Thursday, April 30

Warm klippe in Al Ain

Vandat sy klein was, was uiteet by die Spur vir Nelmari 'n groot treat en het sy altyd gekerm sy wil een van die klippe (hot rocks) he. Sy moes wag totdat sy heelwat groter is en toe ... wat gebeur .... spur haal dit van die spyskaart af! So die vreugde was groot oor Vicky wat vir ons plek by 'n nuwe restaurant in Al Ain bespreek het na die dieretuin. Voor die restaurant was daar die interessantste uitstalling met "plaaslike" kuns en juwele.Die meisies kon die versoeking nie weerstaan om van die ringe en armbande aan te pas nie. Crispin was egter meer deur die snaakse pantoffels gefasineer. Van die kunswerke wat te koop was. Nelmari het ook iets gesien waarin sy belangstel. En dan is dit tyd vir ons warm klippe met ons vleis, stysel en groente. Vicky is nie heeltemal seker hoe om die stuk vleis aan te durf nie en moes na die tyd toegee dat dit die beste was wat 'n steak nog vir haar gaargemaak is (sjef Vicky). Nelmari weet natuurlik presies hoe sy haar vleis wil gaarmaak. Al wat sy nog nodig het om haar te verbeel sy is in spur is cream soda koeldrank. Crispin het omtrent vir die kamera "gepose" en my die geleentheid gegee om hom af te neem. Celine hou haar hasies vas en rus bietjie in die koelte. Sy was al een wat nie kon klip nie (Crispin natuurlik ook nie) en dit het my so aan Nelmari gedink, ai om te wag tot mens grootgenoeg is om nie te brand nie .... Celandre het haar eerste "eie" ete gemaak deur hoender op die klip gaar te maak en sy was omtrent trots daarop en alles opgeeet. Nelmari het haar gate uitgeniet met al die hasies en honde by die Sloans se huis en daai foto regs wys hoe lyk iemand na 'n klip-steak en appeltert... tevrede. Dankie Vicky en kinders dit was 'n heerlike dag saam met julle. Onthou Abu Dhabi se Brasiliaanse restaurant saam met ons as julle weer kom!!

13 comments:

Mariette said...

Mmmm,- Dit lyk heerlik en na pret. Ek hou nogal van daardie eerste foto van jou se aart, het my 'n idee gegee.

lekker naweek vir julle

Desire Fourie said...

Ek het al gehoor van hierdie warm klippe maar nog nooit gesien of self beleef nie. Dit lyk na net die ding, as 'n mens vol nonsens is met hoe jou steak gaargemaak word. Kon sien Nelmari is in haar element en 'n pro! Mooi bly

Charmaine said...

Dit is regtig 'n goeie nuwe ervaring. Die steak op die klip het my ook laat dink dat mens dalk self kan probeer om so klip iewers warm te kry. Wonder hoe doen mens dit.

Sandra said...

Ek sal na my vakansie moet kom kyk na daai idee Mariette!

Dit kan 'n lekker manier wees om vol fiemies mense tevrede te stel en dit is maklik vir die gasvrou ook.

Hulle maak dit sommer in die oond maat. Ek het al gesien mens kan van daai klippe met houers in SA koop.

Nimsi se Blog said...

Nelmarie, as ek so lank soos jy moes wag vir n "warm-klip" ete, sou ek net so n salige glimlag gehad het! Hoop dit was die lang wag werd?

Nimsi

Hoe lank bly so klip warm?

Sandra said...

Sy het dit beslis geniet Nimsi en natuurlik die appeltert met room na die tyd - sy was die enigste een met plek vir nagereg :-).

Die klippe bly nogal lank warm en as dit "lou" word, hou dit die vleis warm terwyl jy eet. Ek het nog nooit gevoel hulle is koud voordat die vleis klaar of die kos op is nie.

Pa-wat-nie-kom-saameet-nie said...

Boggers, wag net dat ek nie daar is om saam te eet nie!

Bly om te sien dat julle die uitstappie "ten volle" geniet het. Ek en my (verloofde) seun sal maar moet beplan om een dag daar te loop golf speel en teen middagete klaar te maak.

mensesondergrense said...

Dankie, Sandra vir die foto's van daardie kinders van my. Ek verlang verskriklik na hulle. Hulle word so vinnig groot, jy kan net nie dink nie. Ons het hulle met 'n uur gemis in Suid Afrika. Baie dankie nogmaals. Wanneer jy hulle weer sien, gee hulle almal 'n druk van my af en laat hulle ook goed verstaan waar die druk vandaan kom. Annatjie

Sandra said...

Eddie dis nou nie asof jy nog nie daar was sonder ons nie ..... En en asof jy nerens gaan uiteet het in die Kaap omdat ons nie daar is nie .... Ons verstaan heeltemal.

Annatjie ek het nogal aan jou gedink toe ek dit opsit. Hulle's my kinders ook :-).

Sandmensie said...

Sjoe ek voel geëerd om soveel ma's te hê,onthou net die sakgeld Sandra..
Grappie, julle liefde en omgee is meer as enige geld!

Sandra said...

Vicky ons kan praat oor die sakgeld sodra jy jou huiswerk gedoen het :-)

James said...

Ek sit nounet en onthou toe die 2 'dames' klein was in abu dhabi en soos n tweeling gelyk het met hul krul hare.Dit lyk my is ook al lankal verby.

Ek was juis anderdag lus vir n hotrock maar n eisbein moes maar doen. Darem n gesonde vark gewees. :)

Sandra said...

Ja seun hulle het groot geword en jy word oud!!