Showing posts with label piekniek. Show all posts
Showing posts with label piekniek. Show all posts

Friday, April 24

Wat het ons stemdag gedoen?

Nou nie vakansiedag gehad soos almal by die huis nie en ook nie in toue hoef te gestaan het vir stem nie, maar ons het aan ons mense en ons land gedink. Ons het darem iets bietjie Suid-Afrikaans gedoen en gaan braai in die paleisparkie. Die sandvlooie Siegfried en Mariette het kom saam kuier dat die klein sandvlooietjie bietjie met Charmaine se brakkies kon speel en ek met die kamera. Nou braai hier ouens (dis nou in 'n parkie en nie by mens se huis nie) is anders - dis in weggooi braaie en mens maak dit brand en dan braai mens die vleis :-). Siegfried het weer 'n klein gasbraaier vir hulle goed gehad en alhoewel dit anders is, dis nou 'n BBQ, ruik die braaivleis net soos huis s'n. Die honde het gedink hulle is op 'n kamp en orals rondgehardloop. Elke hond, wat baie groter as hulle is is aangeval en dit was omtrent snaaks. Ek dink die honde wou net vir ons besig hou want kyk net op die foto's hoe skarrel almal rond om die groot hond van die kleintjies te beskerm en daai twee hardloop rond asof hulle glimlaggies op daai bekke het. Maar die dag het eintlik begin met kleinvlooi Christiaan wat met die honde wou speel. Kyk net hoe mooi stap hy met hulle aan die leiriem. Taffee ewe geduldig saam. Ons het die kleinman se segoed en dingetjies vreeslik geniet en dit was heeltemal anders as die oefen-oumas se dogtertjies waarmee hulle gewoonlik speel. Die hondjie regs is omtrent 8 arabier kindertjies se hond en hulle het glad nie geweet hoe om met die hond te werk nie. Gou-gou het ek hulle 'n les gegee hoe om die hondjie vas te hou, te druk en soentjies te gee en Christiaan wys hoe. Ons was baie jammer vir daai klein hondjie en ek hoop dat hy die week sal oorleef.Nelmari wat net so erg oor die twee brakke is het net so lekker met hulle gespeel en toegelaat dat Christiaan haar rondjaag. Teen die einde van die aand was groothond Taffee en kleinvlooi Christiaan lekker vriende. Die ander brakkie Didi het op sy ma se skoot weggekruip. Dankie julle vir die lekker saamkuier en braai ons moet weer so maak.