Saturday, August 23

Dis jou verjaarsdag vandag

Annie dis jou verjaarsdag vandag ....

Ons verstaan van oud word en vergeet en daarom so 'n klein bietjie onthou's ....

Onthou jy ...... Die kameelrit en die mooi afklim? Toe jy wou wegloop in die woestyn .... Toe die 7ster hotel se fontein jou dansvloer was .... Die voormalige president van die UAE se geboortehuis 'n rusplek was .... Jy ons Abu Dhabiers gewys het hoe gebruik mens eintlik die gat in die grond ... Jy Al Ain se watertoevoer wou toedraai .... Jy belanggestel het in die kameel se prys en die verkope se luishoedjie ..... Of nog verder terug. Die toespraak wat jy hier vir ons in NZ gemaak het? Die hot chochalate op die kombuiskas met ons sokkies (lyk of Charmaine koud kry)

Ons kan nog selfs verder teruggaan en genadiglik is daar nie foto's nie. Onthou jy Hawekwa en die bustoer? Charmaine met haar "Al le die berge nog so blou"? Hieanas op nagmars? 'n Trippeldekkerbed terwyl ek en Charmaine glad nie goeie maatjies is nie en vir jou lag? Lekker mini-vergaderings by die voorsitter tafel? Ag en nog sommer vele ander? Indien wel is jy nie so oud nie vriendin!!
Charmaine se: "Annie, baie geluk met jou verjaarsdag. Ons sal ons verbeel ons eet daardie amazing ontbyt in New Zealand saam met jou. Mag dit 'n wonderlike dag wees. Allerbeste wense vir jou vir 'n baie spesiale jaar. Dink aan jou met liefde.

Al die Holloways se ook ons wens vir jou 'n baie mooi en spesiale dag toe. Ons dink aan jou!

Drink 'n koppie koffie saam met ons op jou verjaarsdag daar ver in NZ vriendin!!

23 comments:

Anonymous said...

Baie dankie vir die goeie wense en die onthou. Ek kon elke foto onthou voor ek die onderskrif gelees het. Die ander onthou ven Hawekwa was hoe koud ek gekry het. Selfs nie eers hier in KOUE NZ-Charmaine- het ek so koud gekry soos daai nag nie!!!!
Baie dankie en dit is bewolk vandag, reen nog nie maar gaan binnekort. Ons gaan op wynplaas eet vanmiddag en ek kry Crunchie bar by kerk oor ek verjaar en Sandra, ek het n kamera gekry!!! en hy het al sy drade en kan ook met die rekenaar praat. Whaauw!!!!
Baie dankie
Annie

Anonymous said...

Weer ek. Ek moet Zoo koekies saam met my dogter eet vendag. Het n pakkie vir haar gestuur vir haar verjaarsdag. Julle weet daai met die gekleurde icing en die diertjies op. Sal dit saam met julle koffie doen vnaand voor ek gaan slaap maar ek sal net hot choc drink anders slaap ek nie
AN

Anonymous said...

Dit lyk vir my of julle drie al baie groot sports saam gehad het!! Nou ja, mens is so oud as wat jy voel!

Baie geluk met jou verjaarsdag Annie! Geniet die ete op die wynplaas, die kamera, die Zoo koekies en al die ander lekker dinge!!

Anonymous said...

Ai Annie, sal Zoo koekies nou nie lekker wees nie!!1 Jy moet 'n wonderlike dag he vriendin. Voel ons saam met jou. En geniet die koue en die hot chocolate. Ons dood nog steeds hier van die hitte.

Anonymous said...

Thea, ons het omtrent al saam gelag en gehuil. :-) Dis twee baie spesiale vriendinne die.

Anonymous said...

Annie gaan ons fotos kry met noudat jy die nuwe kamera het?! Het nie eers geweet NZ maak hul eie wyn nie, maar jy moet lekker kuier en ja ek ken daai koekies en laat gereeld van die huis af kom. (Onthou dit met jou volgende kuier).

Wat Hawekwa betref, kan ek nie die koue onthou nie, waarvan praat jy?

Anonymous said...

Thea ja ons het al baie pret saamgehad en natuurlik is ek die een wat hulle moet beheer!

Maat soek jy zookoekies? Jy moes net gevra het, ek kan vir jou 'n pienke gee!

Anonymous said...

Nee wag, jy kan 'n groene kry!

Anonymous said...

Maat kan ek groen en pienk kry? :-)
Asof ek dit kan bekostig..

Anonymous said...

Dis Annie se verjaarsdag hoekom wil jy twee he? Jy kan kies tussen die groen en oranje een en dis verniet :-)

Anonymous said...

Ek het noeg al die kleure het net van die winkel af twee bloues en een pinke ge eet. Nog nie by die groenes gekom nie. Jy moet maar duim vas hou vir die fotos. Hoop al die drade en goed werk en hulle het nie verstoppings in nie. Sandra, julle het truie en slaapklere en slaapsakke gehad vrou. My goed was ingepak en ek het onder twee handdoeke geslaap.

Dankie vir die goeie wense thea, ja ons het sports gehad en dit lyk my nou wag ons net vir Sandra se laaste een om klaar te maak met skool dan hervat ons dit!!

Dink julle ander twee nie n reis om die wereld met rugsakke sal lekker wees nie.

