Thursday, August 14

Walvisse kyk

Ek hoor Hermanus adverteer homself as "Die stad van die walvisse" en ek hoop dis van regte walvisse wat hulle praat :-). Elke jaar gedurende Julie kom groot getalle walvisse in die Hermanus omgewing om te kalf in die beskutte en relatief warm baaie. Eddie het verlede maand bietjie die aankoms van die eerste walvisse kon sien, en hy was baie opgewonde oor die groot groep wat saamgeswem het. Vyftig se hy, maar ek en Nelmari is net bekommerd dis dieselfde paar wat elke keer kop uit die water gesteek het --- dit lyk darem na 'n hele klomp :-).
So was daar ook baie mense en "ander" wat gewag het vir die jaarlikse groot gebeurtenis. Die wat nie van die kus wou kyk nie, het reggestaan om met die boot uit te gaan tot by die groot diere.

Omdat hulle baie stadig beweeg en meeste van die tyd bo die water gesien kan word, is hulle maklik van die kus af ook sigbaar. Hulle bly vir tussen 4 - 6 maande voordat hulle terug na die koue antartiek waters gaan. Volgens kenners is die beste walviskyktyd gedurende die maande van Augustus, September en Oktober alhoewel 'n paar reeds in Julie aankom. Ek sal moet gaan kyk, maar nie met hierdie bootjie nie ...

(Kom jy saam Ronel met 'n le?)

11 comments:

Anonymous said...

hi Sandra..dankie vir jou kommentaar op my blog. Ek is gek oor joune en die pragtige foto's hier! Jy laat my sommer verlang na SA en Hermanus. 'n Goeie vriendin van my - hulle is nou burgers van Nieu Zeeland! - se ouers het op Hermanus 'n vakansiehuis gehad en ek was lank terug een keer daar. Was heerlik!

Anonymous said...

Die see ruik nerens anders soos in die Kaap nie! Die meeste walvisse wat ek nog bymekaar gesien het was in Witsand...ek kan nie meer wag vir die Kaap nie! Ek verlang my dood.

Anonymous said...

Welkom Nikita. Ja dis een van die mooi plekke in die Kaap. Ek's mal oor die Kaap punt.

Kaalvoet ek sal dan probeer om dit nie op te gebruik nie en 'n bietjie vir jou oor te los.

Desire Fourie said...

Weereens baie mooi fotos. My gunsteling natuurlik die ou snoesige ou dassie wat heel afwagtend is op die walvisse.

Anonymous said...

Yip!!!

Anonymous said...

Desire daai dassie lyk vir my erg nuuskierig.

Klink vir my reg Ronelle!

Muriel said...

Sjoe dit is asemrowend mooi!!
Dit is magical.

Pragtige foto's ook!

Anonymous said...

Ek wonder wat het die dassie vir walvis gese?
Mooi foto's!

Anonymous said...

Muriel of dit nou tussen die sterre of op die water is, dit is darem special gemaak ne!

Rosalind dankie vir die inloer. Ek dink die dassie sou se "vergeet van die walvisse check my"

Anonymous said...

Pragtige foto's!! Dis nou iets wat ek ook nog graag sal wil gaan kyk (maar ook nie in dáái bootjie nie Sandra) ;-)

Anonymous said...

Thea ek's baie jaloers oor daai wildtuin trippie van jou