Soos ons moes aanpas en nog steeds doen in die erge sand, was dit die diere in die huishouding wat ook moes aanpas in die nuwe blyplek. Het hulle dieselfde probleme as ons mense? Oordeel maar self ....
Daar is besluit om die twee straatbabas waarvan ek al vertel het maar saam te bring want wie anders sal vir hulle nou by 'n lee huis kosgee ~ en die twee se oorskakel van straat na huis was smoooootth. Kyk hoe tuis en rustig word daar geslaap en gebad.
Die mannetjie "Waffles" is 'n pragtige groot kat en so liefdevol. Hy gee net heeltyd liefies en drukkies of jy nou wil of nie en van die straat af, is dit nou sy nuwe uitkykplek in die studeerkamer. Aan daai pens en lyf kan mens sien dis nou nie meer straatkos nie.
Dawn moes skielik haar plek met twee ander deel en sy het besluit ounooi se wit teddie is vertroosting. Die teddie is elke keer wanneer ek in die studeerkamer kom op 'n ander plek, op die bank of rak of waar sy voel dis veilig van die ander.
So bly dat daar nie meer 'n mamma kat is wat haar kleintjies op ons stoep aflaai nie .... totdat iemand (dit kan nie 'n mens wees nie) 'n baba katjie in die drom voor ons kompleks kom aflaai. Hierdie dingetjie kon nie ouer as 'n paar daggies wees nie en Nelmari was in haar element. Daar is probeer om die kleintjie bottel te gee sodat hy darem kon kossies inkry en die klein vegtertjie het tot die volgende dag survive.
Elriza het toe besluit sy wil hom/haar he en ek was bly vir 'n goeie huis en tog nie nog een in die huis nie. Daar is al honderde foto'tjies van die klein dingetjie geneem en hoe sy vorder en mylpale bereik - ek hoop net daai maatjie van my gaan vinnig daaroor blog voordat die kleintjie groot is.
Luie was intussen in 'n gastehuis totdat daar 'n muur vir hom gebou kon word en eintlik hierdie week het die ou terugkom na 'n nuwe huis met grasperk spesiaal vir hom. Dankie Tremblay familie dat julle so mooi na hom gekyk het. Soos julle op die foto's sien is hy heel in sy skik met sy nuwe blyplek.
Laat ek nie vergeet om te noem daar is nog Nelmari se baie sensitiewe kat wat volgens die seuns anti-sosiaal is :-) en ek sal anderdag 'n foto van haar ook moet wys. Sy's geniet ook die nuwe blyplek solank sy by haar mens-ma is.
Stem julle saam dat anders as ek wat oa met die nuwe blyplek se sandstorms sukkel, het die diere geen aanpassingsprobleme nie.
Geniet julle week en die aanloop na die eindstryd die naweek .... Hoop julle oefen solank om vir die regte span te skree. Blou met 'n titseltjie wit :-)
Nou braai hier ouens (dis nou in 'n parkie en nie by mens se huis nie) is anders - dis in weggooi braaie en mens maak dit brand en dan braai mens die vleis :-). Siegfried het weer 'n klein gasbraaier vir hulle goed gehad en alhoewel dit anders is, dis nou 'n BBQ, ruik die braaivleis net soos huis s'n.
Die honde het gedink hulle is op 'n kamp en orals rondgehardloop. Elke hond, wat baie groter as hulle is is aangeval en dit was omtrent snaaks. Ek dink die honde wou net vir ons besig hou want kyk net op die foto's hoe skarrel almal rond om die groot hond van die kleintjies te beskerm en daai twee hardloop rond asof hulle glimlaggies op daai bekke het.
Maar die dag het eintlik begin met kleinvlooi Christiaan wat met die honde wou speel. Kyk net hoe mooi stap hy met hulle aan die leiriem. Taffee ewe geduldig saam.
Ons het die kleinman se segoed en dingetjies vreeslik geniet en dit was heeltemal anders as die oefen-oumas se dogtertjies waarmee hulle gewoonlik speel. Die hondjie regs is omtrent 8 arabier kindertjies se hond en hulle het glad nie geweet hoe om met die hond te werk nie. Gou-gou het ek hulle 'n les gegee hoe om die hondjie vas te hou, te druk en soentjies te gee en Christiaan wys hoe. Ons was baie jammer vir daai klein hondjie en ek hoop dat hy die week sal oorleef.
Nelmari wat net so erg oor die twee brakke is het net so lekker met hulle gespeel en toegelaat dat Christiaan haar rondjaag.
Teen die einde van die aand was groothond Taffee en kleinvlooi Christiaan lekker vriende. Die ander brakkie Didi het op sy ma se skoot weggekruip. Dankie julle vir die lekker saamkuier en braai ons moet weer so maak.
Eers foto's van hulle met die hoedjies en Nelmari probeer hard met Taffee. 




Eindelik is dit nie vir my heeltemal 'n mooi hond nie, hulle lyk te maer en ek het net die heeltyd gevoel ek wil vir hulle kos gee maar hulle is bekend vir hulle spoed en uithouvermoe. Vroeer jare het die Saluki's deur die Midde Ooste en woestyn vanaf die Sahara tot Caspian see saam met hulle eienaars gereis.