Friday, April 24

Wat het ons stemdag gedoen?

Nou nie vakansiedag gehad soos almal by die huis nie en ook nie in toue hoef te gestaan het vir stem nie, maar ons het aan ons mense en ons land gedink. Ons het darem iets bietjie Suid-Afrikaans gedoen en gaan braai in die paleisparkie. Die sandvlooie Siegfried en Mariette het kom saam kuier dat die klein sandvlooietjie bietjie met Charmaine se brakkies kon speel en ek met die kamera. Nou braai hier ouens (dis nou in 'n parkie en nie by mens se huis nie) is anders - dis in weggooi braaie en mens maak dit brand en dan braai mens die vleis :-). Siegfried het weer 'n klein gasbraaier vir hulle goed gehad en alhoewel dit anders is, dis nou 'n BBQ, ruik die braaivleis net soos huis s'n. Die honde het gedink hulle is op 'n kamp en orals rondgehardloop. Elke hond, wat baie groter as hulle is is aangeval en dit was omtrent snaaks. Ek dink die honde wou net vir ons besig hou want kyk net op die foto's hoe skarrel almal rond om die groot hond van die kleintjies te beskerm en daai twee hardloop rond asof hulle glimlaggies op daai bekke het. Maar die dag het eintlik begin met kleinvlooi Christiaan wat met die honde wou speel. Kyk net hoe mooi stap hy met hulle aan die leiriem. Taffee ewe geduldig saam. Ons het die kleinman se segoed en dingetjies vreeslik geniet en dit was heeltemal anders as die oefen-oumas se dogtertjies waarmee hulle gewoonlik speel. Die hondjie regs is omtrent 8 arabier kindertjies se hond en hulle het glad nie geweet hoe om met die hond te werk nie. Gou-gou het ek hulle 'n les gegee hoe om die hondjie vas te hou, te druk en soentjies te gee en Christiaan wys hoe. Ons was baie jammer vir daai klein hondjie en ek hoop dat hy die week sal oorleef.Nelmari wat net so erg oor die twee brakke is het net so lekker met hulle gespeel en toegelaat dat Christiaan haar rondjaag. Teen die einde van die aand was groothond Taffee en kleinvlooi Christiaan lekker vriende. Die ander brakkie Didi het op sy ma se skoot weggekruip. Dankie julle vir die lekker saamkuier en braai ons moet weer so maak.

9 comments:

Charmaine said...

Dis baie spesiaal om almal so saam te kuier en baie dankie vir die pragtige fotos maat. Klein Christiaan is so 'n vreugde. Ek dink ons sal maar meermale moet saamkuier dat die "vlou saam met hom kan happet" :-0)

Mariette. said...

Dit was regtig 'n heerlike kuier julle! Baie Dankie! Ons het dit geniet, en behalwe vir die lekker geselskap en kuier was die weer fantasties gewees- so spesiaal vir ons piekniek beplan of hoe?

Nelmari- Dankie dat jy met seuna gespeel het jy is sy beste vloutjie en jy happet lekker vinnig se hy.

Pragtige kiekkies Sandra -Dankie Charmaine vir jou 2 'seuntjies' hulle is die Hero's van die week! Ons maak weer so.

Groetetjies!

Sandra said...

Maat en jy dink die "vlou kan saam happen?"

Ek dink dat hy ook maar gesien het dat die ouma-tannies nie so kan happet nie Mariette. Lekker naweek!

Anonymous said...

Ai dis so sweet!!! Ek is mal oor daai weggooi-braaiertjies, dit lyk na min moeite en min mors! Lekker inskrywing Sandra!

Desire Fourie said...

Dit lyk alweer asof Charmaine se hondekinders alweer die sterre by die braai was. So bly julle kon darem 'n braai geniet. Mooi bly.

Nimsi se Blog said...

Nelmari my kind, maar daai skop van jou is uit n boek uit man!
Christiaan, ou vlooitjie, oor n bietjie meer as n maand gaan ek jou smile "beat"!
Nimsi

Sandra said...

Pikkie hulle is lekker. Kan nie onthou of mens hulle in SA kry nie.

Die brakke sorg vir baie fun Desire en ons is mal oor hulle.

Ek kan self nie wag vir daai foto's oor n bietjie meer as 'n maand nie Nimsi :-)

James said...

Ek kan beslis sien dat hier Blogger nou baie profesioneel raak met die fototjies. Nou vertel die prentjies al baie meer van die storie self.

Ek dink mens verwag maar altyd mens se ouers om bietjie 'technological uninformed' te wees se ek is beslis verras met hoe gou die blog meer ingewikkeld raak.

Baie mooi! Geluk met die oulike blog.

Sandra said...

Dankie seun ... wat was daai bedrag nou weer? :-)