Tuesday, August 5

Nog min dae of nie?

Julle sal onthou dat ek 6 Junie my blog afgesluit het met 85 vakansiedae nog oor .... Wel vandag is daar amptelik nog 25 skoolvakansiedae oor en dit raak al hoe moeiliker om Nelmari "besig" te hou. Toegegee met die seuns en Leane wat hier gekuier het, het dit baie gehelp, maar nou is die malls deurgeloop en die geld is opgekoop en al wat oorbly is legkaarte en die laaste van die prentjies wat klaar geverf moet word. En dan sit ons nog met die vreeslike hitte waarvoor mens net nie kans sien om uit te gaan nie. Nelmari het die probleem oorkom en sit met warm klere, sokkies en 'n kombers haar legkaart en bou nadat die A/C op baie koud gestel is. Na 85 dae is 25 nie so min nie, ons is amper daar .... hoop ek maar nou het die plaaslike mense my bloed ook dieselfde temperatuur as die hitte. Omdat Ramadan hierdie maand begin, voel hulle die kinders kan nie nou in die hitte en met Ramadan skool toe gaan nie, die kinders gaan moeg (na 3 maande vakansie) en warm wees, en die vakansie moet met nog 'n maand verleng word !!!! ..... ja 'n hele 30 dae!!! Is dit nie iets om 'n aanval oor te kry nie? Hoe haal skoolkinders 'n hele maand se werk in want soos ek die Arabiere ken sal hulle dit nie wil inwerk nie. In elk geval is Ramadan 'n klug want almal bly net wakker om meer te kan eet. Gelukkig lyk dit asof die onderwysdepartement en die privaatskole nie daaraan wil byt nie ......

10 comments:

Anonymous said...

Dis darem maar wraggies 'n lang tyd vir die kinders by die huis!! Maar kom jy nie in September SA toe nie??

Muriel said...

Sjoe Sandra maar dit is 'n lang vakansie!! Is Arabiere lui mense??? Dan moet ek liewers my Sheikh stories los, ek hou nie van lui mense nie!!!

Nou wat gaan Nelmari met haarself aanvang, mens kan ook net soveel legkaarte bou?

Anonymous said...

Thea ja ek kom September maar Eddie is by die huis en Charmaine sal haar vir shopping en flieks neem.

Muriel die Arabiere is LUI met hoofletters. Hulle wil nie eers by die winkel uitklim nie en toet dat die winkeleienaar moet kom hoor wat hulle wil he. Vir hulle praat geld. En Nelmari wel sy het nie 'n keuse nie, nog hopelik net 25 dae om te gaan.

Anonymous said...

Dit sal nie so lank voel nie omdat ek sal moet gaan vir open gym. Dit begin volgende week... ;)

Anonymous said...

Daar gaan my oggende .... open gym in die middel van die dag.... Waar is William nou om die rondryery te doen?

Muriel said...

Open gym??? Ek ken net van gym. Nelmari, spring julle in die buite lug rond?

Sandra ek wil my dood giggel vir die mense wat toet dat die winkel eienaar moet uitkom!! Haai nee ek wil self gaan sien wat is alles in die winkel. Luigeite sal my nie eers uit die winkel hou nie ;) Maar hierdie is darem vreeslik LUI.

Nee los maar al die Sheikhs, ek sal maar liewer by my Teddie Sheikh bly!!

Geniet die open gym Nelmarie!!

Anonymous said...

Open gym is waneer ons kan gaan sport speel by die skool en dan kan seuns en meisies saam speel. Ons skool is segregated.

Anonymous said...

Muriel ek dink ook dis wyser om by Sheikh Teddie te bly, kamele is nou ook nie alles nie :-)

Anonymous said...

Ai mens kan heeltemal verleer om skool te gaan. Ek hoop maar vir julle twee dat die skool op die regte tyd begin. Maar ek en Nelmari sal verseker fliek en kinderkerk hou.

Muriel said...

Dankie Nelmarie, nou ja geniet die open gym ;)

Sandra hie hie vertel jy my nou hier!!!

Fliek en kinderkerk klink lekker!!