Sunday, April 12

Die Vrystaatse invloed

Ultra-stoppe in Kroonstad en Bloemfontein en die vrouemonument was my seuns se idee van die Vrystaat. Ek het boonop 'n Vrystaatse vriendin wat liries kan raak oor goed wat ek glad nie sien nie en ek het net geweet die seuns gaan meer van die Vrystaat leer tydens hulle studies. James is nou klaar geswot en ek weet nie of sy indrukke verander het nie, maar William het nou tydens die vakansie kans gekry om bietjie meer van die "platteland" gedeelte te ontdek. Met die vakansie het hy 'n paar dae saam met Tessa op die plaas gaan kuier. Hier is sy "storie" met bietjie kommentaar van my af. I went with Tessa to their farm for 10 days. We stayed at the school "koshuis" the first two days because her brothers and sister still had school. Standing in a foodline was something new too me. (darem onthou jy een afrikaanse woord seun en het jy vergeet van die voortrekkerkampe se kosrye). On our way to the farm, Nelie (Tessa's sister) got the present i bought her in Abu Dhabi in January and she was very happy about it. The next day we had to go watch Tessa's two younger brothers pariticpating at a athletics competition. Peet in the high jump and Johan in the 1500 m. Back at the farm it wasn't all fun and games. One of the bulls came back to the farm, in pieces and we had to make wors. First we had to cut the meat in smaller pieces. Peet is trying a new meat mask which will hit the stores soon. (Ek is seker jy het die besigheidsmoontlikhede gesien, maar jy weet mos mens speel nie met kos nie). After making the wors its time to test it. Tessa busy packing some of the wors. Of course there was some fun too. I got to be a cowboy (seun boere dra mos nie jeans en waar kry jy die hoedjie)and had to chase bulls around and count cows all from the back of a horse, now that was an experience. Just want to say thank you to Tessa's family for a great time!
Van ons kant af ook dankie dat hy daar kon kuier en vir al die bederf!

14 comments:

Nelmari said...

Next time try and find a bigger horse William

Father-of-the-Cowboy (or is it Bull-boy?) said...

Mooi werk my seun, jy lyk sommer spoggerig daar op die perd se rug jong!

As hulle nou 'n kameel of twee gehad het kon jy hulle mooi wys hoe ry 'n mens daai masjiene, sal maar vir Tessa Desember moet wys as sy kom kuier.

Anonymous said...

Ag, lekker!
In watter omgewing is die plaas, Sandra?

James said...

Ek het baie komentaar om te lewer maar sal liewers stil bly. Mooi werk William, bly jy kon 'n kansie kry om te 'plaas'.

Sandra said...

Sussie hy moes sy voete naby aan die grond he.

Boendoe ek weet net hy het dit geniet - sal moet uitvind waar dit is :-).

Dis nie mooi nie seun, nou is ek baie nuuskierig. Jy moet maar die kommentaar mail - solank dit mooi kommentaar is.

Jan and Miekie said...

Ek is seker hy is weg met 'n "kom kuier weer"! Toe my kleinnefie klein was en by my Ouma Plaas gekuier het, is hy daar weg met "Ek kom weer hoor" Is dit hoe jy gevoel het James? Jou kriptiese kommentaar laat my wonder.

mariki said...

Julle trek die man se siel darem vreeslik uit! Volgende keer laat weet hy niks.

Charmaine said...

Ai ja hoe verlang my Vrystaat hart nou terug na al hierdie wonderlike spesiale dinge. William moenie dat enige iemand jou spot nie. Jy pas baie goed in die prentjie :)

William said...

Nelmari there is nothing wrong with the horse!( dis 'n regte boere perd)

Thea said...

'n Kuier op so 'n mooi plaas en nog 'n mooi boerenooi boonop!! Wat meer kan 'n man voor vra?!!

Desia said...

Ai, hoe verlang ek nou na die pragtige Vrystaat.
Ek het altyd gedink die Vrystaat is so plat en vaal, al het ek 11 jaar in Bloem gewoon, totdat ek in die "Prairie" provinsies van Kanada kom woon het...praat nou van jou hond sien wegloop vir drie dae.

Nimsi se Blog said...

Ek stem saam William - dis n mooi perdjie daai!
Nimsi

Sandra said...

Ek's baie seker hy gaan weer kuier Miekie - die man het dit vreeslik geniet.


Mariki hy weet wat is goed vir hom, hy sal laat weet :-)

Maat ek het geweet jy sal die Vrystaat en William se kant kies.

William!!! Jy kan boereperd skryf :-)!!!

Sandra said...

Jy se dit Thea :-)

So mens kan lekker "track" hou van die kinders se rondloop Desia :-)?

Dit is Nimsi. Ek dink elk geval jy kies ook William se kant :-)