Wednesday, April 29

Groot nuus van Bloem

Vir 'n hele paar dae loop die man met die ring in sy sak en wag vir die geleentheid om die groot vraag te vra. Dalkies was hy bang .... Intussen stuur hy darem foto'tjies vir my om reg te he vir wanneer hy eintlik die moed bymekaar skraap.

En eindelik verlede Sondagaand vra James die groot vraag en Leane se Ja.

Baie geluk met die groot stap en julle verlowing James en Leane! Dis verseker 'n baie opwindende tydperk wat nou voorle en ons wil alles weet :-).

24 comments:

Nelmari said...

Congrats!!!
Yay! I'm not the only girl now..lol
I'm glag he finally popped the question.
All the best!!
xx tc

Charmaine said...

Baie baie baie geluk julle twee. Ons juig saam met julle en dis darem rede vir groot feeste. Ek bid dat Vader julle sal bind met 'n band van liefde.

Anonymous said...

Sjoe! Dit IS groot nuus. Baie geluk!

Sandra said...

Ek's seker jy gaan daarvan hou om nie meer die enigste meisie te wees nie sussie, maar jy gaan darem nog die grootste wees :-)

Stem maat!

Teken van oud word vir my boendoe. Julle moet die "toer" geniet hoor!

Nimsi se Blog said...

Baie geluk James en Leane! Mag julle twee se saamwees waarlik net mooi wees!
Geluk Sandra en Eddie.

Nimsi

Mariette said...

Baie geluk julle 2!
Mag hierdie'n lekker tyd in julle saam wees,-wees.

Muriel said...

Baie geluk James en Leane!!! Mag julle altyd so gelukkig saam wees! :)

mariki said...

Baie geluk -- ag, dis SO 'n fantastiese tyd in 'n mens se lewe -- geniet mekaar en mag die lewe vir julle net die beste bring!

Pa-van-die-man-wat-kan-vrae-vra said...

Baie geluk julle twee en weereens, ek is sommer baie trots op julle!

Vinnige aangee van die foon aan Leane' gewees daai ne' James, dat sy nou vir my moet vertel hoe braaf jy (uiteindelik) was.

Jammer ek kon toe nie nog die besoek daar in Bloemfontein inpas nie, ek en die Smiths het maar gistermiddag by die nuwe hawe op Hermanuspietersfontein se eetplek julle geluk gaan vier.

Oom Jan laat weet jy is 'n regte karnallie!

Anonymous said...

Baie, baie geluk!!! Dit is altyd vir my so wonderlik om te weet voor ons nog gebore was het God al vir ons elkeen daai spesiale ander helfte uitgesoek... Wees Geseënd!!!

Will.I.Ar said...

Goodluck to you brother. hope i can come and visit... Atleast she is small and easy to feed.

Anonymous said...

Baie geluk! Dis great!

Desire Fourie said...

Baie baie geluk Sandra ... julle is seker in ekstase. Ook geluk and James en Leane ... geniet die jong liefde. Mooi bly.
NS: Ek hou baie van die uitleg met hulle kinder fototjies.

jackieo said...

James en Leane - baie geluk aan julle twee. Wees lief vir mekaar en mag julle geseend wees in alles wat julle doen (ek dink ek sal darem 'n cool skoonma wees, James) en Sandra en Eddie aan julle ook baie geluk

Leane said...

Dankie vir al die mooi wense! Ons sien baie uit na ons toekoms saam. Solank ma net nie so n cool skoonma wil wees dat ma altyd aan sy kant is nie ;)

James said...

Ek het maar besluit om op my eie te comment so vir oulaas. :) Dit is nogal 'n vreemde gevoel, maar soos Leane gese het kan ons net smile. Ons sien baie uit na wat nog wag in die volgende paar maande en jare en weet dit gaan baie opwindend wees. Ek weet amper nie wat om te se nie.

Baie dankie vir al die wense, en eks seker die blog sal almal op hoogte hou.

eilandkind/islandchild said...

Baie geluk! Jy kry nog 'n dogter Sandra, dit is seker lekker!

retha said...

Baie geluk se ook.
Dit is goed om te sien hoe families uitbtei! En ma's en skoonma's saam met die kinders bly is.

Ronelle said...

Baie geluk James & Leane!! Nou lê die lekkerste deel van saamwees voor - die uitsien na en beplan vir die troue.. eendag(wanneer??? en waar???) ;-)

James said...

hehe... Nog geen vaste datum nie, klink my dis wat almal wil weet. En die waar lyk my na iewers in die kaap, maar die beplaning gaan nog stadig voort want ek maak dit vir leane baie moeilik. :p

Ronelle said...

:-) Ek is bly julle kies die mooiste plek in die wereld om te trou...!!! En moet dit tog asb nie so moeilik maak vir Leane nie!!
Toe Renier kom ouers vra het hy ons belowe hulle gaan 5 jaar verloof wees (so Monique kan nog 5 jaar kind in ons huis wees) - en binne 1 jaar was hulle getroud en landuit!!

Sandra said...

Dankie vir almal van julle en die goeie wense vir die kinders. Lyk my ek moet ook maar die blog dophou om te sien watter planne gemaak gaan word. :-)

Heleen said...

James en Leane, baie geluk julle twee.... dit is n pragtig tyd in n mens se lewe, geniet dit!
Lovies
Heleen

Thea said...

Dis wonderlike nuus!! Baie geluk aan julle (James en Leane) en ook aan jy en Eddie Sandra!