Wednesday, April 15

Ons Paasvieringe

Net so 'n bietjie meer as 'n jaar terug het ons die wonderlike voorreg gehad om die Esterkonferensie - Lig jou sluier in Dubai by te woon. Hier was die storie daaroor. 'n "Opvolg" Ken jou Naam was die afelope naweek gehou en weer het honderde Suid-Afrikaanse vrouens die geleentheid bygewoon. Hier uit Abu Dhabi het 'n klomp vrouens opgeruk Dubai toe en baie spesiaal was die feit dat ons hele vroue-omgeegroep dit sou bywoon. 'n Gelag en gekekkel al die pad van die huis tot die vulstasie vir koffie tot die konferensie! Daar was ons ook bevoorreg om vir Louis Britz en Wanda de Kock-Bam te he om die lofsang te lei. Wat 'n ongelooflike ervaring. Dis vir my moeilik om die konferensie in 'n blog saam te vat, en gelukkig het ek 'n maatjie wat dit gedoen het, so gaan lees bietjie hier . Vir my bydrae loer en luister na die foto's en video.






15 comments:

Heleen said...

Sandra ek weet nie hoe om dankie te se vir die feit dat jy ons gehelp het om saam te kon gaan. Dit was n belewenis wat vir altyd by my sal wees en ek weet ek is n gekroonde kind van die Here. !!!!
Die foto's is pragtig en ek pik sommer weer n traan, asof ek nie genoeg gehuil het nie, ne. Al wat ek nou nog kan se is WOW WOW WOW !!!!

Charmaine said...

Dis so pragtige weergawe maat. Dis baie spesiaal hierdie geleenthede om baie naby aan ons Pa te wees en ja, 'n koningin te wees. Hoe geseend is ons nie.

Thea said...

Baie, baie mooi gedoen Sandra!! Vir my is dit verskriklik wonderlik om te dink dat julle so 'n byeenkoms in 'n Moslemland kan hou en nie vervolg word nie.

Sandra said...

Heleen julle sal nie weet hoe spesiaal dit vir ons was om te sien hoe julle gekroon word nie! Is dit nie cool nie, ons hele groep is Gekroonde Kinders!!

Dit bly 'n spesiale konferensie maat ek stem en om dit so saam met julle te doen is 'n groot blessing.

Dankie Thea - met jou hulp! Dit is spesiaal dat so 'n groot groep van ons bymekaar kon kom. Wys jou net wie is in beheer ne.

Muriel said...

Baie spesiaal en mooi gedoen!

Nimsi se Blog said...

Dankie vir hierdie deel Sandra! Julle is inderdaad baie bevoorreg.
Nimsi

Man-van-die-koningin-in-donker-Afrika said...

Net jammer die parafien rekenaar waarop ek sit en kyk hier in die middel van donker Afrika wys geen prentjies nie, nou moet ek nog twee dae wag voordat ek kan sien hoe soet julle was.

As ek egter moet gaan op die gesels en gelag buite in die straat voor die wegtrek is ek 'n bekommerde man.

Anonymous said...

Ai Sandra wat 'n belewenis! Julle was baie bevoorreg! Ek is mal oor jou slideshow!

Sandra said...

Dankie Muriel!

Ons is Nimsi, Pappa het ons groot bederf.


Dankie Pikkie ons is.

Jan and Miekie said...

Oe Sandra dit was 'n baie spesiale naweek! Jou video is baie mooi. Soveel liefde en soveel mooie kroontjies. Elkeen lyk soos 'n koningin. Ag die Vader bederf ons darem baie!

Mariette said...

Dit is 'n baie mooi video. Mens kan sien julle het 'n groot blessing ontvang.

Sandra said...

Dankie Miekie - ons is ongelooflik bederf!

Eintlik gewens jy kon ook daar wees Mariette, dit was 'n groot blessing.

Anonymous said...

Hi tannie,

Ek het nou die clip gekyk, dis vreeslik nice gedoen, ek kry sommer weer hoendervleis!!

Monique

eilandkind/islandchild said...

aa, ek het al vergeet van Lous Britz, ek was altyd mal oor sy musiek.
Sal hom weer opsoek!
Dankie vir die herinner.

Sandra said...

Dit was spesiaal ja Monique.

Hy's 'n wonderlike mens binne en buite Eilandkind en hy skryf wonderlike musiek en is 'n verskriklike goeie musikant en en ek geniet sy musiek ook :-)