Thursday, April 23

Geluk julle

'n Gradeplegtigheid was nog altyd vir my so half mostert na die maal. Mens skryf mos jou eksamen in November en kry jou uitslae in Desember en hoekom moet jy wag tot April voordat jy jou graad kry? Dan het baie studente al begin werk en moet hulle "verlof" neem om graad te kry. Dis dan ook hoe James die universiteit laat weet het hy sal dit nie kan bywoon nie, hulle moet maar die graad pos - hoe onpersoonlik is dit? Maar soos dit moes gebeur is hy tans in SA vir 'n visa-run en kon hy sy plegtigheid bywoon - as 'n toeskouer natuurlik. Baie geluk met jou honeurs seun. (Amptelik B.A. Hons Sport Wetenskap). Dan is daar natuurlik Leane wat heeltemal kan wegraak in daardie swart rok wat sy moes dra wat haar B.Sc Geology graad ontvang het. Baie geluk Leane en sterkte met die honeurs. Sue jy wat ook hier ver in die UAE sit, hierdie foto is spesiaal vir jou. Bly jy kon daar wees met Leane se funksie seun. Julle vier moet maar gaan eet waar ons verlede jaar was en Leane op uitgemis het en die rekening stuur. Ons is trots op julle!

15 comments:

Leane said...

Dankie tannie!! Ek het vandag eers besef ek het niks om aan te trek nie so nou moet k gaan doen wat my ma die beste doen - SHOP!

James said...

Ja ne, hierdie jaar se gradeplegtigheid is beslis iets nuuts maar ook van dieselfde. DIt vind plaas op die Vista kampus maar nog steeds moet mens lank stilsit en luister na toesprake.

'n-baie-trotse-pa-van-die-twee said...

Julle twee, baie geluk ek is sommer baie trots op my twee "oudste" kinders!

As plan B uitwerk sal ek dalkies self vir daai uiteet kan betaal en hoef julle nie die rekening aan te stuur nie.

Groete uit 'n nat Kaap.

jackieo said...

HI Sandra n- baie dankie vir die fotos - waardeer opreg. Baie geluk julle twee -is sommer trots op julle en |Leane Ma is lief vir jou - wens ek kon daar wees.

Nimsi se Blog said...

Baie Geluk James en Leane! Julle moet weet die "blog" kinders is ons almal se kinders so ons is opreg trots op julle.
Sandra hoe klink dit dan vir my jy sit alleen daardie kant met al jou "manne" hier by ons?
Nimsi

Muriel said...

Baie geluk James en Leane!!!!

Yes ek is ook trots!!!

baie geluk ook aan die ouers!!! :-)

x x

Mariette. said...

Baie geluk julle 2 nou vir 'n nuwe fase in jul lewe.

Sandra said...

Leane ek hoop jy het lekker kon shop!

Het julle toe gaan eet seun?

Eddie jy kan hulle mos weer uitneem vir ete, ek is seker hulle sal nie omgee nie.

Geluk met jou dogter se graad ook Sue!

Sandra said...

Ons vrouens is alleen ja Nimsi maar ek gaan nie kla nie want oor minder as 3 wekies gaan ek bietjie toer.

Dankie Muriel! Amper naweek ne!

Ja dis omtrent so Mariette :-).

retha said...

Jy is reg dit is soos om opgewarmde droevrugte te eet.(jammer as iemsad anders daaarvan hou)
Baie geluk met die gegradueerdes!

Nelmari said...

Congrats u two!!!
Glad James could be there for u Leane =D

mariki said...

En agteros-tannie sĂȘ… knapgedaan!

Desire Fourie said...

Baie geluk James and Leane. Julle kan voorwaar trots op julself wees. Mooi bly.

Sandra said...

Goeie beskrywing Retha :-)

Mis jy jou boetie Nelmari?

Mariki en Desire baie dankie!

Anonymous said...

Baie geluk! Sandra, as ma kan ek net dink hoe dankbaar mens voel as jou kinders so goed doen. Ek's bly vir julle!