Charmaine as ek weer kom dan eet ek al die ander kleure van die zoo koekies op en bring vir jou n vol pakkie vandie kleur wat jy die meeste van hou. Sal jou nie net N koekie gee nie

Die ete was heerlik natuurlik Salmon geeet hoe dan anders. Die hemele het toe oopgemaak al vroeg al, en dit stroom nog die hele dag. Baie baie grys

ANnie

Anonymous said...

Lyk my ek sal maar vir jou TWEE PAKKIES moet bring Charmaine as sy jou nie eers twee koekies wil gee nie. Is daar oranje koekies ook. Lyk my ek sal nou maar die pakkie moet gaan verder oopmaak
AN

Anonymous said...

Haai Annie, ag dankie hoor. Intussen sal ek maar die EEN ou koekiekie solank gaan eet (dankie maatjie, ek is nie ondankbaar nie) en sal seker moet olka bolka riebikie stolka om te sien of dit oranje of groen moet wees. Die "om die wereld" deel klink vir my goed... die met "rugsakke" deel kommer ek oor. Sal dit dan te voet moet wees... :0

Ja Annie, gedink dit sou salmon wees want jy eet selfs salmon by 'n steakhouse?? ;-))Bly jy het dit geniet.

Anonymous said...

Ek het nou net my Hot Chocolate gedrink en voel skoon siek nadat ek meeste van die zoo koekies opgeeet het. En van al die kleure geproe het en die bloues is die beste!!

Ja Charmaine om die wereld en met n rugsak, te voet?? sal sien daaroor dalk maar liewer fietse!!

Baie dankie julle twee vir vandag se pret. Die water loop nog steeds van bo af en my agterplaas kort nou net n paar eendjies. Wonder hoe lyk die res van die stad of die rivier weer oor sy walle is.

Gaan nou in my bedjie met sy warmkombersie klim en lees.
Lief vir julle almal
Annie

Anonymous said...

Annie jy toe die oranjes gekry? Hulle proe almal dieselfde man. Net 'n vragie, bring jy net vir Charmaine zoo's?

Wat die "toer" betref ... wanneer ons dalk eendag daarby uitkom kan dit dalk rolstoele wees.

Geniet die reen en kry vir jou eendjies!

Bly jy het 'n lekker dag gehad!

ns Ek kan nie glo ons het jou onder twee handdoeke laat slaap nie, jinne wat was fout met ons?

Anonymous said...

Annie, hoop jy het lekker verjaar en dat daai vriend van my jou sommer baie bederf het. Ek probeer nog steeds vir jou 'n bestuurs lisensie reel, kan ek maar nie ophou en met my werk aangaan nie, asb!

He, he, heeeeeeeeeeeeeeee!

Oeps, skies.

Desire Fourie said...

Baie geluk Annie. Dit lyk asof jy 'n regte egte bok vir sports is!

eilandkind/islandchild said...

Ja-nee, geluk Annie! Jy lyk na fun!
Oe, hoe water my mond nou vir daai diertjie koekies, ai....

Muriel said...

Hi Annie, baie geluk met jou verjaarsdag, mag jy 'n wonderlike jaar geniet!! Ek is ook nou lus vir Zoo koekies ;)
Ek het al hierdie foto's nou so geniet, lekker memories vir julle!

Anonymous said...

Baie dankie vir al die goeie wense van die manse wat ek net van lees. Muriel(ek het ook n wipneus)Eilandkind(ek bly letterlik op n eiland)Desire en Eddie(voorsorg altyd beter as nasorg so hou maar aan met die lisensie!!haha)

Sandra jy kry dan van die huis af zoo koekies en se nie eers vir Charmaine. Hierdie keer kry sy die Zoo koekies, sal oorweeg vir Fudge vir jou!!

Yp net twee handdoeke. Wiet gese dis nie koud in die Kaap nie??

Sandra = Jy moet droom en GROOT droom. Ons gaan nog iewers saam heengaan - EN SONDER ROLSTOELE

Lekker dag vir julle. Dit reen nog steeds maar soos in die wolke het nog nie eers gebreek nie en die ergste se hulle kom nog vandag. Dis nie soos julle reen ken wat val en op hou en weggaan en weer terug kom nie nee-dit loop konstant uit die lug uit. Net partykeer bietjie sagter miskien

Annie

Anonymous said...

Ek sien uit na die zoo koekies Annie en as ek so luister na te voet, dan fietse dan rolstoele dan dink ek moet ek solank die brandweer en die ambulans op kommandeer :-) Annie, bak klomp pannekoek vandag en eet vir ons elkeen tenminste drie... en dan lekker koffie... latte is reg met my en geniet die reen. Ons is jaloers..

Anonymous said...

Sjoe hoe groot wil jy he moet ek word!!! Charmaine??
Pannekoek klink reg het toe maar vanilla latte vir jou gedrink. Dit reen nog steeds. Groot oorstromings, paaie toe ens.
AN

Anonymous said...

Desire, Eilandkind en Muriel dankie vir die inloer en ja Annie is fun.

Annie ek bring altyd vir Charmaine ook iets van die huis af!

Julle moet die reen geniet en ja bak lekker pannekoek. Waar's die foto's met die nuwe kamera? Jy moet ook maar 'n blog oopmaak dan kan Corli en Johann mos ook sien wat jy doen.