Monday, August 25

Dis nie net valke nie - 3

Na ons warm hospitaal besoek aan die VIP valkies kry ons middagete. Ons word na 'n eenvertrek gebou geneem met tradisionele sitbanke en Nelmari sit in die hoekie. Die ander deel van die kamer lyk so en mens kan lekker sit maar die opkom?! Die deurwag wat ons by die hospitaal ontvang het was heeltemal opgedress en hy kom ook die kos bedien. Ek kon net deur die deur 'n foto van hom neem dat hy nie kan sien nie. Die kos wat hulle voorsit is tradisioneel met 'n GROOT verskeidenheid hoender in alle vorms en geure selfs eiers :-). En hierdie klomp kos is net vir ons 3 terwyl die kelder in sy tux vir ons dophou. Die tafel is gedek langs die klomp kos op die grond en ons eet sommer so van die vloer af en natuurlik moet ons alles proe. Ons hoor dat die sheikh se hondeteelsentrum naby is, en wil gou gaan probeer inloer. Ek weet nie wie van julle die Arabiese Saluki ras ken nie, maar die saluki's word beskou as die oudste "troeteldier" ras waarvan daar kennis gedra word en hulle geskiedenis kan amper 7000 nagespoor word. Hoe amazing is dit. Eindelik is dit nie vir my heeltemal 'n mooi hond nie, hulle lyk te maer en ek het net die heeltyd gevoel ek wil vir hulle kos gee maar hulle is bekend vir hulle spoed en uithouvermoe. Vroeer jare het die Saluki's deur die Midde Ooste en woestyn vanaf die Sahara tot Caspian see saam met hulle eienaars gereis. Alhoewel ek nie dink die plaaslike mense weet hoe om met troeteldiere te werk nie, is die betrokke sheikh erg oor sy honde. Hulle word geteel vir spoed en daar word gese dat die Saluki selfs vinniger as die "greyhound" van teen 45 mpu hardloop, kan hardloop. Die honde is nie dom nie want alhoewel die eienaars al probeer het, stel hulle glad nie daarin belang om agter elektroniese hase aan te hardloop nie, so as renhonde kan hulle nie gebruik word nie. Hulle se dat die Saluki's wonderlike persoonlikhede het en dat hulle gesinshonde en baie sosiaal is. Die babatjies moet van kleinsaf aan mense gewoond word en toe die ouens sien ons dood oor die honde en baba's het hulle ons binne die hokke toegelaat. Hierdie een het my hart gesteel en hy kon nie naby genoeg kruip terwyl ons hom vasgehou het nie. Hulle se dat mens nie nodig het om hierdie honde te dissiplineer nie en indien jy dit wel doen vergeet hulle nie en sal hulle jou so gou as moontlik terugkry daarvoor. Die saluku's is oorspronklik geteel as jagters. Omrede hulle lae liggaamsvet (hulle lyk vir my siek maer) is hulle vreeslik sensitief vir seerkry en kan baie geraasmaak indien hulle seer het. Hierdie paartjie wat so Nelmari se aandag soek, was dierbaar. Natuurlik het ek vir myself 'n lat gepluk om haar die honde te wys want nou wil sy net een he. Ek kan nou ook sien dat Luie (ons basterbrak) wat saluki in hom het, beslis min gene het want sy body-fat is beslis nie op dieselfde vlak as die honde nie. Hy aard maar seker na sy ounooi

7 comments:

Anonymous said...

Jitte maar dit lyk na 'n lekker uitstappie wat julle daar gehad het.

Desire Fourie said...

Weereens dankie Sandra vir hierdie baie interessante skrywe oor die Arabiese Saluki hondras. Stem saam, hulle lyk darem maar 'n bietjie maar en honder.

Ek het vir jou iets op my blog Doing Life. So moenie te lank wag voordat jy weer by Doing Life inloer nie.

Muriel said...

Die kos lyk baie lekker, baie interessante inskrywing oor die Saluki honde. Dankie Sandra!

Anonymous said...

En toe word julle lyk my ook as VIP's behandel!! En die kos lyk baie lekker, ek is nou sommer ook honger!!

Dankie! Dis 'n baie interessante inskrywing weereens. Het ook nog nie van hierdie hondras gehoor nie.

Anonymous said...

Mariette dit was 'n heerlike daguitstappie.

Desire ek het gaan loer en dankie jong sal werk daarvan maak!

Muriel die kos was lekker maar hopeloos teveel.

Hulle se dis die oudste honderas Thea en ons is eintlik veronderstel om te weet?! Dit was vir my ook nuus en hoe die opregtes lyk, ek ken mos nou net vir ou vet Luie.

eilandkind/islandchild said...

Nee, ek was langer as 10 jaar laas daar, so dis nie die valke hospitaal waar ek was nie, die een lyk i.e.g te grénd.
Ons het ook nie so lekker geéet nie!

Anonymous said...

Jinne eilandkind langer as tien jaar terug!! Hierdie dorp het so verander jy sal dit nie herken nie. So baie van die ou bekende en mooi bakens is eenvoudig platgeslaan om plek te maak vir nuwe ontwikkeling