Die woestyn hier is verskriklik mooi want die duine is regtig allerhande kleure.
En natuurlik het ons so baie kamele gesien. Lanklaas soveel swart kamele bymekaar gesien. Het hier gedink aan 'n ou blogvriendin wat so dol oor kamele was.
Het julle mos vertel van die nuwe kampterrein wat ons wil uitprobeer en die afgelope naweek was dit sulke tyd. 'n Paar tieners en jong mense het saamgegaan om te gaan perdry in die woestyn.
Weereens was ons opgewonde om die mooi terrein te besoek, dis regtig soos 'n oase en veral die jongmense kon nie genoeg foto's neem nie.
Reg in die woestyn maar met genoeg groen rondom mens - mens moet net onthou hier in die woestyn beteken skaduwees nie noodwendig koelte nie.
Met die kamele wat rustig aandete eet, begin die tieners regkry om met sonsondergang te gaan perdry. Elriza wat veel korter as hulle is, maak seker die "pette" is stewig vas.
Die sonsak en daar gaan hulle.
Met die terugkom het die kamele klaar geeet en toe kom hulle vir aandag Het die klomp jongmense dit geniet?! Hulle vryf sommer hulle koppie so in die kinders se nek in.
Daar is soveel mooi ligte orals op die terrein en ons kon nie wag dat dit moet aangaan nie.
Alles is verlig en die tente word opgeslaan vir die aand. Met die son wat so warm bak, kan mens nie die tente op die gras opgeslaan hou nie, so ons kon dit slegs vir die duur van die aand doen.
Daar is lekker vuur gemaak en gebraai en toe is dit tyd vir boeresport. Jonk en ouer het saamgespeel.
Toe weer terug vuur toe vir marshmallow braai, sing en bietjie gesels.
Laat die nag of vroeg die oggend het die jongmense nogsteeds met die kamele gekuier en die jonger klomp het gesingstar net om baie vroeg met sonopkoms reg te maak vir die sonsopkoms-rit. Ons almal het dit regtig geniet. Bietjie styf van deur die duine loop die heeltyd (sand is beslis goeie oefening).
Loer gou hier na die kombuis waar die stowe nog toegedraai is - en dit nou soveel gaan kos om dit te diens en laat werk dat die goedkoper is om dit met nuwes te vervang. En die verhoog wat al die nuutste tegnologie en toerusting het wat enige event maar van kan droom. Foto onder regs is van die "losies" waar mense kan sit en kyk na die opvoering of konsert.
Met al die kinders oppad huis toe het ons gou gaan hallo se vir die diere op die plaaswerf wat net so lief is vir aandag.
Ek het natuurlik nou net Nelmari en Elriza se foto's geplaas, maar as julle van die ander gebeure wil sien, gaan loer op ons kindergroepblad hier.
Julle het nog 'n dag om te gaan, maar ons naweek begin en daar is groot planne !!!! Sal julle vertel!
Liefde
Vir al julle “burger fans” hier is iets nuuts op die spyskaart om te probeer. Nie ‘n beef-, hoender of visburger nie, maar ‘n …… kameelburger!
Volgens ‘n beriggie in die plaaslike koerant is hierdie burger besig om taamlik gewild onder die plaaslike inwoners en toeriste te word. En vir die vir wie dit belangrik is , en wie dit natuurlik sal glo, hierdie quarter-pounder is blykbaar vet en cholestrol vry!
Twee eetplekke in Dubai verkoop hierdie gewilde eetding en dis nogal nie in hierjy malls nie hoor!
Behalwe dat dit kameel is, wat my bekommerd maak is dat kameelvleis blykbaar harde vleis is en die eienaar van die restaurante se dis 'n geheim hoe hulle dit sag maak, behalwe deur speserye ens. te gebruik. Die prentjie wat ek in my kop kry vat my eetlus weg.
Die kameel-patty weeg so 120 gram en word bedien saam met skyfies en groenslaai. Hulle gebruik nie 'n gewone burger rolletjie nie, maar 'n vars gebakte "khameer" brood (ronde gis broodjie). Dan word die gebruiklike kaas en hulle eie maak sous bygesit. Dit kos so dhs20 (R40) en mens kan as jy wil dit afslug met kameelmelkskommel of koeldrank.
Enigeen honger?
‘n Klomp kamele in hulle kamp in die woestyn.
Kyk net hoe vorm die wind die woestynsand.
Die son besig om te sak oor die woestyn en sy neem vir Eddie af wat ‘n entjie gaan stap het.
En dan die kamele wat baie nuuskierig na die mense in die motor kom kyk het en ook mooi vir die kamera glimlag.
Die woestyn-inn waar mens die lekkerste eetgoed kry.
En ‘n klein kammie wat gelukkig nie saam huistoe gekom het nie. Ek gee nie om as sy so af en toe vir hom/haar in die woestyn gaan kuier nie.
En terwyl ons nou op die kameelonderwerp is, klein Injay (beteken achievement) is begin van die maand na 378 dae van swangerskap gebore in Dubai as die eerste gekloonde kameel ter wereld. Die klein dingetjie het 30 kg by geboorte geweeg en is reeds met DNA toetse getoets om te bevestig dat sy presies dieselfde lyk as haar "ma".
