Sunday, August 31

Jippie!!!!!!

Na 85 dae breek die groot dag weer aan ... die skool begin!!!



Alhoewel dit lekker is om laat te slaap, te gaan fliek, inkopies te doen, lees, ens. raak dit na amper drie maande te veel, selfs vir die "student", dus was/is ons almal opgewonde oor die nuwe skooljaar wat aanbreek. Dis nie 'n normale begin nie want met Ramadan wat heelwaarskynlik more afskop (hulle moet eers die maan sien), begin die skool 'n uur later en hou 'n uur vroeer op. Vir die onderwysers wat die leerplan gedurende hierdie maand moet laat hardloop en byhou is dit nogal 'n uitdaging. Nelmari wou al 'n hele uur voor die skool by die skool wees vir 'n baie goeie rede .... sommer. Verlede jaar is hulle met banier en ballonne verwelkom en vanjaar dink ek was ons selfs te vroeg daarvoor.

8 comments:

Desire Fourie said...

Ons wens jou 'n propvol, lekker en besige skooltermyn toe. Geniet dit. Groete van Gauteng.

Anonymous said...

Aai sussie, hoe kan skool dan so lekker wees? Hoe wens ek nie ek het elke jaar 3 maande se "lang" vakansie nie, met 'n klomp kortetjies so tussen in.
Jy moet die nuwe skooljaar geniet, veral die sport en IB Program wat nou vir jou wag, en pas daai knieg op.

Love, your old daddy!

Anonymous said...

Ek vonder of daai "old daddy" more na my volleyball tryout toe gaan kom???

Anonymous said...

Nelmari, mens moet goed wees om so lank en positief vakansie te hou... jy gaan die skooljaar geniet. Liefde

Thea said...

Geniet jou nuwe skooljaar Nelmari!
Volleyball??! Lekker!!

eilandkind/islandchild said...

Ai, kan mens ooit moeg wees vir rus en shop?!
Sterkte vir die jaar, Nelmari.

Anonymous said...

Dankie almal! :D

Muriel said...

Hi Nelmari hier kom agter-os ook!
Lekker skooljaar vir jou!
XX