hulle toer reg oor die wereld en orals kan die mense nie uitgepraat raak oor die sirkus nie. En dit verstaan ek ook nou want die toertjies (miskien is dit nie die regte woord nie) is iets wat ek nog nie gesien het nie. En dis nie net die kunstenaars nie maar ook die tegniese span en die manier waarop alles beheer, en hanteer word. Die gehoor eet uit hulle hande. Die musiek is uitstekend en die orkes nie soos jou gewone sirkusorkes nie. Die dame wat die liedjies sing tydens die opvoering is baie goed. Van die UAE (Dubai) is hulle oppad Tokoyo en Macau toe indien julle ook wil gaan loer. Met die hele sirkusskare mall toe na die tyd, durf ons maar weer die pad Abu Dhabi aan om liewers daar te gaan eet. Die verjaarsdagmeisie minder gelukkig omdat sy nog wou shop, maar ons maak weer plan. Ons meisies se eerste besoek aan die AD golfbaan waar ons stop om te eet. Is dit nie 'n besonderse klubhuis nie en kyk die kleurvolle blomme. Nie die sandbaan waar ons groep by het nie - mens sal nie dink dis 'n woestyn as jy so na die prentjie kyk nie. Vir die van julle wat golfspeel, al die golfkarretjies het aircon in en hierdie een waarin James sit het selfs 'n CD-speler. Watter tipe liedjies sal mens hier na luister?

18 comments:

Desire Fourie said...

Oh wow Sandra. Die Cirque du Soleil is een skouspel wat ek nog altyd in lewende lywe wil sien. Dis definitief dieselfde op TV nie. Jou fotos het ongelooflik duidelik uitgekom vir donker binnenshuise omstandighede. Weet jy watse settings jy op jou kamera hiervoor gebruik het. Daardie golfbaan is regtig 'n oase in die middel van sand. Indien jy nog nie aan my blog candy deelgeneem het nie, bons gou oor na Doing Life. Mooi bly.

Sandra said...

Hulle is ongelooflik goed Desire. Die kunstenaarsfoto's is nie myne nie, ek oefen maar nog met die kamera.

retha said...

Hierdie sirkus lyk na iets wat ons ook sal wil sien. Ek is weer eens verstom oor die geboue daar, die klubhuis wat soos n arend lyk! ook se ek die blomme en gras lyk baie mmoi. Mens dink nie daaraan dat lugversorge karretjies nodig is nie.

Mariette. said...

Oee lekker, Ons wil so graag gaan, maar ek dink nie ons klien rakker sal stil sit nie. - Dalk 'n volgende keer.
Sieg se hy gaan ook 'n plan maak om weer die golf stokke opte neem.

lekker week

Sandra said...

Dit is beslis iets om te sien Retha. In die somer is die karretjies met a/c verseker 'n lafenis in die hitte dink ek.

Mariette ek's seker hy sou gefasineer wees en doodstil gesit het. Sieg moet maar skree as hy wil golf, hier is 'n paar manne wat kan saamspeel - al begin hulle net met die ADEC se 9 putjies.

Nimsi se Blog said...

Het al van hulle vertonings op tv gesien maar is seker die werklike belewenis is iets besonders. Behalwe vir die hitte, kom julle ooit agter jul woon in die woestyn? Wonder wat sal die golf spelers hier dink van so n "fensie" karretjie.
Nimsi

William said...

Thats so unfair!!! its also one of the things on my bucket list. i so wanted to go see it. julle is very lucky!!

Sandra said...

Nimsi met die sand wat so in die lug hang en die reen wat water en sand reen kan mens half nie vergeet jy's iewers waar daar baie sand is nie. Maar die tuine en fonteine kan mens ampertjies daarvan laat vergeet.

As jy en die sirkus weer dieselfde tyd in die land is seun neem ek jou spesiaal, belowe!

Die-arme-William-se-pa said...

Ja my seun, ek sal seker maak jou ma vat jou deur saam te gaan om te check!

In the mean time keep a watch out for one of the clowns, on his way to South Africa shortly.

He is on one of the photos, sitting!

Nelmari said...

I didn't know you were going to South Africa dad!!!

lol jk =D

Jan and Miekie said...

Wat 'n belewenis! 'n Mens moet tyd maak vir ervarings wat 'n mens 'n leeftyd lank sal onthou. Lekker bly in die "woestyn". Ek dink dikwels jy trek ons been oor die "woestyn" gedeelte, maar daai fotos is definitief ook nie van S.A. nie!

Anonymous said...

Hi William, I also think it's unfair ;-) julle was regtig lucky om dit te sien Tannie en ek is seker my ma het dit ook gate uit geniet! Sal maar net weer moet gaan... liefde Elriza

Sandra said...

Nelmari ek het half dieselfde vraag in gedagte gehad!

Daar is dae wat dit maar net soos "huis" voel Miekie en ander dae wat jy baie goed sien en voel dis die woestyn.

Dit was groot pret Elriza, en ja as jy en William en die sirkus weer in dieselfde plek is, maak ons weer so!

Charmaine said...

Dit was regtig 'n ongelooflike ervaring en baie dankie dat ek saam met julle kon gaan.

Muriel said...

Wow!! fantasties!!

Ek was so lank terug by 'n sirkus ;(

Liefde
x x

Sandra said...

Was lekker om jou saam met ons te he maat!

Muriel is die lewe dan nie 'n sirkus nie :-)?

Thea said...

Ek dink laaaankal nie meer 'n woestyn is 'n boring plek nie!! :-)

Jou foto's is pragtig Sandra! Ek hou veral van daai tweede een van die sirkustent. En die karretjie waarin James ry is te oulik vir woorde! Hehehe... ek sal heeltyd in so karretjie wil rondry eerder as om golf te speel! :-)

Leane said...

Sjoe! Die sirkus lyk ongelooflik! Ek sal dit maar moet gaan kyk as hulle weer daar n draai maak, so James moet maar weer saam (wat tog te oulik lyk in die golfkarretjie).