Thursday, August 7

Hier is die bewyse Marliza ....

Eergister kansie gehad om saam met Francois uit die Kaap nou Pretoria te kuier en het hy my besig gehad met shop?! Ek dog dis net 'n vroue ding, maar hy het mooi gewys dat hy presies weet van shopping. Die eerste opdrag van die dag was van Marliza sy vrou ... 'n ou matjie vir een van die vertrekke wat kaal is. Marliza hy het nouwel nie 'n matjie saamgebring nie, maar hier is die bewyse dat hy ernstig vir jou een gesoek het! Die man beloer die Kelims op sy kniee en die hopie op die grond raak al hoe meer .... nie te woelig nie en die regte kleur rooi is die vereiste. Hier kyk hy self na die knoopwerk op die agterkant. Dis die een wat hy wou koop :-) maar jy nie wou he nie. Die man vertel my dat hy baie hou van die reuk van die matte en daarom kruip hy so op hulle rond. Daarna het ons gou by die Emirates Paleis gaan teedrink en kaaskoek eet. Blykbaar gaan die rekening "geraam" moet word, want dis amper 'n plaas se prys by die 7 ster hotel. Eddie en Francois by die Brauhaus vir aandete en koeldrank... Dankie vir die lekker kuiertjie Francois!

10 comments:

Anonymous said...

Moet dit nie aan my doen nie Sandra!!
Daai mat onder die maroen een wat Francois opgelig het, is presies die kleure van my sitkamer.

Maar voor ek nou té opgewonde raak oor die mooi matte. Wat kan mens verwag om vir 'n standaard grootte kelim te betaal?

Muriel said...

Nou ek versamel hierdie matte met 'n bose spoed!! Ek is heeltemal versot daarop! Knope aan die agterkant is baie belangrik!! he he Gelukkig is my Teddie ook mal oor die matte so ons kan mekaar lekker bederf met so matjie! ;)

Ja soos Thea wonder ek ook hoeveel kos die matte daar by julle.

Anonymous said...

En hy het duidelik aangedui hy hou van my keuse van koeldrank! Sien jou (en dalk vir vroulief) vinnig weer hier hoop ek.

Anonymous said...

Hi Sandra - dankie vir die rondry in Abu Dhabi - as ek na die ander kommentaar kyk, lyk dit my jy sal moet matte afneem en met pryse publiseer - Eddie sal maar moet begin om met groter tasse te travel! Eddie, dankie vir die bier - water is goed, maar nie altyd die regte ding nie!

Anonymous said...

Thea die pryse wissel natuurlik afhangende van die kwaliteit en daardie een wat jy van praat was Dh3500 as ek reg onthou (so R7000). 'n Baie goeie kwaliteit kelim so 2 x 3m is so vanaf Dh8000 (R16 000) maar weereens afhangende van waar ens.

Muriel ek dink jou sheikh Teddie bederf jou lekker. Ek het geen idee wat die matte in SA kos nie en hier kan hulle lekker duur wees volgens my raamwerk. Die een wat ek van gehou het 'n tyd terug was (laat ek dit saggies se) Dh18 000 maar dis baie besonders. Ek dink Charmaine het al gekwyl oor 'n Dh25 000 ene. Ek dink nie ek sal soveel vir 'n mat betaal nie.

Anonymous said...

Eddie ek se niks oor die koeldrank nie.

Francois wat se Marlisa van haar mat wat sy nie gekry het nie?

Anonymous said...

Ja maat as my skip kom dan koop ek daardie AED 25,000 ene. Maar dan moet ek ook 'n huis he vir die mat so dit sal 'n groot skip moet wees.

Muriel said...

Hierdie matte kan duur wees in SA!! Dit hang af wat mens koop en waar! Gelukkig is die spasies waar ek my matte gooi nie baie groot nie, ek skep klein hoekies met 'n mat.

Ek beskou hierdie matte as my beleggings!!!

Maar sommige van hierdie matte is onbekostigbaar, ek sal ook maar eers vir my skip moet wag.

Ag mens kan ook nie alles in die lewe wil hê nie. As jy alles het is dit mos nie meer lekker nie.

Anonymous said...

Dis waar Muriel en hierdie dinge is nie wat mens uiteindelik gelukkig maak of ewigheidswaarde het nie, maar niks daarmee verkeer om mensself binne bekostigbare grense te bederf nie of hoe se ek. Ek glo mens moet jouself met mooi dinge omring.

Anonymous said...

Charmaine, jy slaan die spyker op die kop! Geld maak mens nie gelukkig nie maar as mens dit het, kan jy dit maar geniet. Mens hoef nie skuldig te voel daaroor nie.

Ek hou ook daarvan om deur mooi dinge omring te word en die lekker daarvan is omdat ek baie van my mooi goed self gemaak het. Ek is mal oor kleur en daarom omring ek myself met kleur. Die Here het vir my hierdie talent gegee en ek probeer dit in elke aspek van my lewe gebruik.