Friday, August 29

Los drade

Ek's amper of vakansie!!! So, dis tyd om 'n paar los draaitjies op te tel en af te handel. Hier is so 'n "foto all sort". Pixie is eintlik gesond en die skermpie is af. Sy het dit natuurlik behoorlik laat betaal vir die ongerief wat sy moes verduur. Al haar frustrasies is op die skerm uitgehaal.Ek wil nie kla oor die hitte nie, dis baie warm, maar die humiditeit is een teveel. Charmaine het ons gestaan vir aandete en ek kon nie eers foto's neem nie kyk net hoe wasem alles toe van die hitte! Maar volgens die datums is die lente nou amptelik met ons vanaf 21 Augustus!! Julle moet asseblief bietjie koue en reen vir my hou daar in die Kaap.Dit was ook dogtertjie week vir ons. Na 'n baie lang vakansie in SA kom Emily weer hallo se. Sy het so groot geword. En Vrydag kuier Jennifer by ons. Sy wil net by Nelmari sit. Intussen was hulle elk nog 'n keer by ons en dis darem lekker om te sien hoe ons "kleinkinders" van die woestyn groter word elke dag. Van ons groepleiers van Abu Dhabi, Al Ain, Dubai en Sharjah kom bymekaar om die jaarprogram op te stel en al die kampe en uitstappies te reel. Sommer baie om na uit te sien vanjaar. As julle hier gaan loer kan julle meer lees wat ons met die SA kindertjies hier aanvang. En natuurlik het ek een of ander tyd hierdie week vir Charmaine zoo koekies belowe. Annie hier is die bewys ... sy het 'n oranje en groene gehad en die volgende dag 'n pienke. (Sal jy vir my volgende keer ook saambring omdat ek gedeel het asb?!)

13 comments:

Anonymous said...

Ek sal sommer vir jou baie pakkies bring oor jy so mooi gedeel het. Charmaine was die koekies darem lekker?
Hou lekker vakansie Sandra!!!
Annie

Anonymous said...

Sandra as jy verseker koue en reen wil he moet jy maar vir my kom kuier. Ons het twee dae lank lente sonskyn gehad. Terug met die wolke en onder 10 grade
AN

Anonymous said...

Hi Annie. Ja dankie die koekeis was baie lekker..:-))Ek is baie jammer vir jou oor daardie groot koue Annie. Jy moet maar so twintig grade hier kom haal dan kan ons ook weer asem kry.
Dankie vir deel maatjie. Ek hoop jou vakansie gaan wonderlik wees. Jy verdien dit dubbeld en dwars.

Anonymous said...

Jy moet jou vakansie geniet Sandra! Wanneer vlieg jy? Ek het gisteraand gesien daar's weer 'n koue front oppad Kaap toe. Intussen geniet ons heerlike lenteweer hier in Gauteng met net hier en daar nog 'n koeligheidjie in die oggende en aande.

En Jennifer en Emily is 2 pragtige ou dogtertjies!

Anonymous said...

Annie ons kan dalkies julle koue en ons hitte blik en verkoop, wat dink jy?

Sal ons daai blikprodukte koop maat?

Thea eers volgende Woensdag, maar daar's klomp goed wat voor dan nog moet gebeur.

Desire Fourie said...

Ek neem Pixie glad nie kwaad dat sy haar frustrasies op daardie aaklige skerm uitgehaal het nie. bly om te sien dat sy weer gesond is. Zoo koekies ... hoe laat dit my nou terugdink aan my kinderjare. Jy moet jou tydjie hier in SA kom geniet en ek hoop die Kaap het darem 'n bietjie koeler weer vir jou. Gauteng Groete

Thea said...

Sterkte met al die reëlings en dingetjies Sandra!

Daar's vir jou nog 'n ou ietsietjie op my blog!

Anonymous said...

Hi Sandra
Jy weet ek het nog iewers n blik seelug of die graas van n skulp of so iets. Dit lyk my daar is mense wat sulke geblikte produkte koop!!!!
Annie
PS. En ek ken so een

Anonymous said...

Desire ek kan doen met lekker koue weer.

Dankie Thea ek waardeer.

Annie .... dit was vars Kaapse lug en wie sal dit nou nie wil he nie?! Jy nog nie lus gevoel om dit te ruik nie?

Anonymous said...

Hoekom sal ek nou my blik wil oopmaak en die misterieuse romantiesgeit van die blik bederf!!!
Annie
Ek het hom nog!!!!!!!!!!!

Anonymous said...

Annie maar hoe lank bly lug vars?! Dis tyd vir nuwes.

Anonymous said...

Hi Sandra,

Wipneus het my neus so bietjie in hierdie rigting gestuur. Ek het gou so paar van jou inskrywings gelees en dit geniet. Ek sien die kleinding hou ook van die Zoo koekies, jy kan n hele bak vol koekies voor my kleinding los en hy sal krap totdat hy net Zoo's in sy hand het.

Jou kinders is pragtig hoor! Jy is seker die 3 maande vakansie is nou op n end. Sjoe, ek dink ek sou mal geword het!

Anonymous said...

Welkom hier Zee. Hier by ons is dit nie net die kleintjies wat erg is oor die Zoo koekies nie, maar omdat dit iets van die "huis" is, steek mens dit maar weg en deel suinig want almal wil he.