Showing posts with label Sloans. Show all posts
Showing posts with label Sloans. Show all posts

Thursday, April 30

Warm klippe in Al Ain

Vandat sy klein was, was uiteet by die Spur vir Nelmari 'n groot treat en het sy altyd gekerm sy wil een van die klippe (hot rocks) he. Sy moes wag totdat sy heelwat groter is en toe ... wat gebeur .... spur haal dit van die spyskaart af! So die vreugde was groot oor Vicky wat vir ons plek by 'n nuwe restaurant in Al Ain bespreek het na die dieretuin. Voor die restaurant was daar die interessantste uitstalling met "plaaslike" kuns en juwele.Die meisies kon die versoeking nie weerstaan om van die ringe en armbande aan te pas nie. Crispin was egter meer deur die snaakse pantoffels gefasineer. Van die kunswerke wat te koop was. Nelmari het ook iets gesien waarin sy belangstel. En dan is dit tyd vir ons warm klippe met ons vleis, stysel en groente. Vicky is nie heeltemal seker hoe om die stuk vleis aan te durf nie en moes na die tyd toegee dat dit die beste was wat 'n steak nog vir haar gaargemaak is (sjef Vicky). Nelmari weet natuurlik presies hoe sy haar vleis wil gaarmaak. Al wat sy nog nodig het om haar te verbeel sy is in spur is cream soda koeldrank. Crispin het omtrent vir die kamera "gepose" en my die geleentheid gegee om hom af te neem. Celine hou haar hasies vas en rus bietjie in die koelte. Sy was al een wat nie kon klip nie (Crispin natuurlik ook nie) en dit het my so aan Nelmari gedink, ai om te wag tot mens grootgenoeg is om nie te brand nie .... Celandre het haar eerste "eie" ete gemaak deur hoender op die klip gaar te maak en sy was omtrent trots daarop en alles opgeeet. Nelmari het haar gate uitgeniet met al die hasies en honde by die Sloans se huis en daai foto regs wys hoe lyk iemand na 'n klip-steak en appeltert... tevrede. Dankie Vicky en kinders dit was 'n heerlike dag saam met julle. Onthou Abu Dhabi se Brasiliaanse restaurant saam met ons as julle weer kom!!

Monday, April 27

Ons is weer kinders

Ons soek 'n kampterrein vir 'n jeugkamp en Al Ain is 'n opsie. Dit beteken ons moet uitry en gaan kyk en dan kry ons ook sommer kans om met die Sandmense daar te kuier. Vicky is egter baie gaaf en gaan doen al die inwin van inligting vir ons, wat beteken ons kan bietjie by Al Ain se dieretuin gaan inloer. Miskien as ons geweet het dit gaan 'n volbloed somerdag in die woestyn was, sou ons dit nie gedoen het nie, nietemin, dit was bloedig maar lekkerrr! Met die aankoms lyk dit maar woestynerig, met beelde van diere as 'n aanduiding daar is 'n dieretuin en op die kaart lyk dit nogal groot maar kyk na die foto waar Nelmari saam met die flaminke is, is dit 'n woestyn?! Hierdie dieretuin is in 1969 amptelik geopen en huisves veral boksoorte en diere van die steek. Ons het lank gestaan en kyk na 'n baba bokkie wat nie geweet het waar sy/haar mamma is nie. Die oryx het besluit om dit sommer te neem en wou haar glad nie afstaan toe die mamma terugkom nie. Dis seker ook een van die min dieretuine waar jy 'n moskee op die agtergrond sal kry. Nelmari lyk baie in haar skik met die uitstappie, kyk net daai gesig. Ek het noual genoem dat dit vreeslik warm was en die diere was maar lui en het op allerhande maniere probeer koel bly. Die meerkatte was egter die mees aktiewe dier in die dieretuin en het vir baie vermaak gesorg. Die een wat ons simpatie gekry het was die gorilla. Nadat sy maatjie onlangs oorlede is, het hy net gesit en wou glad nie eers vir ons deur die venster loer nie. Nelmari en Charmaine het die ou altwee probeer beraad, maar hy wou niks hoor nie. Tussen die hokke is daar darem sulke skadu tente wat lekker is, met sproeiers wat elke nou en dan aangaan en die mense spuit soos hulle verbykom (dis nou soos daai spoeiers wat hulle tydens die maratons ook gebruik). Die voels bo die hok laat my dink aan mense, wat altyd wil wees waar ons dink die gras is groener. Hulle is vry maar drom saam om binne die hok by die ander te wees wat heelwaarskynlik liewers buite wil wees. Lekker London dairy roomys terwyl ons wag in die skadu vir die treintjie. 'n Boom hier gee nie koelte nie, maar wel 'n bietjie minder son op mens se kop. 'n Plek waarnatoe ek nie wou gaan nie was die slanghokke, maar daar is A/C in, so vinnig afkoel voordat ons klaar maak. Aanwysings oor wat ons mag saamneem binnetoe ... kan julle lees wat daar staan? Warm maar lekker gekuier saam met die diere. Nou vir 'n teetjie saam met die Sloans en daarvan vertel ek later.

