Friday, April 3

Dag van die verjaarsdag

Nelmari se 16 de verjaarsdag gaan blykbaar soos een of twee van my vriendinne gehou word ... oor 'n tydperk! Saam met die verjaarsdag het die skool ook hulle jaarlikste Aisafest wat 'n soort van 'n sportkompetisie, pretpark en saamkuier is. Hou in gedagte dat dit een van die min kere is dat seuns en dogters saam op die skoolterrein kan kuier. Dus was dit die plek waar sy haar verjaarsdag wou deurbring vir die dag met klomp ander planne nog vir die res van die naweek. Die fees het sommer goed afgeskop toe Nelmari en Minri se sokkerspan (hulle was die afrigters) die silwer medalje in die toernooi gewen het. Kyk hoe chuff lyk die afrigters.En toe was dit tyd vir die ander goedters. Lekker saam met my vriendin Minri nadat ons prentjies op ons gesig laat verf het. Daar was heelwat aktiwiteite en ek wys net 'n paar. Sokker in seepwater .... Die meisies het beplan om dit later te probeer as die kamera eers huistoe is. Die sharktank was ook hier en ek kan net nie verstaan hoeveel fun dit is om te wag dat ander jou in de water laat val nie. Die man is alreeds nat. En daar gaan hy weer ...... Lekker dom dink ek. 'n Paar van die kerkkamp maats kom al die pad van Dubai en Ras Al Khamaih om saam te kuier en hier staan 6 van die Suid-Afrikaners lekker in die middel en kuier in Afrikaans. Die kleintjies het allerhande klim en gly speelgoed in die gym en oor veiligheid hoef ons nie te kommer nie -daar is sekuriteit. Hierdie kleinman gaan al groot skool toe. Soos verlede jaar was die groot fun die stoeiers en die kleintjies het 'n spesiale opblaasring waar hulle kan stoei en boks. Totdat die ou sien sy "meneer" neem foto's - toe vat hy eers 'n ruskans en gee 'n mooi glimlag. Die groter kinders stoei op die stoeimat en ek kon nie glo om te sien hoeveel kinders staan hiervoor tou nie. Dalkies is dit 'n kans om 'n vete op te los. Die kos word voorsien deur 'n hotelgroep en hulle is reg vir die stormloop as die kinders begin honger word. Daar is oa ook nog 'n bul wat getem moet word en ongelukkig is dit nie hierdie keer nie. Sy's oppad grond toe. Bungy jump vir die wat wil lyk asof dit vroegaand reeds een van die gewilde items gaan wees. Aan die einde van die aand het ek 'n baie moee maar tevrede verjaarsdagmeisie by die skool gaan haal .... nou le die hele naweek voor vir nog verjaarsdaghou!

9 comments:

Nimsi se Blog said...

Al is dit so effe laat: Baie geluk Nelmari met jou 16de verjaarsdag,mag God jou ryklik seen in hierdie nuwe lewensjaar. Baie geluk ook Sandra en Eddie met jul herdenking!
Mooi naweek vir julle.
Nimsi

Muriel said...

Dis soos 'n girl moet verjaarsdag hou, rek dit uit sommer oor 7 dae ook!!! You go girl!! whahahaa

Ek kan sien hierdie was groot sports en dat jy dit geniet het Nelmari!

Baie geluk met julle mooi meisiekind se verjaarsdag Eddie en Sandra. Sy het daai heel eerste oomblik wat ek haar gesien het in my hart gekruip!

Lekker naweek hou
x x

Sandra said...

Baie dankie Nimsi! Lekker naweek vir jou ook.

Geen slegte invloed nie ok Muriel! Ek het gedink 'n naweek is te lank en nou praat jy van 'n hele week -- sak Sarel.

retha said...

Ek stem saam met Muriel. Hier hou ons verjaarweek in stede van verjaardag.

Baie geluk aan jul met die dogter se verjaardag. Hierdie 'spot' lyk of dit n goeie manier was om vieringe mee afteskop.

Sandra said...

Ek het iewers uitgemis Retha want in my jongdae was dit net 'n dag lank. Sy het die fees by die skool en gister se mall en vriende geniet. Vandag is dit die sirkus!

Nelmari said...

Thanks again everyone!!! I like the idea of an entire week for a birthday but I don't have enough time for it!

Charmaine said...

Die skoolding lyk na 'n fees... maar ongelukkig is ek nou te groot daarvoor.

Sandra said...

So bly jy's besig sussies - ai nou le die vakansie ook nog voor :-)

Die kinders geniet dit maat maar ek dink ook nie daar is enigiets wat ons "ouer" mense kan doen nie.

Desire Fourie said...

Baie geluk met jou pragtige dogter Nelmari se verjaardag ... mag dit sweet sixteen forever wees. Ook geluk met hul silwermedalje wat hule spannetjie losgeslaan het. Mooi bly.