Friday, August 22

By die valke hospitaal ... naby die valke 2

Ek is nog steeds besig met ons dag by die valke hospitaal ... Ok die arabiere het nou nie hondjies wat hulle ronddra en aantrek soos van die beroemde sterre nie, (ek weet my "beroemde vriendin het ook chichauhaus, maar sy tof hulle nie op nie) en mens kan ook nie 'n valk regtig aantrek nie, maar daar is tog iets wat hulle kan dra om "off te show". Hulle hoedjies of maskers!!! Hier is twee soorte.




Dis soort van 'n trademark vir die eienaars en almal (dis nou die valke) dra verskillende soorte. Hier is van die pasiente met hulle maskers. 'n Masker-parade. Dit help natuurlik ook om hulle oe toe te hou dat hulle nie die ander valke kan sien nie en so bly hulle uit die moeilikheid. Die dr vertel dat by die ryker sheikhs kom die veer van die eerste voel wat die valke vang in hulle hoed/maskers. En dan kry ons 'n kans om self een van die valk vas te hou. Natuurlik moet ons 'n handskoen aankry. Nelmari en die valk lyk heeltemal ok met mekaar. Ek lyk maar ook 'n bietjie skepties en die valk wil niks van my weet nie. Ons twee sal nie 'n span maak nie dit kan ek sien. Hierdie valk kry 'n kwarteltjie vir middagete. Julle moet net hoor hoe kraak die bene van die kwartel terwyl hulle eet. Die teater vir die ernstige operasies. Nou hoor ek wat die rede vir die TV in die ontvangs is. Die operasies hier word direk van hieraf op die TV daar gewys. Wat fun kan dit nou wees om te kyk hoe 'n mede-valk gesny word? Maar moet hierdie hospitaal nie vlak kyk nie want hulle het 'n goeie toegeruste labratorium waar navorsing oor verskillende siektes en kossoorte ens. gedoen word. Daar word ook studente ingeneem wat hulle prakties hier kan doen en die mense kom van regoor die wereld om hier opleiding te ontvang. Hierdie toetse was interessant. Hulle wys hoe daar verskillende goed "gegroei" word om teenmiddels ens. te kry. Op 'n stadium in die valke se lewe verveer hulle ... en dit vat ses maande! Hier kan hulle nog lekker rondvlieg en het allerhande plekke om te sit en kuier. Daardie "hok" agter Nelmari is 'n aircon sitplek vir die valke. Daar is een aan die ander kant van die hok ook en die valke vlieg dan van een aircon na die ander as dit warm is. Ons word ook toegelaat om een van die hospitaal-sale te besoek. Elke valk is in sy eie private kamer met sy hospitaalkaart en masker wat voor die deur hang. Hierdie ou lyk asof hy homself baie jammer kry, of dalkies is dit die groen kleurskema. Daar is ook 'n ICU kamer. En 'n herstel kamer waar die vlerke bietjie oefening kan kry. Hierdie valkie verdien sy eie foto want sy/haar eienaar is 'n baie bekende onder die royals en hy's net Dh150 000 werd (R300 000). En toe is ons klaar met die hospitaal ... maar nog nie met die uitstappie nie ... kom loer weer.

13 comments:

Desire Fourie said...

Wow, hierdie valke hospitaal lyk meer ingerig as meeste van die mense-hospitale hier in SA. Voel net baie jammer vir die kwarteltjie, maar dis die natuur vir jou. Groete

Thea said...

R300 000 vir 'n voël?? Nee kyk, hierdie ryk Arabiere het duur stokperdjies. Dis verstommend hoe goed die hospitaal ingerig en toegerus is!

Hehehe Sandra... jy lyk reg vir daai valk as hy iets sou probeer!! :lol: Ek sou ook maar aan die versigtige kant wees...

Anonymous said...

Desire ons was net so beindruk met die hospitaal en toerusting.

Thea moet nie spot nie :-), daai voels eet dat die bene kraak.

eilandkind/islandchild said...

Dis baie interressant Sandra, ek was ook by 'n valke hospitaal in die UAE. Dit was egter nie so groot nie, maar alles groei ook so vinning in die UAE, dalk is dit dieselfde een.
Jy het nou 'n herinnering wakker gemaak, wat ek al vergeet het!
Ek geniet jou blog vreeslik baie.

Anonymous said...

Hi Eilandkind. Hierdie hospitaal is vanjaar 9 jaar oud en dis dalkies die een waar jy ook gaan besoek het. Hoeveel jaar terug was jy in die UAE?

Anonymous said...

Hey
Sandra jy moet net anders na jou en die valkie kyk. Sien julle kyk eintlik in dieselfde rigting!!!! So dalk sal julle goeie span maak!!
Definitief, party mense hospitale sal wat wil gee om sulke toerusting en fasilitiete te he!!
Annie

Anonymous said...

Dat dit nou 'n valk kos om 'n foto van jou op jou eie blog te kry...
:-)

Anonymous said...

Annie ek en die valkie het beide die ontsnaproete dopgehou!

Weet nie wie is anonymous nie, maar ja die ou foto'tjies kom so al om 'n ander maand of drie.

Muriel said...

Hierdie valk hospitaal lyk beter as ons Suid Afrikaanse hospitale.

Anonymous is seker Charmaine ;) Ek val ook amper van my stoel af, toe sy 'n foto van haarself vir ons hier op plak!!! (En dit sonder 'n gesmeek) whahaha

Sandra, baie dankie vir hierdie inskrywings, ek het so lekker gelees vandag!!!

Anonymous said...

Lekker breuk gehad Muriel? Ek se niks oor die foto nie :-)

Anonymous said...

Anonymous is niggie RonelLE!!!!
(Weet nie hoekom my naam nie wys) Sukkel en soebat al baie lank vir 'n facebook profiel foto ook. Ek wag Sandra...

Anonymous said...

Ja die hospitaal is amazing. Ek wou eintlik vra of ek nie ook in 'n bakkie kan hoes dat hulle kan sien watse kiem ek het sodat hulle die regte medisyne kan gee nie. :-) Hulle toets tot die medisyne wat die beste werk om die kiem dood te kry. Wat die ouens nie alles vir hierdie valke doen nie. Muriel... vir 'n keer is dit nie ek wat anoniem bly nie :-) Nou hoop ek my naam wys as ek publish..

Anonymous said...

RonelLE bly ek weet nou wie die naamlose is :-). Watse familie gene is so ongeduldig :-)!

Ek sien jy het die naam storie ook nou mooi uitgewerk maat - mooi so!