Sunday, April 20

Gesien in Abu Dhabi!!!!!!

Die van julle wat die Sloan gesin ken en hulle blok lees ..... julle mag dalkies soos ek gedink het hulle is landuit of op 'n laaaaaangggg vakansie want daar gebeur niks.... maar op Celine se verjaarsdag het ek hulle in Marina Mall raakgeloop!! Hulle is dus nog in die dorp!!Was lekker om julle te sien ouens en ons hoop om binnekort weer nuus te lees. (Die meisies was besig om te speel met die neem van die foto en die kwaliteit van die foto nie so goed nie, skuus)

Thursday, April 12

Kyk hierdie dingetjie

Met die somer wat nou nader kom begin die straatkatte van Abu Dhabi suffer. En hier is straatkatte .... Ongelukkig is dit een van die dinge wat die mense hier nie weet nie en dit is hoe om met diere (behalwe waarskynlik kamele, bokke en perde) te werk nie. Ek onthou nadat ons hier gekom het, hoe vreeslik dit vir ons was om te sien hoe die kinders katte met stokke slaan en rondjaag en hoe ontsteld ek was elke keer as ek 'n dooie baba katjie in die straat gesien het. Omdat hulle nie sterk is op diere nie is hier honderde straatkatte wat self 'n bestaan moet maak en in die hitte kry hulle maar swaar. Die meeste van die katte is baie sieklik en maak staat op Westerlinge se "sagte" harte. Maar al kry die katte swaar is daar gereeld klein baba katjies wat gebore word en 'n mamma kat wat iewers 'n koel plekke probeer kry om haar kinders groot te maak. Hier is 'n Feline Friends wat probeer om van die katjies huis te kry maar dis onmoontlik om voor te bly. Ek self is dol oor diere en het twee van my siamese destyds saamgebring van SA af maar het nog nooit self een van die "straatkatte" in huis" geneem nie.
Een so 'n persoon wat al vir 'n paar sulke "katjies" ma gespeel het is Vicky Sloan. Eergister het sy, Greg en Crispin gou hier ingeloer en my voorgestel aan die nuwe baba in hulle huis. Ek het nooit eers gevra wat die dingetjie se naam is nie, maar kyk net hoe oulik.....


Vicky hulle het die dingetjie in die straatgekry toe hulle treklorrie oppad Al Ain toe is. Natuurlik kon hulle die dingetjie nie net los nie en gelukkig vir die katjie eindig hy by hulle op. Hy is seker so 3 wekies oud en kry al om die ure bottel by ma Vicky en lyk beslis soos een van die gesondste straatkatjies wat ek al gesien het. (Wat voer jy hom Vicky?)
William hou hom vas na sy bottel en hy raak omtrent weg in sy hande.
Ja Nee hierdie is een van die min gelukkiges hierdie somer. Laat weet vir ons hoe dit met hom gaan Greg en Vicky en sterkte met die nuwe huis, dorp, skool en goeters. Ek wag vir julle blogblad ....