Sunday, August 10

Keep up with the chichauhaus ....

So 'n tydjie terug het Charmaine se hondjies vir 'n operasie gegaan en dit het vir snaakse opwinding gesorg. Verlede week is Nelmari se straatkat Pixie in vir haar operasie en dit is ook 'n storie.By die huis het sy verskriklik jammer vir haarself gevoel. Haar ma het alles probeer en selfs haar gunsteling wurmpie voor haar gesit, maar niks het gewerk nie en die volgende dag moes ons haar terug neem veearts toe. Met oa infeksie en dehidrasie kom sy weer huistoe.En dis waar dit vir my snaaks geword het, maar my dogter was baie ernstig en ek mag nie lag in haar en Pixie se teenwoordigheid nie. Pixie kry 'n "collar" soos Charmaine se seuntjies, maar sy verstaan dit glad nie. Sy lyk vir my soos 'n stofsuier as die ding vassit en sy so skuifel-skuifel loop. Selfs Begeera bekyk die besigheid deur. Later kan sy darem haar kop lig en haar ma piep haar verskriklik op. En steeds mag ek nie lag nie want dan gee ek nie om nie. En as sy dors is, word sy met die strooitjie gevoer .... 'n Week later en Pixie is nog nie gesond nie en sy dra nog haar kopversiering. Die veearts bel darem elke dag om te hoor hoe sy vorder.

10 comments:

Anonymous said...

Ek belowe ek sal nie lag nie, maar daardie kitty van julle lyk vreeslik snaaks met 'n "queenkraag"!!! Hiehiehie en dan word sy nog met 'n strootjie gevoer!!! Hiehiehie

Desire Fourie said...

Pixie is 'n pragtige kat en ek kan sien waar haar naam vandaan kom. Sterkte, ek hoop sy is gou weer haar ouself ... niks wat 'n bietjie liefde en oppiep kan regmaak nie. Groete van Gauteng

Anonymous said...

Weet nie hoekom almal so jammer is vir 1 van die 4 vroumense in my huis nie, ek en die arme hond kry maar swaar.

Enigste verskil tussen ons 2 is dat ek darem toegelaat word om binne te slaap as ek tuis is, maar ook maar net!

Sussie, moet nou nie vir Pixie te veel bederf nie hoor, veral nie met die biltong nie.

Muriel said...

Dit lyk vir my ook vreeslik snaaks!

Ek hoop Pixie word gou gesond. Gelukkig word sy baie bederf met strooitjies en biltong!! hie hie

Anonymous said...

Pikkelik welkom hier en jy mag nie lag nie, dis ernstige sake.

Desire die oppiep neem ernstige afmetings aan :-) en niks is goed genoeg vir die straatkat nie.

Eddie waar het jy die biltong weggesteek?

Muriel, Pixie dink sy is in kathemel ... die een wat swaarkry is ekke want as ek net wil lyk of ek smile het ek geen simpatie of gevoel vir die straatkat nie.

Anonymous said...

Nelmari ek dink jy is 'n uitstekende verpleegter mamma en Pixie is 'n baie gelukkige straatkat. Jinne, ek kan nie eers onthou wanneer ek 'n stukkie blitong gehad het nie. Maat ek sal ook maar saggies agter my hand lag want daardie stofsuier aksie is skreeusnaaks. :-);-)

Desire Fourie said...

Hoop Pixie, nou 'n dag later, voel al 'n klein bietjie meer in voeling met haarself ... dit kan seker nie anders as 'n mens jou eie privaat mediese span het wat net na jou pype dans nie. Groete van Gauteng

Anonymous said...

Hiehiehie...sy lyk baie snaaks! Jy's reg, nogal soos 'n stofsuier!

Anonymous said...

Nelmarie, bederf daai kat van jou so veel as moontlik!!! Een van die dae gaan jy weer skool toe en dan moet ma na haar kyk. Toemaar Sandra ek koes al klaar!!!
Hoekom wil sy nie gesond word nie??
Annie

Anonymous said...

En jy sal saggies lag en Nelmari sal nie eers kwaad wees vir jou nie ....

Ek dink sy begin hou van die aandag Desire maar die wond begin nou beter word en sy eet darem alleen nou. Jy moet net sien hoe was sy haarself - sy lek die skermpie en dink dis haar lyfie. Hopelik sal dit Donderdag afkom.

Boendoe jy mag nie lag nie ...

Annie ek sal hardloop as ek jy is ... dink jy ek sal nie na haar kyk nie?