Tuesday, August 19

'n Goeie fliek en ware storie

"There is a way to be good again."



Gebasseer op die book "Kite Runner" van Khaled Hosseini 'n ware verhaal van vriendskap, familie, misverstande en die kans om dinge reg te maak, kom die rolprent "The Kite Runner".


Ek wil nie die fliek bespreek nie, want julle moet dit self gaan kyk, maar wil julle vertel van 'n deeltjie wat vir my interessant was. Om eerlik te wees een van die deeltjies, want die fliek het eintlik klomp lewensstories in een. Dit was die eerste keer dat ek gehoor het van die vlieer "tradisie" in Afghanistan.


In die fliek kan mens sien hoe Amir en Hazara deelneem aan 'n "veg-vlieerkompetisie met Hazara die baie suksesvolle "kite runner". Vegvlieer kompetisies is ook baie bekend in lande soos Pakistan, Indie en Korea.

Hierdie "gebruik" of tradisie is tussen 1996 en 2001 deur die Taliban stopgesit. Met Eddie se huidige besoek aan Afghanistan was ek baie geintresseerd in die kinders ... en na die fliek, nuuskierig of daar nog vlieers gevlieg word. En die terugvoering is JA, met die begin van die vlieerseisoen wat September begin, is die winkels vol vlieers en die huisdakke is vol van kinders wat hulle vlieers van daaraf vlieg. Al is die mense van Afghanistan nog nie heeltemal "vry" nie, is die vlieers en vir daai oomblik wat die kinders hom hoog bo kan laat vlieg, kan hulle ook begin "vry" voel.
Daar word wonderlike werk onder die kinders van Afghanistan gedoen. Loer bietjie hier.


En as julle 'n kansie kry, lees en/of gaan kyk gerus die fliek The Kite Runner.

12 comments:

Desire Fourie said...

Baie dankie vir die breedvoerige resensie. Sal die fliek definitief in gedagte hou. Groete.

Anonymous said...

Dis 'n uitstekende fliek en my hart wou breek vir al die baie seer maar toe ook weer vir die vergifnis en regmaak. So die moeite werd om te kyk.

Anonymous said...

Stunning movie! Ek het net Saterdag met die boek in my hande gestaan, maar hier le nog soveel boeke rond waarby ek nie uitkom nie...

Anonymous said...

Desire jy moet defnitief gaan kyk.

Charmaine en Kaalvoetinireen ek stem die fliek is uitstekend

Anonymous said...

Ek het nog nooit vantevore van die fliek of boek gehoor nie maar jy't my belangstelling geprikkel met jou vertelling en en ek het gou op youtube gaan loer na die movie trailer. Ek sien die DVD sal eers in September beskikbaar wees by kalahari.net en ek gaan hom definitief koop.

Anonymous said...

Thea lyk my ek sal maar 'n paar DVD's moet saambring SA toe. Wat kos 'n fliek DVD nou omtrent in SA want hier werk die spesifieke een so R160 uit.

Anonymous said...

Ek self het nog nie na die fliek gekyk nie, maar het baie daarvan gehoor. waar kan ons die dvd hier kry? sal dit beslis graag wil sien.

groete

Anonymous said...

Hi Mariette mens kan dit by Carrefore en Virgin kry. Jy sal nie spyt wees nie.

Anonymous said...

Het juis vanmiddag op ons voorstoep gestaan en kyk hou daar 8,10 ,12 vlieers bo ons buurt rondvlieg. Tog so mooi gewees, veral omdat hierdie in die presiese omgewing is waar die storie van die boek afspeel.

Het gister 'n egte "Kite Runner" gesien, wat toe die vlieer begin val volstoom oor die pad en tussen die mense en karre oppad was om dit te loop vang.

Anonymous said...

Sandra, as jy hom by kalahari.net bestel, gaan hy met posgeld by ook om en by R160 uitwerk.

eilandkind/islandchild said...

Baie goeie boek en fliek, my baie hard en lank laat huil..

Muriel said...

Ek het dit nog nie gesien nie. Ek sal dit definitief moet kry!!

Dankie Sandra