Die feesvieringe sluit onder andere 'n skoonheidskompetisie wat "Mazayina" genoem word, vir kamele in, ek weet nie of die wenner Juffrou Abu Dhabi kameel of wat genoem word nie, 'n kameel veiling, kompetisie vir die verpakking van dadels (dis nou nie deur die kamele nie) en 'n craft mark waar vroue meeding in tradisionele handwerk. En dan is daar nog 'n beste foto kompetisie en 'n gedigte oor kamele kompetisie. Hierdie kameel is duidelik nie gelukkig met die reels van die kompetisie nie.
Die "Mazayina" kompetisie het inskrywings van 2000 kameeleienaars gekry wat omtrent 24000 kamele sal wees en die pryse beloop meer as Dhs40 miljoen (R100 miljoen). Hierdie kameel lyk na 'n goeie kandidaat vir 'n prys.
By die souk (julle weet nou dis 'n straatmark ne?) was daar 150 winkels waar hulle ook tradisionele vaardighede mbt handwerk gewys het en 1100 het hier deelgeneem. Die mense het sommer tydens die fees tent/kamp opgeslaan in die woestyn.
Maar dis oor die kamele wat die festival gaan en die organiseerders wil deur hierdie poging probeer om sekere Asayed (pedigree) en Majahim (donker-kamele) behoue te laat bly. Verlede jaar was die beste prys vir 'n kameel op die veiling Dhs15 miljoen.
Die wenner is op die 2de Januarie aangewys, maar die "naam" is nie bekend gemaak nie. Hulle het wel gese dat die eienaar van die wenkameel oa 'n Range Rover gewen het. Kyk net hierdie deelnemer se gesig is selfs "gehenna" vir die geleentheid.
Is dit skoonheidskompetisie met modelle? ..... nee dis kamele! Verlede week tydens die Kameel Festival wat buite Abu Dhabi plaasgevind het, het kamele van oral oor deelgeneem aan die kompetisie om die mooiste kameel in die Midde Ooste te kies.
Dit was 'n feestelike geleentheid met die duine wat toegapak was met tente en "krale" orals. En vir sewe dae het eienaars met hulle kamele daar uitgekamp. Elkeen met die hoop om pryse ter waarde van Dh35 miljoen en 100 4X4 te wen. Deesdae ry die Bedoune met 4X4's agter hulle troppe aan. Een ou het al die pad van Saudi gekom om sy drie donker kamele in die Majahim (donker vel) kompetisie in te skryf. Nog 'n ander man van Saudi het 20 kamele gebring ook met donker kamele. Blykbaar hoe donker hoe beter en as hulle nog 'n groot kop, lang nek en ore in proposie het, dan is dit regtig 'n goeie kameel.
'n Ander kameel met die naam van Soghan is 8vt lank met 'n stert wat soos 'n leeu se maanhare lyk en die res van sy soos die leeu se kleur. Hy is 'n Asayel (opreg) met 'n lang stamboom. Blykbaar is kamele soos hy ook skaars aangesien daar deesdae baie Omanie en Sudanese kamele gekruis word vir vinnige renkamele. Hy het volgens die eienaar vol wange, lang nek en reguit bo-bene. 'n Goeie kandidaat vir 'n wenner.
Die kompetisie is nog nie klaar nie, so ek weet nie wie was die wenner nie, maar dit sal net die ouens wees om so iets met sulke groot pryse te hou. Vir my is die kameel se oe die mooiste en lyk nie asof dit punte tel nie.
Hierdie een is reg om vir Corli 'n soentjie te gee.
Daarna het ons hulle ook die kameelresiesbaan gaan wys. Hierdie klompie is besig om al langs die 10 km lange baan te oefen. Die resies kamele is die met die kombersies oor.
Nie lank terug nie het jong kinders jokkie gespeel tydens wedrenne. Dit is nou volgens wet verbied en omdat die gewig op die kameel se rug lig moet wees, moes hulle 'n ander plan maak. Kyk mooi op hierdie ou se rug. Hulle het 'n remote sweep wat die ou piets terwyl hy hardloop. Ons het vir 'n tydjie gekyk waar hierdie ou geleer word om op die sweep te reageer maar hy was baie koppig en het geweier.
Swart kamele is nie net skaars nie, hulle is ook waardevol. Hierdie kleintjie was by die baan.
Na 'n lang woestyn trip is daar altyd iemand wat slaap. Nelmari en Corli het beide uiltjie geknip.
By die huis gekom was hulle glad nie meer moeg nie en speel toe singstar. Hier boelie Corli my arme oudste.
Die duikweg was ook op Annie se lysie. Hier word sy afgeneem saam met die Arabiese vroue wat die haredans doen.
Corli, Arabier met valk en Annie. Pragtige mosaik teels. (Annie en Corli is rerig)
Die drie stap terug deur die duikweg. Charmaine, Corli en Annie
Onder die palmbome
Die naaste wat hulle by Eddie se werksgebou sal uitkom.
Natuurlik moes ons nog aandete ook ....Corli vat 'n hap