Showing posts with label Rademeyers. Show all posts
Showing posts with label Rademeyers. Show all posts

Wednesday, July 1

Die kat en die “vlooie”

Net so 'n tydjie gelede het ek vertel van ons nuwe optel-katjie wat huissoek en hierdie week het lelik huisgekry by die "Sandvlooie".

Page1_0


Maar nie voordat ons die kleinding vreeslik geniet het en ampertjies te geheg geraak het nie. Sy het die krappaal bemeester en ook baie vinnig van alles 'n speelding gemaak. William se skoene was 'n ideale wegsteek plek. Die kinders het ook 'n skoenboks in 'n heerlike katspeelding gemaak deur orals gate in te sny - en so het sy ons en haarself ure se pret gegee.
Page1

Gister het kleinvlooi Christiaan sy katjie kom haal en ek dink hierdie gesiggie vertel dit alles. Klein lelik se nuwe naam is "Ferby" self deur haar nuwe basie gekies en sy het baie stil gesit en toelaat dat hy haar vryf en selfs soentjies en drukkies gee. Dit se baie van 'n klein katjie se karakter as sy dit toelaat sonder om naeltjies te wys.
Page3

En sommer gou-gou het Ferby en Christiaan lekker gespeel. Christiaan het huistoe tyd mooi gese hy neem nou die klein katjie maar ons kan vir haar kom kuier en mag hy haar speelding en kombersie saamneem. Ons was seker dat daar lekker by die huis gespeel sou word sodra Ferby haar nuwe tuiste gewoond is.
Ons hoop dat julle twee sommer lekker maatjies gaan word Christiaan en dat daardie toe neus en ogies gou-gou gaan beter wees.

Friday, April 24

Wat het ons stemdag gedoen?

Nou nie vakansiedag gehad soos almal by die huis nie en ook nie in toue hoef te gestaan het vir stem nie, maar ons het aan ons mense en ons land gedink. Ons het darem iets bietjie Suid-Afrikaans gedoen en gaan braai in die paleisparkie. Die sandvlooie Siegfried en Mariette het kom saam kuier dat die klein sandvlooietjie bietjie met Charmaine se brakkies kon speel en ek met die kamera. Nou braai hier ouens (dis nou in 'n parkie en nie by mens se huis nie) is anders - dis in weggooi braaie en mens maak dit brand en dan braai mens die vleis :-). Siegfried het weer 'n klein gasbraaier vir hulle goed gehad en alhoewel dit anders is, dis nou 'n BBQ, ruik die braaivleis net soos huis s'n. Die honde het gedink hulle is op 'n kamp en orals rondgehardloop. Elke hond, wat baie groter as hulle is is aangeval en dit was omtrent snaaks. Ek dink die honde wou net vir ons besig hou want kyk net op die foto's hoe skarrel almal rond om die groot hond van die kleintjies te beskerm en daai twee hardloop rond asof hulle glimlaggies op daai bekke het. Maar die dag het eintlik begin met kleinvlooi Christiaan wat met die honde wou speel. Kyk net hoe mooi stap hy met hulle aan die leiriem. Taffee ewe geduldig saam. Ons het die kleinman se segoed en dingetjies vreeslik geniet en dit was heeltemal anders as die oefen-oumas se dogtertjies waarmee hulle gewoonlik speel. Die hondjie regs is omtrent 8 arabier kindertjies se hond en hulle het glad nie geweet hoe om met die hond te werk nie. Gou-gou het ek hulle 'n les gegee hoe om die hondjie vas te hou, te druk en soentjies te gee en Christiaan wys hoe. Ons was baie jammer vir daai klein hondjie en ek hoop dat hy die week sal oorleef.Nelmari wat net so erg oor die twee brakke is het net so lekker met hulle gespeel en toegelaat dat Christiaan haar rondjaag. Teen die einde van die aand was groothond Taffee en kleinvlooi Christiaan lekker vriende. Die ander brakkie Didi het op sy ma se skoot weggekruip. Dankie julle vir die lekker saamkuier en braai ons moet weer so maak.

Monday, April 21

Nuwe "ou" mense in Abu Dhabi

Partykeer ontmoet mens mense wat al eintlik ou bekendes is vir die eerste keer. Die Rademeyer gesin, Siegfried en Mariette het ek op die blog leer ken toe hulle begin inligting soek het oor Abu Dhabi. Is lekker om julle nou in lewende lywe te gesien het. Ook Mariette se boetie Jaco.En hierdie is klein Christiaan wat 2 jaartjies oud is. Hy mag dalkies vreemd in die dorp wees, maar hy het my mooi met die grrrrroen verkeersligte gehelp en is regtig 'n bekkige knape. Siegfried en Mariette ons sien uit daarna om hierdie man by een van ons kindergroepe te sien en BAIE WELKOM IN ABU DHABI!! (Julle moet laat weet hoe dit in Turkye gaan ook hoor)