Wednesday, August 6

Klomp kleintjies

Hierdie naweek het ons darem lekker pop gespeel. Nelmari moes "babysit" en natuurlik onder geen omstandighede kan ek en Charmaine uitmis om met oulike kleintjies te speel nie. As bonus het klein Christiaan en sy mense ook kom kuier. Hy was baie ongeduldig toe die meisies laat is, en hulle was skaars in die huis of hy wil hulle handjies hou en speel. Na wie aard hy Mariette? Hier wys Christiaan vir Jana hoe om die patroontjies te bou en die mannetjie is regtig baie slim. Jana het die matjie wat hy gebou het nader getrek en daarop gaan sit om te kyk hoe word die ander speletjie gespeel. Natuurlik as die kleintjies by ons kuier is musiek an veral Afrikaanse kinderliedjies hoog op die lys. Nelmari het die musieksak uitgehaal en gou-gou was almal besig met hulle eie instrument en speletjie en dit lyk asof hulle dit geniet. Kyk hoe lekker lag klein Jenny. Jenny is nie seker watter lawaai sy wil maak nie en moet besluit tussen die klokkies en balletjies. Ek het eers later gesien haar bloesie met "Music" pas eintlik goed by die aand. Dan is dit etenstyd en alhoewel die mamma's vir elkeen hulle eie kossies ingesit het weet julle natuurlik dat dit normal is vir kleingoed om liewers ander kos te eet. Jenny ignoreer die pasta en mmm mmmm die ertjies en pampoen. Klein Jana geniet dit net so maar sy sit op tannie Charmaine se skoot al wil sy self eet. En hoe later dit geword het, hoe meer is daar gedans, speel en sing. Jennifer besluit dat sy te warm kry van al die rondhardloop en liewers sonder klere die simbale wil speel. Nelmari probeer 'n ruskansie kry, maar die meisies sit lekker bo-op Nelmari en maak groot lawaai. Dan raak alles teveel vir Jenny en sy vat 'n powernap saam met Nelmari.

Maar mense toe sy wakker word, is daar gedans dat die biesies bewe. Ongelukkig is die beeld nie so goed nie, maar net sodat julle 'n idee kry. En op watter liedjie word daar so gejol?!! - Steve se Kinder dvd.

4 comments:

Anonymous said...

Ek weet nie of die hand vashou van my afkom of sy mamma nie,(ek dink h sien dit by ons altwee) maar hy weet wat hy in die lewe wil he, dis verseker! Hulle het omtrent lekker gespeel! Dankie vir die lekker kuier!

Muriel said...

Ag hierdie kindertjies is cutie pie's.

Nelmarie ek was ook van jongs af so lief vir klein kindertjies, ek dink dit travel saam met ou deur die lewe, ek het dit nou nog nie afgeskud nie.

Ek het baie van die video gehou!!

Anonymous said...

Ag dis sweet!! Die kleingoed is te oulik vir woorde!!

Anonymous said...

Siegfried dis 'n veilige antwoord :-)

Muriel en Thea ja die kleingoed is vreeslik oulik en dis vir ons so lekker om hulle "op te pas"