Saturday, August 9

Bietjie nuus van die seuns

Die seuns is terug in Bloemfontein en vir die eerste twee dae was Eddie saam met hulle daar so ek kon mooi verslag kry van terug op kampus. Dis altyd lekker om van hulle te hoor!Duidelik was die baie eet op vakansie nie Abu Dhabi of ons skuld nie, want hier sien ek hulle alweer met pizza's. Leane drink 'n sterk koeldrank saam met hare. Leanne geluk met jou verjaarsdag vandag! Ons hoop dis 'n wonderlike dag propvol verrassings!!James voel die koue van Bloemfontein en maak koffie. Ek gaan niks se oor waar hy die handdoek om sy lyf vandaan kry nie. Hier sit hulle in hulle "ten volle toegeruste" sit/eetkamer, TV kyk en eet. William en Tessa maak hulle self ook warm met koffie. Langs Leane sit haar ma Sue. Die volgende dag het Eddie hulle weer uitgeneem vir ete. Tessa en William besluit wat hulle gaan eet. Intussen is die vuil wasgoed wat hulle gelos het terwyl hulle op vakansie gegaan het in sakke gesit en by die wassery gaan ingee. Ek kan dit nie glo nie - seuns julle het teveel klere. Maar terug in Bloemfontein beteken ook terug by die studies, alhoewel ek geen foto's as bewys het nie.James is al klaar weer besig met die hokkiespan se fiksheidsprogram terwyl William en Tessa mooi kyk hoe dit gedoen word. Dit lyk maar koud. William vertel dat hy ook verlede naweek die Vrystaan en Noord-Kaap Skole se kultuurfees gaan bywoon het om Tessa se broer en suster te ondersteun. Johan het eerste geeindig in die gedigte afdeling vir Graad 9 en haar sussie Nellie was tweede met haar gediggie "Oupa Uil" in graad 2. Ek kan nie onthou wanneer laas ek 'n skoolsaal soos dit gesien het nie.
Hierdie naweek neem die seuns deel aan die intervarsity teen Pukke .... hoop dit het goed gegaan en ek wag vir die foto's!

8 comments:

Anonymous said...

Shame, die kinders het seker gesukkel om weer by Bloemfontein se koue aan te pas na die lekker WARM weer daar by julle. Dit klink vir my of hulle sommer al weer goed aan die gang is!

Muriel said...

Die jaar is dit erg koud gewees. Nou wat kies mens, Abu Dhabi se hitte of Bloemfontein se koue???? Wat stem die kinders?

Ek sien die kroos is alweer terug in roetine en besig.

whahahaha ek het gedink dis 'n meisiekind wat daar staan en koffie maak met haar rompie. Al die tyd is dit James met 'n handdoek!!!! (bloos)

Anonymous said...

Ja Thea hulle is aan die gang alhoewel ek nog nie boeke voor hulle sien nie.

Muriel die handdoek is iets om oor te bloos want dis eintlik 'n kombersie wat hy "gesteel" het. Die logo is nog op ... ai tog

Anonymous said...

Ek sou veel eerder bietjie warm kry as koud wees. Hierdie bloemfontein maak my partkeer baie lam.En vroeg opstaan is soooooo moeilik, veral gister se kwart voor 6 op n saterdag!

dis ook eintlik nie n handdoek nie maar my handige kombersie wat ek geleen het van emirates airlines. baie handig om in die koue huis rond te loop vroeg in die oggend.

Anonymous said...

Net so klein rukkie se koue en dan kom September en die lente... en ai... ek missss dit... lente, bloeisels. Vasbyt ouens.

Anonymous said...

Seun ek het gedog met die radiostasie het jy gewoond geraak aan die vroeg opstaan? Ek verkies 'n bietjie koue weer maar dan moet ek eerlik wees, ek het nog nie Bloemf se koue gevoel nie. NZ s'n was vir my lekker

Anonymous said...

Leane, geluk met jou verjaarsdag!!! Hoop die Here seen en spaar jou nog baie jare.
Elriza

Anonymous said...

Baie Dankie! hoop als gaan nog goed daar by jou, Elriza!