Tuesday, April 7

Ons oefen ...

Ek lees dit orals op die blogs waar ek kuier, almal kan nie wag om ouma te word nie. Reg van die begin van my blog se bestaan, vertel ek al hoe gelukkig ons is om klein mensies hier te he om op te oefen en hierdie naweek het twee op dieselfde tyd kom kuier en hoef ek en Charmaine nie te gedeel het nie. Klein Jennifer is sommer tuis en wil nog gou-gou met die speelgoed speel voordat die dag begin. Dan is Emily ook hier en ons kan die pad winkelsentrum toe vat vir "ouma-training" (dis vir hulle en ons). Klein Emily is al deel van ons sedert daai eerste skreetjie, loer bietjie hier. Nelmari en James baie gemaklik elkeen met een by die sentrum. En dan begin die "oefening". Van daai kleintjies wat gedra moes word het hulle gegroei na twee groot potensiele shoppertjies wat mooi handjies vashou en saamstap. En wat is shop sonder 'n koffiewinkel .... Jennifer en Nelmari deel 'n broodjie. Klein Emily probeer hard om nie vir die kamera te glimlag nie. Met die twee "oumas" by het James nou geen aandeel nie en die ou hou maar die teddie vas. Kom meisies dis nou tyd vir julle shopping-les en wie beter om dit te gee as die bekende groot shoppers van die dorp. Nelmari en die twee oppad winkels toe. Die ander ekspert wys hoe mens besluit wat jy nodig het. En natuurlik gaan mens nie met lee hande huistoe nie. Hulle kan nie wag om hulle "boksies", wat hulle self gekies het, oop te maak nie. Maar as mens 2 is wil jy nie heeltyd stilsit nie, en Jennifer spandeer 'n bietjie tyd voor die spieel. Emily kry kans om op die bed te spring, dis goed wat mens by oumas doen. Vir afsluiting word daar saam met die kitaar gesing. Kyk net hoe wys Jenny "twinkle, twinkle little star". Dit was so lekker om met julle twee groot meisies te kuier en ons hoop om gou-gou weer so te maak.

13 comments:

Nimsi se Blog said...

Nou is ek sommer alle skakerings van groen!
As ek so na die twee poplappe se gesiggies kyk kan ek sien dat hulle die bederf erg geniet het!
Hoop julle kry gou weer n kansie om so n lekkerste lekker dag te he.
Nimsi

Muriel said...

Ag ek drool! Dis 'n baie spesiale inskrywing!! So vol liefde!

Groete

MARIETTE said...

Mens kan nie dink hoe gou die klienmensies groei nie. Hulle word net mooier en mooier.
Hulle geniet hulle oumas -dit kan mens verseker sien!

groetetjies

Desire Fourie said...

Ag hete, die twee is te ougat. Geniet hulle! Kan nie glo hoe die winkelsentrum se vloere skitter nie ... 'n mens sien dit nie baie so hier nie. Mooi bly.

Sandra said...

Nimsi laat ons dit nou maar sag se dat ons kinders dit nie hoor nie - ons dag sal kom :-)

Ons moet maar oefen met al die ander se kinders ne Muriel. Ek sien mos jy's ook "peet-ouma" orals :-)

En hulle "oumas" geniet hulle Mariette! Onthou ons kuier met seuntjies ook hoor!

Ons geniet hulle Desire. Tot my skande moet ek erken dat die blink/skoon vloere so normaal is nou dat ek dit nie sien en waardeer nie. Dankie vir die uitwys --- ek sit dit ook nou op my "waardeer" lysie.

Thea said...

Ek is ook sommer jaloers!! Julle is baie bevoorreg om deel te wees van die 2 oulike dogtertjies se grootword. Ek vang solank tips by jy en Charmaine hoe dit gedoen moet word! Ek het lekker gesmile vir daai bedspringe by die ouma!!

Jan and Miekie said...

Ag ek het nou so lekker gelees aan die pos - en die een toe sy nog 'n babatjie was! Om te dink oor bietjie meer as 'n jaar is Franco al 2 en Martelize oppad soontoe! Die tyd gaan so gou verby, maar hulle raak net ouliker! Dorette is nou al aan't beplan vir Franco se partytjie en ek droom en beplan lekker saam.

Sandra said...

Thea die tips is eintlik baie eenvoudig --- alles wat jy nie gedink het jy kan jou kinders laat doen nie! (binne perke natuurlik)

Tyd gaan gou verby Miekie en as hulle sulke klein grootmensies is wat 'n gesprek kan voer dan kuier mens eers 'n hond uit 'n bos uit

Charmaine said...

Ja dis lekkkeeerrrr om ouma te wees. Die twee het ons omtrent besig gehou... en die segoed! :-) Dis so groot voorreg om sulke ou kleintjies naby te he. Ek stem saam maat, ons moet die blink vloere waardeer. Dankie Desire.. ek sal ook kyk volgende keer.

Oupa-in-waiting said...

Ja, ja, ja, ja, ja, ja, ja!

James, moontlik joune maar ons sal net eers met Leane" moet reel, William jy wag nog 'n stukkie asb dat die swottings kan klaar en jy 'n plaas kan losvry by Tessa se pa, Nelmari, don't even think about it!

Louisa said...

Pragtige fotos, lyk asof julle 'n baie hegte familie is. :-)

Dorette said...

Die twee dogtertjies is te skattig! Bly julle geniet die Ouma speel - is seker die mammas is baie dankbaar vir sulke goeie Oumas.

Leane said...

Ek sien sommer dat ons kinders lekker gaan kuier by oupa en ouma...