Thursday, April 9

Sports in die woestyn

Ek kyk na James se skole speletjiesdag foto's en sien klomp dinge terselfdertyd. Eerstens het alles so verander by die skool vandag hulle drie daar begin het klompe jare terug. Daar is nou pawiljoen en grasperke maar die speletjies is nog dieselfde. Die kinders hier is nie regtig mal oor sport soos by die huis nie en hulle word ook nie verplig om enige sport te beoefen nie, dus moet die PE department allerhande planne maak om al daardie spiere geoefen te kry. Dis onder andere springtou spring, 'n hindernisbaan, pizzaboekse aflos, onder-hoofspring en dit alles geniet en speel die kinders met oorgawe. Daar is egter drie goed wat vir my uitstaan wat "anders:" is as waaraan ek gewoond is by die huis (van dit mag al reeds verander het), maar selfs so was toe my kinders hier in die skool gekom het. Miskien het julle dit ook opgemerk. Hoedjies is 'n moet selfs in die lente-son en almal (behalwe wanneer hulle speel) moet dit aanhe. En dan water. Kyk hoe staan hulle botteltjies langs hulle. Almal loop met hulle eie water en dit word ook gereeld by die waterstasies gevul. Dan mag mens mekaar mos so per ongeluk ook bietjie natmaak. Wat egter uitstaan, veral in die gees van Paasfees is hoe 41 nasionaliteite van orals in die wereld - selfs lande wat besig is om teen mekaar oorlog te maak, saam kan pret he en speel. 'n Baie Geseende Paasfees vir almal wat hier lees en julle families!

10 comments:

Desire Fourie said...

Dit lyk definitief na vet pret wat die spiere soepel slyp. 'n Geseende Paasfees vir julle. Mooi bly.

James said...

Ek dink die kamera man het 'n vreeslike goeie werk gedoen terwyl hy ontwater het in die son! :D Ek hoop almal het 'n baie geseende paasfees, en ek sien uit om 'n Bloemfontein paasfees te he van more af.

Sandra said...

Dankie Desire vir julle ook!

Jy moet lekker kuier seun. Sien jou vlg maand weer! (Ek gaan al die tee mis)

Muriel said...

Ek weet nie of ek al die energie sal hê om so te kan rond spring in hierdie hittige Abu Dhabi nie!!*shock*
Maar kinders het altyd hope hiervan "come rain or sunshine"


Eddie, Sandra en kids 'n baie Geseënde Paasfees vir julle!
Liefde
M

ps: Geniet julle Lindt Paashasies ;)

Jan and Miekie said...

Wens my ma het my 'n hoed maak dra toe ek klein was of minstens sunblock aangesmeer. Maar ek dink in daardie dae was daar net Coppertone - seker nie te wat wonders nie, in elk geval. Ons het wel soms Sylvasun gesluk - met moeite, maar het meestal nie omgegee nie, en net vieslik verbrand, vervel, sproete gekry en vandag sit ons met die plooie! Vandag se ma's (en onnies) is skynbaar baie wyser. Daardie water botteltjies is nie net sports nie, maar ook goed vir die brein wat meestal net uit water bestaan...
Geseende Paastyd vir julle! (Wat is die gemiddelde temperatuur nou daar by julle? Hier is die April dae salig - so middel 20's.)

Sandra said...

Ek eet marshmallow eiers Muriel!! Hoop julle het ook 'n baie geseende tyd saam.

Dis waar, die kinder voel nie eers die hitte nie.

Miekie die ouers kan die skole nogal in moeilikheid kry as daar nie waterstasies orals in die skool beskikbaar is nie. Dis nog nie somer by ons nie, maar die laaste tyd is dit hoog in die 30's. So redelike nice lente weer :-)

Charmaine said...

Die speletjies is 'n baie slim manier om die kinders se spiere te ontwikkel. Ek dink ek is nou weer terug daar. Enige iets wat soos regte oefening maak my sommer naar. Ek dink ek moet kom saamspeel.

Sandra said...

Nelmari het mos nou gese ons moet Wii maat. (Sy het al klaar vir my gese ek's glad nie goed nie - maar sy sal jou beter gesind wees ek weet)

Desia said...

Geseende Paastyd vir julle ook Sandra.
Geniet die lente(!) temperature, hoe maak mens dit as dit konstant warmer as 30C is. Wat het die plaaslike mense vroeer gedoen, voor elektrisiteit en AC's en water oral?

Sandra said...

Hulle het eenvoudig gebraai in die hitte en dan was hulle nogal in 'n tent in die woestyn Desia!! Hulle het hulle eie ac's gemaak wat nogal werk en later van tyd ook riete gebruik wat dinge nogal afkoel. En wat ons betref, mens raak maar gewoond aan die hitte