Vandat sy klein was, was uiteet by die Spur vir Nelmari 'n groot treat en het sy altyd gekerm sy wil een van die klippe (hot rocks) he. Sy moes wag totdat sy heelwat groter is en toe ... wat gebeur .... spur haal dit van die spyskaart af! So die vreugde was groot oor Vicky wat vir ons plek by 'n nuwe restaurant in Al Ain bespreek het na die dieretuin.
Voor die restaurant was daar die interessantste uitstalling met "plaaslike" kuns en juwele.
Die meisies kon die versoeking nie weerstaan om van die ringe en armbande aan te pas nie.
Crispin was egter meer deur die snaakse pantoffels gefasineer.
Van die kunswerke wat te koop was.
Nelmari het ook iets gesien waarin sy belangstel.
En dan is dit tyd vir ons warm klippe met ons vleis, stysel en groente. Vicky is nie heeltemal seker hoe om die stuk vleis aan te durf nie en moes na die tyd toegee dat dit die beste was wat 'n steak nog vir haar gaargemaak is (sjef Vicky).
Nelmari weet natuurlik presies hoe sy haar vleis wil gaarmaak. Al wat sy nog nodig het om haar te verbeel sy is in spur is cream soda koeldrank.
Crispin het omtrent vir die kamera "gepose" en my die geleentheid gegee om hom af te neem.
Celine hou haar hasies vas en rus bietjie in die koelte. Sy was al een wat nie kon klip nie (Crispin natuurlik ook nie) en dit het my so aan Nelmari gedink, ai om te wag tot mens grootgenoeg is om nie te brand nie ....
Celandre het haar eerste "eie" ete gemaak deur hoender op die klip gaar te maak en sy was omtrent trots daarop en alles opgeeet.
Nelmari het haar gate uitgeniet met al die hasies en honde by die Sloans se huis en daai foto regs wys hoe lyk iemand na 'n klip-steak en appeltert... tevrede. Dankie Vicky en kinders dit was 'n heerlike dag saam met julle. Onthou Abu Dhabi se Brasiliaanse restaurant saam met ons as julle weer kom!!



