Saturday, August 16

Besige naweek in Bloem

Verlede naweek was dit Kovsie intervarsity teen Pukke en soos die seuns se, hulle het in die meeste sportsoorte "ons gatte goed geskop". William het vir die universiteit pluimbal gespeel en met twee van die span se spelers in Beijeng, het dit glad nie goed gegaan met hulle nie. Daarna was dit die twee boeties se beurt om vir die universiteit se volleybalspan te speel. Natuurlik kla hulle al lank dat die rugbyspanne al die sportgeld kry, so die vreugde was groot toe hulle die Pukke behoorlik ore aangesit het na min oefening, in die volleybal 5 - 0 ... en die beste van alles was dat die rugbyspan Shimlas verloor het. Daarna moes James gou hokkieveld toe om te sien hoe sy span doen, maar ongelukkig het hulle verloor. Omdat dit Leane se verjaarsdag was, het hulle bietjie gebraai en Eyetoy gespeel op die playstation met almal wat rondhol en spring. (Seun was daar net meisies?) Die "goeie" naweek is met 'n ete afgesluit en in James se woorde "William en Tessa kan weer nie stil sit nie. Ek het amper gevoel soos 'n pa met kinders in die restaurant :-0"
Dankie vir die foto's en vertel seuns. Hoop Tessa het ook 'n lekker verjaarsdag gehad!

13 comments:

Anonymous said...

Mooi manne, ek is trots op julle dat julle steeds so aan alles deelneem, al wen julle net party maal.

Leane', smaak jou snoesige baadjie sommer baie, lyk vir my so ietwat bekend!

Tessa, hoop jy het ook lekker verjaar so saam met my oudste se "mini geoloog", maar woord van waarskuwing aan julle twee, hou asb daai boeties dop as daar so baie ander meisies is......veral die jongste!

Ouboet, geen popcorn potte op die vloer nie asb.

Desire Fourie said...

Ja nee, waar is die sorgelose dae van student/skolier wees. Geniet dit terwyl julle kan!

Muriel said...

Wen of verloor solank mens dit net geniet nê? Dit lyk my of julle dit baie geniet het!!!

Ek hoop ook dat Tessa lekker verjaar het.

Geen tekort aan bewonderaars nie. Of hoe lyk dit vir jou Sandra?
hie hie

Hoop julle hou lekker naweek!!!

Anonymous said...

Desire ek hoop tog nie dis "te sorgloos" nie:-)!

Goed om van jou te hoor Muriel en ja ek het 'n bekommernis oor die bewonderaars. Lyk my hulle probeer opmaak vir die feit dat hulle (die seuns) in 'n "segregated" skool was. Dink jy ek behoort bekommerd te wees?

Anonymous said...

Hey ouens, opreg trots op julle!!! So lekker warm gevoel van Alma Mater, maar ai, die verloor... volgende jaar sal dit betert gaan ne? Baie geluk met julle verjaarsdae meisies. Geniet die studentedae en maat geen rede tot kommer , julle seuns is pragtig binne en buite

Anonymous said...

Whoo hoo! Go PUKKE!!!!!
Geniet die studente dae soveel as wat julle kan! Ek mis dit elke dag! Die wereld daarbuite is nie altyd so lekker nie...

Anonymous said...

Maat ek's seker jou hart is seer oor Kovsies wat so sleg gedoen het en

Kaalvoet jy mag nie vir Pukke hier skree nie!

GO Maties!

Anonymous said...

Ten minste het di kovsies meer games gewen as die SA manne wat Beijing toe is. En selfs meer punte gekry as die Springbokke.

En daar was omtrent net meisies ja, soos dit maar altyd is. Maar ons gedra onself mos.:)

Het die intervarsity baie geniet aangesien dit my laaste een was voor ek klaar maak.

Anonymous said...

Seun ons sportspanne is 'n sensitiewe onderwerp op die oomblik.

Jammer jy het jou laaste intervarsity met 'n besering afgesluit --- jy moet mooi werk daarmee.

Muriel said...

Sandra, bekommerd? Ek glo darem nie so nie. Mens kan mos ook nie help as jy aantreklik is nie. whahahaha

Anonymous said...

Ai, die lekker studentelewe en die meisies!! ;-) Julle moet dit geniet terwyl julle pa nog vir julle sorg!

Dit was vir my een seun 'n groot aanpassing toe hy vroeër vanjaar moes begin werk na 6 jaar van studeer!

Anonymous said...

Muriel ek bly doodstil ....

Ja Thea, James begin noual daaroor kommer. "Wat gaan ek eet voordat ek my eerste salaris kry?" is sy grootste worry. :-)

Anonymous said...

Baie dankie vir die verjaarsdagwense. Ek waardeer dit baie. Ek sal verseker vir William dop hou!