Friday, April 17

"Ons" baba word 3

Klein Emily het hierdie week 'n hele drie jaartjies oud geword en natuurlik moes ons saam by die pretpark gaan kuier en speel het. Natuurlik was daar ook 'n groot barbie-partytjie, maar dit was by die skool waar die tannies dit nie kon bywoon nie.Nelmari en Charmaine wil 'n bietjie van die eetgoed probeer. Hoeveel mense het mens nodig om een kleintjie se neusie te vee? 'n Klomp se ek jou want Nelmari, mamma Marina en tannie Charmaine wil almal help. Haar maatjie Kayla het ook kom saamspeel en alhoewel klein Emily nie mal was oor al die verskillende ritte nie (en ek kan dit so goed verstaan), was sy baie braaf. Die rit saam met "Nella" in die stampmotortjies was baie lekker en sy geniet dit baie. Die groot gunsteling is die klim en klouter dink met al die gekleurde balle waarin mens sommer kan verdwyn. En hoe later hoe meer word die selfvertroue om op die goeters te ry! Ons hoop jou verjaarsdag was sommer baie spesiaal Emily. Ons is baie lief vir jou!

13 comments:

Oupa-in-waiting-wat-nou-erg-bekommer said...

James, Leane', ek hoop julle lees mooi tussen die lyne van hierdie berig!!!!!!!!!!!!!!

Ek dink ons sit met 'n bedenklike aanval van "Oumaskap" wat nie eers 'n rondloop in Engeland gaan opklaar nie.

Jan and Miekie said...

Veels geluk liewe maatjie! Wat 'n pop van 'n kind! So 'n gesiggie vra mos om bederf te word op die groot dag! Dit was nou die dag Franco se 1ste verjaarsdagpartytjie - die groot dag kom nog maar dan is hulle by die sse - en al die kindertjies (onder 3 jaar oud) het heerlik in die balle in sy opblaasswembadjie gespeel. Baie lekker en baie goed vir die ontwikkeling van tassensasie en ruimtelike ontwikkeling. Toe my kinders klein was, het ons hulle toegemaak in styrofoam chips - maar die balle lyk na baie groter pret!

Sandra said...

Moenie kommer nie julle twee ek's nog net in die oefen stadium.

Die kleintjies geniet die kleurballe vreeslik Miekie en miskien moet ons dit self probeer om te voel wat hulle ervaar :-)

mariki said...

Oee -- partytjie-hou is LERKKERR!

Charmaine said...

Dis so lekker om die klein mensies te sien groot word. Die ouma instinkte is baie sterk..

Mariette said...

Mens kan sien julle het nie meer oefen nodig nie. :-)
Baie geluk ou Emily.

Sandra said...

Mariki jy weet dan :-)

Ek weet maat ons moet net keer of ons koop alles.

Dankie Mariette - wanneer kry ons nou kans om met seuntjies te oefen?

Anonymous said...

Dis nou een van my geheime 'fantasies': om tussen so klomp balle in te spring! Dit kan NET lekker wees!

Thea said...

Ek is amptelik jaloers! My jongste het darem nou al 'n meisie en dinge lyk of dit dalk op 'n troue gaan uitloop eendag, so daar's hoop vir my julle!!

Hierdie ouma gaan lekker saamspeel én lekker bederf!

Muriel said...

Ag Sandra te cute!!!! Sy is te pragtig!!

Baie geluk met jou verjaarsdag Emily! :-)

Ek geniet nog ander mense se kinders, my kinders moet nog bietjie wag, ek wil nou eers orals gaan reis!!! Dan sal ek gereed wees hiervoor!! whahahahaha

Lekker week vir julle

x x

Dorette said...

Sy is te skattig! Sulke balle is ook 'n groot,groot treffer in ons huis.

Julle Paasfees-konferensie klink baie geseend! Mag julle nog lank daai spesiale nabyheid ervaar!

Nimsi se Blog said...

Baie geluk Emily! Ek kan sien jou partytjie was baie lekker!
Oumaskap aanvalle - Mmmm ly ek beslis aan daardie een ook.
Nimsi

Sandra said...

Boendoe nou maar hoekom doen jy dit nie?

Thea ek dink ons kinders kry almal "stresaanvalle" as hulle moet lees hoe ons voel :-)

Jy beter begin reis Muriel want jy wil baie plekke sien en die kinders kan mos nie vir ewig wag nie :-)

Weet jy Dorette ons "ervaar" nog steeds die blessings van die eerste een amper 'n jaar terug. Hierdie was net weer 'n bevestiging!

Lyk my ons is 'n klomp wat daaraan ly Nimsi. Wie gaan eerste wees wonder ek - daai een sal maar net die kleinkind met almal moet deel.