Monday, August 18

Klompe lekker ...

Saterdag het ons bietjie uitgery Al Ain toe en kans gehad om klomp lekker dinge te doen. Lekker te kuier saam met vriende, lekker te eet, aan kindergroep goed te werk en natuurlik sport te kyk (die uitslag was nie heeltemal so lekker nie)! Ons het so bietjie ons boeke en musiek aan die groep in Al Ain gaan bekendstel. Hoekom sal Greg so lyk wonder ek? Die Sloans het ons uitgeneem vir ete by Chili's en ek's baie trots op myself dat ek die kamera nie eenkeer in die restaurant uitgehaal het nie. (Ek kan byvoeg die ander kon dit nie glo nie en wou sommer vir my foto's neem). Na ete het van die ander groeplede by ons aangesluit en ons het lekker beplan. Natuurlik wys ons graag die mense ons musiek en na die afsluiting sluit ons af met Glory and Honor. Loer bietjie hier om ons te hoor sing! Hierdie verbasing op die gesiggie was vir my te oulik. Chrispin kom om die hoek en hoor/sien die volwassenes aan die sing. Dan is Vicky nog 'n bobaas bakster en ons kuier lekker met kaaskoek en souttertjies. Greg hou nie sy bord vir nog nie, hy wil eintlik net vir "Buddy" (die hond) 'n stukkie he :-). Die kinders het in die hitte sommer buite in die swembadjie geplas. Dan is dit rugby en omdat Abu Dhabi 'n verpad terug is van Al Ain gaan ons deur die martelproses van kyk daar. As ek geweet het ons gaan "so goed speel", het ons waarskynlik dadelik teruggery huistoe. Nie almal het rugby gekyk nie en daar is selfs hard tydens die rugby aan die kinderprogram gewerk. Hoe opgewonde lyk Greg nie!?!
Dankie Vicky, Greg en kinders, dit was 'n heerlike dag saam met julle!!

9 comments:

Anonymous said...

Ek stem saam. Dit was sommer 'n baie lkeeker beplanningsdag en as die hele jaar so gaan wees, dan gaan dit 'n uitstekende jaar wees. Lekker om ook "nuwe" Suid Afrikaners te ontmoet.Dankie ook van my Greg en Vicky en kinders. Julle is kosbaar. Oor die rugby se ek liewer niks

Desire Fourie said...

Ja nee, die Springbokke was 'n GROOT teleurstelling, maar ek sien julle was darem by vriende, om te keer dat die depressie nie intree nie. Groete.

Anonymous said...

Ek sien ook uit na die programme vanjaar maat!

Desire ons bly DOODSTIL oor die rugby ... hoop darem dit lyk beter Saterdag

Muriel said...

Julle het heerlik gekuier en gesing!!

Ek is ook tjoepstil oor die rugby ;)

Anonymous said...

Min dinge wat ons tjoepstil kry ne Muriel?! :-)

Anonymous said...

MMMMMMMMM EK HET GEWONDER OF DIE SPORT WAT JULLE GEKYK HT DALK DIE RUGBY WAS!!!!!! Ai tog. gelukkig kan ons nie meer verloor nie HAha
Annie

Anonymous said...

Dit lyk of julle dit baie geniet het!! Sterkte met julle program vorentoe!

Ons het ook Kinderkerk tydens die erediens en partykeer kom sing die kleintjies vir ons in die kerk. Ek geniet dit om die gesiggies dop te hou as hulle so sing!! Te oulik!

Anonymous said...

Annie aan wie se kant is jy?

Die kleingoed is baie oulik Thea en ons is erg oor hulle ---en so eerlik. Verlede week vra Charmaine vir een van die outjies "is ek oud" nav die les. Hy's so 5 en het eers ge- uhm en ah en toe eintlik gese "tannie is baie klein". Wat dit ookal beteken, dit was die regte antwoord :-)

Anonymous said...

Hallo Sandra, leuk dat je op mij blog was!!Ik neem aan, dat ik in het Nederlands mag schrijven, en dat jij dit kunt lezen? Zo niet, laat het dan even weten, doen we het voortaan in het engels!!
Ik neem aan, dat je via Erica bij mij terecht gekomen bent. Leuk is dat, vind je niet, zomaar van alles te zien en te lezen over iemand aan de andere kant van de wereld!!! Onze levens zijn natuurlijk totaal verschillend, maar dat vind ik juist het mooie eraan. Om te zien hoe iemand woont, leeft en werkt, in een heel ander land. Je kunt van iedereen wel wat leren !!
Lieve groetjes van Thea uit Nederland.