Thursday, August 28

Blog toekenning

Ek was bevoorreg om hierdie week van twee mense 'n blog toekenning te kry. Dankie aan Desire en Eilandkind. Ek's bly julle geniet en kuier lekker saam met my hier in Abu Dhabi, dis vir my lekker om ook saam met julle te kuier.

Nou het ek die taak om ook die toekenning aan ses van my gunsteling blog te maak en dis moeilik wat ek lees nie soveel blogs nie. Daar is 'n paar wat onmiddelik met my praat en hulle besoek ek gereeld want hulle is my gunstelinge. Eilandkind het my natuurlik voorgespring en van hulle reeds aangewys, maar .... wat is die gesegte "as jy goed is, is jy goed!", so hoekom mag ek hulle nie weer noem nie?!

Die reels is baie eenvoudig

1. Maak 'n blog met die toekenning en wys ses ander aan wat jy van hou en

2. Los vir hulle 'n boodskap op hul blog om te vertel van die toekenning

My gunsteling blogs is natuurlik Charmaine (my "ou" maat met haar wyshede), Muriel (met haar opbeurende blog, blog en blog), Reisiger (met haar pragtige foto's en stories), Kaalvoetinireen (die stories van Korea met pragtige foto's), Eilandkind (al het jy my genomineer, nomineer ek jou van Desire se toekenning :-), wat altyd iets moois opsit en ek lief die see) en Sandmense (hulle is deel van my Abu Dhabi familie en ek's altyd bly as daar 'n storietjie opgesit word) .

12 comments:

Anonymous said...

Baie dankie Sandra :oops: Ek voel ge-eerd! Bly jy hou van die stories ;-)

Desire Fourie said...

Hi Sandra. Jy verdien definitief hierdie toekenning. Uit en Tuis het regtig 'n blik vir vreemdelinge geword in 'n onbekende woestyn wereld. Hou so aan.

NS: Ek is nog besig met die skrywe van 8 dinge wat my laat sing/gelukkig maak, want sing kan ek ook nie.

Thea said...

Sjoe, baie dankie Sandra! Ek voel net so geƫerd!! Ek's bly jy geniet my foto's en stories.

Muriel said...

Hi Sandra baie dankie, ek waardeer dit oneindig baie! Maar dinge loop nou erg deurmekaar hier!! Want ongelukkig/gelukkig gaan ons met 2 tot 4 toekennings onder mekaar sit.
Julle weet mos nou almal waar is my gunsteling blogs! whahaha

Anonymous said...

Julle ouens van SA is darem vroeg op?! Daar in Korea is dit darem later.

Ek geniet julle almal se blogs baie! En Muriel dis net 'n probleem met my, ek kuier mos nie by so baie nie - vir julle is dit maklik!

Anonymous said...

Desire ek sien uit daarna om te lees wat laat jou sing of nie :-)

~*{ Michelle }*~ said...

Dankie vir jou comment op my blog Sandra - nou het ek jou ook sommer ontdek. Jou blog is baie interessant - sal beslis gereeld kom inloer!

Muriel said...

Sandra dit gaan nie so maklik wees nie!! Glo my!!

Anonymous said...

Hi maat... jinne ek leer ook elke dag nuwe dinge en baie dankie dat jy my uitkies. Ek sal nog moet uitvind wat ek nou moet doen... speech mnaak of iets? :-)

Anonymous said...

Ek verkyk my ook elke dag aan die tye wanneer die SA mens al aan die gang is! Ek weet nie of ek ooit weer so vroeg wil opstaan vir werk nie...I don't do mornings!

Anonymous said...

Muriel wat se die kinders altyd "easy peasy" :-)

Maat ek weet nou nie van die speech nie, jy kan as jy wil ek sal jou op video neem :-)

Kaalvoetinrireen as hulle nog saam met die hoenders gaan slaap het kan 'n mens verstaan, maar nee. Dalkies is dit om spesiaal met ons te praat wat op ander tye is :-)

eilandkind/islandchild said...

Dankie Sandra! Ek dink nog oor daai tag van wat my laat sing hoor. Daar is so baie!