Monday, April 20

Kamele in die dorp

Ek het al vertel van Nelmari se liefde vir kamele en hoe sy kleintyd nog altyd haar eie kammie wou he. 100_0765Met ‘n onlangse woestynuitstappie het sy vir my meeste van die foto’s geneem, baie opgewonde oor die kamele.
100_0749

n Klomp kamele in hulle kamp in die woestyn.
100_0759

Kyk net hoe vorm die wind die woestynsand.
100_0753

Die son besig om te sak oor die woestyn en sy neem vir Eddie af wat ‘n entjie gaan stap het.

DSC_0024

En dan die kamele wat baie nuuskierig na die mense in die motor kom kyk het en ook mooi vir die kamera glimlag.
DSC_0033

Die woestyn-inn waar mens die lekkerste eetgoed kry.

DSC_0034

En ‘n klein kammie wat gelukkig nie saam huistoe gekom het nie. Ek gee nie om as sy so af en toe vir hom/haar in die woestyn gaan kuier nie.En terwyl ons nou op die kameelonderwerp is, klein Injay (beteken achievement) is begin van die maand na 378 dae van swangerskap gebore in Dubai as die eerste gekloonde kameel ter wereld. Die klein dingetjie het 30 kg by geboorte geweeg en is reeds met DNA toetse getoets om te bevestig dat sy presies dieselfde lyk as haar "ma".

17 comments:

Charmaine said...

Ag my moeder!!! ek wil ook 'n kameeltjie he.... wonder of Dee sy sandboks sal deel. Nelmari ek kan sien jy volg in jou mammarazi se voetspore met die mooi fotos.

Nimsi se Blog said...

Inderdaad Nelmari... mooi geleer by die mammaratzi! pragtige foto's!
nimsi

Dorette said...

Dis pragtige fotos! En die kamele lyk so cute so van ver af! Die kamele wat hulle elke jaar by die Skou het, is sulke stinkerige gediertes wat meestal slaap - glad nie baie opwindend gewees nie. Hopelik stink hulle minder en is bietjie meer lewendig in hul natuurlike omgewing!

Sandra said...

Dee se sandbak is groot genoeg vir 'n kameel ook maat - so go for it dan kan Nelmari net daar vir die kameeltjie kom kuier.

Wat sal ons dit noem Nimsi, 'n blogger in training? :-)

Hulle stink nie teveel nie Dorette en dis die arabiere se trots jong. Maar hulle lok vliee! Blykbaar het die kleintjie vreeslik met die mamma en pappa gespeel en geterg so hulle kan erg spelerig raak.

Thea said...

Pragtige foto's! Die ou kleintjie by die ma is tog te oulik!

Mariette. said...

Die kamele bly maar mooi, Ons het nou die dag met die Swaihan pad uit gery en moes stop, want een of ander 'boer' se kamelies het gereken hulle wil gaan proe of die bossies beter proe aan die ander kant, - maar wat so buitengewoon was van die trop is dat hulle almal daardie swart tipe kamele was. Ons het so lekker gelag want die eienaar het soos 'n hoender op 'n warm plaat rond gehardloop om die klomp net aan die kant van die pad te kry.
Mooi Fotos Nelmarie.

Sandra said...

Sy is ne Thea. Ek kry die arme ma net jammer wat langer as 'n jaar moet swanger wees.

Mariette daai swartes is baie werd en daai kameel-wagter-ou sal rondhardloop want as hy een verloor doen die eienaar hom verseker iets aan :-).

Nelmari a.k.a Nellaratzi said...

I'm glad everyone liked the pictures =D

I don't really think I'm a blogger in training :@ I just take pictures.

mariki said...

Die ou kleintjie IS pragtig -- as hulle maar so wou bly, sou ek ook ene wil hê. Weet darem net nie mooi van die vlieë wat mens daarmee saam kry nie.

Anonymous said...

Ag, daai woestyn! Ek wil dit eendag sien! (En die kamele ok...) :-)

Sandra said...

Nellaratzi jy sal die blog moet oorvat as ek nie meer kan nie.

Stem Mariki ek hou ook nie van die vliee nie. Hulle, die kamele het egter vreeslike mooi oe.

Ek sal jou wys Boendoe, dan kan jy weer Angola vir my wys.

retha said...

Die 'sand-wind-art' is pragtig. So ook die res van die woestyn en ook die kamele.Ek het ook n onwelriekende prentjie in gedagte as ek van kamele hoor.

Jan and Miekie said...

Pragtige fotos! Ek het eenkeer op 'n kameel gery - nie my geliefkoosde ryding nie, maar hulle het darem oulike gesigte!

Sandra said...

Retha hulle stink nogal nie, behalwe as hulle omgewing vuil is, maar dan is dit mense se skuld. Dis net die vlieeeeeeee!!

Stem saam Miekie hulle gesig, veral die oe is baie besonders.

Muriel said...

Sandra jy sal nie glo nie, maar hierdie inskrywing het vanoggend baie vir my beteken....

Die lewe is 'n lekker en mooi plek, ongeag.....

Ek wil nogsteeds so graag 'n regte, egte kameel hê... Dit is die mooiste foto's, die ou baba kameeltjie!! Baie interessant oor Injay!!!

Liefde
x x x

Sandra said...

Muriel niks is onmoontlik nie :-). As jou sheikh kan reel vir "vervoer" kan jy enige tyd jou baba kameel hier by die kameelsouk kom koop. Hy kan mos solank daar by jou "bure" in die tuin kuier :-)

Desire Fourie said...

Wie sou ooit kon raai dat hierdie klein kameeltjie 'n kloon van sy mammie is. Nelmarie jy moet maar gereeld gaan kuier. Mooi bly.